Onwettige verbindings gevaarlik, maan CoW - September 11, 2025
Desperate inwoners van Windhoek se informele nedersettings bou onwettige toilette en tap by kraglyne in en sê hulle het geen ander keuse nie. Om rivierbeddings te gebruik om hulself te verlig het gevaarlik geword, met misdadigers wat hulle snags teiken. In Otjomuise het ‘n vrou haar eie toilet vir 4 000 Namibiese dollar gebou en […]
Atletiek: Simbine vol moed oor medalje - September 11, 2025
Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê hy is vol vertroue dat hy sy eerste individuele 100-meter-medalje kan inpalm op die Wêreld-kampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Hy sal ook deelneem aan die vier-maal-100-meter-aflos. Die 31-jarige atleet het hierdie seisoen drie Diamantliga-oorwinnings behaal en in Maart ook ʼn bronsmedalje verower op die Binnenshuise Wêreldkampioenskap. […]
Inflasie koel af, maar kos bly duur - September 11, 2025
Namibië se jaarlikse inflasiekoers bly afkoel en het in Augustus tot 3,2 persent gedaal, teenoor 4,4 persent ‘n jaar gelede. Inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het jaar-op-jaar onveranderd op 5,2 persent gebly. Jaarlikse inflasie vir vleis het egter van 5,2 persent tot 8,3 persent gestyg. Die woordvoerder van die Namibiese Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer.
FirstRand Namibia verklaar stewige dividend - September 11, 2025
Die plaaslik genoteerde FirstRand Namibia het ‘n wins ná belasting van meer as 1,9 miljard Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 verklaar, sowat 12 persent meer is as die vorige boekjaar. Die groep, moedermaatskappy van onder andere FNB Namibia, het ‘n finale dividend van 284,02 sent per gewone aandeel verklaar, wat die […]
Medisynetekort amper verby, sê minister - September 11, 2025
Die gesondheidsministerie het direk met 41 internasionale vervaardigers en groothandelaars geskakel om die verskaffing van noodsaaklike medisyne plaaslik te stabiliseer. Minister Esperance Luvindao sê dié noodverkrygingsmaatreëls sal voorraadvlakke na 75% herstel, vergeleke met 57% die afgelope twee jaar. Met die nuwe maatreëls het die regering ook 221 miljoen Namibiese dollar gespaar deur die middelman uit […]
Mans mag vroue se vanne vat, beslis SA hof - September 11, 2025
Die Konstitusionele Hof het in ‘n gedskundige beslissing gelas mans mag kragtens wet die vanne van hul vrouens aanneem, en dele van Artikel 26 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik verklaar. Dit volg nadat twee paartjies aangevoer het die wet kom neer op geslagsdiskriminasie. Regter Leona Theron sê die gebruik […]
Windhoekers mag openbare grond koop om erwe te vergroot - September 11, 2025
Die Stad Windhoek het in 2022 ‘n resolusie aanvaar wat inwoners toelaat om 10-meter-gedeeltes van openbare grond te koop om hul erwe uit te brei. Nou bied LPM-raadslid Sade Gawanas inligtingsessies in Katutura aan om bewustheid oor hierdie opsie te verhoog. Die sessies het reeds begin en sal tot Sondag duur. Gawanas het met Kosmos […]
Geen plan teen bendegeweld in Kaapstad - September 11, 2025
Die GOOD-party sê daar is geen behoorlike plan in Kaapstad om bendegeweld te hanteer nie. Syfers toon 81 persent van alle moorde in die provinsie word in Kaapstad gepleeg. Een uit elke vyf moorde hou verband met bendegeweld. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê meer as ʼn jaar nadat die Wes-Kaapse regering en die Stad […]
Entstofdeurbraak gaan koalas help red - September 11, 2025
‘n Entstof om chlamydia in Australië se koala-bevolking te behandel, is goedgekeur in die eerste projek van die soort ter wêreld. Navorsers het die entstof ontwikkel om die beroemde Australiese buideldier te beskerm. Chlamydia is verantwoordelik vir die helfte van koala-sterftes in die land se wilde bevolkings, wat hoofsaaklik in die bloekomwoude langs Australië se […]
Rugby: All Blacks maak ses skuiwe in span teen Bokke - September 11, 2025
Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, het ses veranderinge aangebring aan die span wat Saterdag in Wellington in die tweede Rugbykampioenskapstoets teen Suid-Afrika uitdraf. Die nuweling Leroy Carter vervang Rieko Ioane op linkervleuel. Samisoni Taukei’aho staan in vir Codie Taylor, wat weens harsingskudding buite aksie is. Will Jordan verskuif van heelagter na regtervleuel in die plek […]