Amupanda beweer AR-lid in NV aangerand - September 12, 2025

Chaos wat Donderdag in die parlement uitgebreek ná ‘n onderonsie tussen die AR-leier Job Amupanda en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila, maak steeds opslae. Ná hy en nog ‘n AR-parlementslid, Tuhafeni Kalola, hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is, moes Kalola mediese behandeling kry, het Amupanda die Huis meegedeel ná verrigtinge hervat is. Intussen sê die sekretariaat […]

Read More

NamPol-verdagtes nie betrokke by wapensmokkel met SA bendes - September 12, 2025

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-general Joseph Shikongo, sê polisiebeamptes wat van vuurwapendiefstal aangekla is, hou nie verband met Suid-Afrikaanse mediaberigte wat beweer Namibiese wapens word aan bendes in die Wes-Kaap verkoop nie. Die saak teen die ses polisiebeamptes en twee siviele werknemers van NamPol is nie nuut nie, sê Shikongo. Die verdagtes is […]

Read More

N$600 m se staatseffekte op NSX verhandel - September 12, 2025

Meer as 600 miljoen Namibiese dollar se staatseffekte is Woensdag op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, die grootste verhandeling in staatseffekte in ‘n enkele dag in die geskiedenis van die NSX. Die uitvoerende hoof van die beurs, Tiaan Bazuin, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is danksy ‘n doeltreffende verhandelingstelsel vir effekte wat twee jaar […]

Read More

Newco kry groenlig vir Barloworld-oorname - September 12, 2025

Die Namibiese Mededingingheidskommissie het Newco se oorname van die JSE-genoteerde Barloworld onvoorwaardelik goedgekeur. Suid-Afrika se owerhede het ook reeds die groenlig gegee. Die enigste regulatoriese goedkeuring wat nog vir dié transaksie van 23 miljard Suid-Afrikaanse rand benodig word, is dié van Angola en die Gemeenskaplike Mark vir Oos- en Suider-Afrika, oftewel Comesa. 

Read More

Prysmonster dors vir hardehout - September 12, 2025

Inflasie vir ietsie koel met skop het verlede maand tot 5,3 persent gestyg, op van 4,4 persent ‘n jaar gelede. Die prysmonster het die grootste sluk uit brandewyn geneem, met inflasie vir dié drank wat op ‘n jaargrondslag tot 5,8 persent geklim het. Bier en siders is op van 3,9 persent tot 5,3 persent, terwyl […]

Read More

SA munisipaliteite verdrink in waterskuld - September 12, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering gaan strenger maatreëls instel teen munispaliteite wat nie hulle waterbetalings handhaaf nie. Mashatile het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê waterrade het teen Junie vanjaar, meer as 25 miljard rand aan waterrade geskuld. Hy sê metro’s, insluitende Johannesburg en Tshwane in Gauteng, en Mangaung in die Vrystaat, het […]

Read More

Polisie het beeldmateriaal van verdagte in Charlie Kirk-moord - September 12, 2025

In Amerika het speurders nog nie die persoon gevind wat die konserwatiewe jeugleier, Charlie Kirk, vermoor het nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle ‘n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. ‘n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media gesê dit is ‘n hoë […]

Read More

Krieket: Proteas teen Engeland vandag op Old Trafford - September 12, 2025

Die T20-reeks tussen Engeland en Suid-Afrika verskuif vandag na Old Trafford in Manchester nadat die Proteas Woensdag die reën-ontwrigte eerste wedstryd in Cardiff, Wallis, gewen het. Die wedstryd is na nege boulbeurte per span verkort na ‘n vertraging van twee-uur. Suid-Afrika het 97 vir vyf bereik na sewe boulbeurte en vyf balle toe dit weer […]

Read More

Parlement verdaag na chaos uitbreek - September 11, 2025

Wat veronderstel was om ‘n roetine vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering te wees, het vanmiddag in chaos ontaard. Spanning het opgevlam toe die AR-parlementslid Tuhafeni Kalola ‘n bevel van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila om die kamer te verlaat verontagsaam het, wat gelei het tot ‘n fisiese konfrontasie tussen veiligheidsbeamptes en mede-AR-leier Job Amupanda. Kuugongelwa-Amadhila het die […]

Read More

Dodetal toe taxi in kleuterskool vasjaag styg na 5 - September 11, 2025

Die dodetal het tot vyf gestyg nadat ‘n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen ‘n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op ‘n draai voordat die voertuig teen ‘n boom gebots en op die skoolterrein omgeslaan […]

Read More