Bali se ergste vloede in ‘n dekade eis 14 lewens - September 11, 2025
Ten minste 14 mense in Bali in Indonesië is dood in wat amptenare die eiland se ergste vloede in ‘n dekade noem. Stortreën het ernstige oorstromings oor die grootste deel van die eiland veroorsaak, wat gelei het tot riviere wat walle oorstroom het. Honderde inwoners is ontruim omdat hul huise onder water is. Die reën […]
Bayanda Walaza onttrek aan Wêreld-atletiekkampioenskap - September 11, 2025
Atletiek: Suid-Afrika se naelloopsensasie, Bayanda Walaza, moes aan die Wêreld-atletiekkampioenskap onttrek wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die 19-jarige atleet het verlede maand sy been beseer op die laaste Diamantliga-byeenkoms in Zürich, Switserland. Atletiek Suid-Afrika sê die besluit om Walaza te onttrek is in die beste belang van die atleet en die nasionale span […]
Khomas-sone teken laagste inflasie aan in Augustus - September 11, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê Augustus se inflasie was op 3,2 persent. In sy verslag sê hy sone 1, of die noordelike dele, het die hoogste sonale inflasie ervaar op 3,6 persent. In sone 3, of die Suide saam met Omaheke en Erongo, was dit 3,2 persent en Khomas, sone 2, het die laagste inflasie gehad […]
Steve Biko se dood gaan geregtelik ondersoek word - September 11, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop gemik om vorige ongeregtighede aan […]
Navo-magte op byna ongekende gereedheidsgrondslag - September 11, 2025
Poolse en Navo-magte het geskarrel om Russiese hommeltuie te onderskep wat Pole se lugruim vroeg Dinsdagaand en vroeg Woensdag binnegekom het, wat hul eerste direkte militêre betrokkenheid by Moskou was sedert die Kremlin se volskaalse inval in Oekraïne in 2022 begin het. Militêre ontleder Michael Clarke het ‘n opdatering aan Sky News gegee.
Springbok-vroue gereed vir geskiedkundige kwarteindstryd - September 11, 2025
Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span vandag aangekondig word, met […]
Waterstofsektor moet nou opskaal: Alweendo - September 11, 2025
Voormalige Minister van Mynbou en Energie, Tom Alweendo, sê die waterstofsektor kry momentum. Meer as 75 lande neem hierdie week deel aan die Globale Afrika-waterstofberaad in Windhoek, en demonstrasies soos waterstofaangedrewe ystervervaardiging toon dat die sektor vorder. In ‘n onderhoud met The Brief het Alweendo beklemtoon dat dit tyd is om op te skaal en […]
Kinder-swangerskappe spoor DA tot aksie aan - September 11, 2025
Die DA sê die groeiende aantal meisies onder 16 wat in Suid-Afrika swanger is en geboorte gee, is uiters ontstellend. Die party het begin met ‘n nasionale ondersoek na die swangerskap-pandemie onder kinders. Die DA-lid, Alexandra Abrahams, sê in die Oos-Kaap was daar vanaf April tot Julie vanjaar ‘n verbysterende getal van 117 meisies tussen […]
Trump blameer ‘radikale linkses’ na Kirk-sluipmoord - September 11, 2025
Die president van Amerika blameer die “radikale linkses” nadat sy bondgenoot Charlie Kirk doodgeskiet is in wat Trump as ‘n “gruwelike sluipmoord” beskryf. Trump sê in ‘n aanlyn video uit die Oval Office Kirk was ‘n patriot wat sy lewe aan die beginsel van oop debat gewy het. Hy sê die radikale linkses vergelyk reeds […]
Vier veranderinge vir Wallabies vs Argentina - September 11, 2025
Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het vier veranderings aangebring vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië in Sydney. Die veteraan-stut James Slipper keer na ‘n besering terug vir sy 149ste toets. Tane Edmed sal die eerste keer in die opdrafspan speel in die plek van die beseerde Tom Lynagh. Dit is een van […]