Fees kanselleer Duitse orkes se optrede oor Israelse dirigent - September 11, 2025
‘n Vooraanstaande Duitse orkes se optrede op ‘n Belgiese fees is gekanselleer na kommer oor sy Israelse dirigent, wat woedende reaksie uit Berlyn uitgelok het. België se minister van Buitelandse Sake, Maxime Prévot, het hom gedistansieer van die besluit van die Vlaamse Fees Gent, waar die Filharmoniese Orkes van München volgende Donderdag sou optree onder […]
Tennis: Lleyton Hewitt gaan appelleer teen skorsing - September 11, 2025
Tennis: Die nie-spelende Davis-beker kaptein van Australië, Lleyton Hewitt, beplan om te appelleer teen sy skorsing en boete omdat hy ‘n opkkikerbeheerbeampte gestamp het. ‘n Onafhanklike tribunaal van die Tennis Teen-opkikkerprogram het die voormalige nommer een vir twee weke geskors en hom met 350-duisend-rand beboet. Dit volg na die voorval in Oktober verlede jaar nadat […]
Elvis laat speke sing, samel N$1,2 miljoen in - September 11, 2025
Dis ‘n rit wat die ekstra myl geloop het en meer. Die Elvis Ry vir Skoolgeld-inisiatief het sy fondsinsamelingsteiken verpletter en meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar ingebring, heelwat meer as die oorspronklike doelwit van slegs 1 dollar. Die Suid-Afrikaanse sanger Elvis Blue het vandag sy 1 500 kilometer lange fietsryreis voltooi en by Grove […]
Eagles op pad na Zim vir T20-reeks, Wêreldbeker-kwalifiseerders - September 11, 2025
Namibië se mans-krieketspan, die FNB Eagles, vlieg môre na Zimbabwe vir ‘n T20-reeks van drie wedstryde, voor die T20 Afrika Wêreldkampioenskap-kwalifiseerders aan die einde van die maand. Al drie wedstryde sal by die Queens-sportklub in Bulawayo gespeel word. Die Wêreldbeker-kwalifiseerders sal op 26 September in Harare begin. In Harare sal Namibië en Zimbabwe sake met […]
Maatskaplike Sekerheidskommissie teken rekord-surplus van N$328 miljoen aan - September 11, 2025
Die Maatskaplike Sekerheidskommissie het ‘n rekord-surplus van 328 miljoen Namibiese dollar in die 2024 finansiële jaar aangeteken, volgens ‘n regerings-ouditverslag. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê dit demonstreer sterk finansiële bestuur en die volgehoue volhoubaarheid van werkersvoordele, ten spyte van ekonomiese druk. Die surplus verteenwoordig ‘n toename van 85 miljoen dollar van die vorige jaar, ondersteun deur groei […]
Kabinet keur fondse goed vir Interpol-presidentskap veldtog - September 11, 2025
Namibië ding mee om die presidentskap van die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie, Interpol, en die kabinet het die toewysing van fondse goedgekeur indien die land daarin slaag om die posisie tydens die verkiesings wat vir November geskeduleer is, te bekom. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda, Adjunk-Inspekteur-Generaal van die Namibiese Polisiemag, sal die land se kandidaat vir die presidentskap […]
Ngurare prys owerheid se beroepsopleiding-pogings - September 11, 2025
Eerste Minister Elijah Ngurare, vergesel deur onderwysminister Sanet Steenkamp en gesondheidminister Esperance Luvindao, het ‘n hoëvlakbesoek aan die Namibiese Opleidingsowerheid in Windhoek afgelê. Die besoek het gefokus op die beoordeling van die opleidingsowerheid se kapasiteit om beroepsopleiding landwyd te lewer, ‘n belangrike stap in die bevordering van jeugbemagtiging en nasionale ontwikkelingsprogramme. Ngurare het die personeel […]
Britse ambassadeur na VSA afgedank oor Epstein-bande - September 11, 2025
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het Peter Mandelson afgedank as ambassadeur in Amerika ná toenemende kritiek op sy verhouding met die ontslape Amerikaanse kinderseks-oortreder Jeffrey Epstein. Buitelandse Sake sê in ‘n verklaring die besluit is geneem weens bykomende inligting in e-posse wat Mandelson geskryf het. Dit toon die diepte en omvang van sy verhouding […]
Geen einde aan groot brand by Fransfontein - September 11, 2025
Die verwoestende brand naby Fransfontein in die Kunene-streek brand nou al meer as ‘n week, met geen einde in sig nie. Plaaseienaar Sabine Hoppe-Speer sê byna elke plaas in die gebied is getref, en die bergagtige terrein maak brandbestryding byna onmoontlik. Sy het gesê die brand brand steeds op ten minste drie plekke en is […]
Meer bosboubewaringspogings is nodig: Bosbou SA - September 11, 2025
Bosbou Suid-Afrika sê aangeplante woude speel ʼn belangrike rol om die land se inheemse bome te beskerm. Suid-Afrika het sowat 1,2-miljoen hektaar kommersiële boomaanplantings in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die organisasie se direkteur van navorsing en bewaring, Ronald Heath, sê mense kan egter nie langer net staatmaak op aangewese bewaringsgebiede om […]