Gort gaar oor Etosha se Galton-hek - September 11, 2025
Omstredenheid woed oor die naam van die Galton-hek, die suidwestelike ingang na die Etosha Nasionale Park. Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het in die Nasionale Vergadering gevra dat die hek herdoop word na Otjozovandu. Aupindi het die Britse ontdekkingsreisiger sir Francis Galton, na wie die hek genoem is, gekritiseer as ‘n voorstander van eugenetika en wetenskaplike rassisme, […]
Tradisionele geneser vas oor menslike weefsel in sy besit - September 11, 2025
‘n Mosambiekse tradisionele geneser, Aizeque Zacaria Cumbuia, het sy borgtogaansoek in die Ga-Rankuwa Landdroshof in Tshwane laat vaar. Die 26-jarige staan tereg op ‘n aanklag van die besit van menslike weefsel nadat die polisie in Augustus na bewering liggaamsdele in sy werkskamer ontdek het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die vonds word verbind […]
Katar sê hoop vir Gaza-gyselaars kwyn - September 11, 2025
Katar se eerste minister, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim al-Thani, glo Israel se aanval Dinsdag op Doha het alle hoop vir die res van die gyselaars in Gaza vernietig. Die lugaanval het senior Hamas-leiers in die visier gehad en vyf is dood. Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê die aanval was geregverdig want dit […]
Krieket: Proteas klop Engeland met 14 lopies - September 11, 2025
Suid-Afrika het Engeland ingevolge die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 14 lopies verslaan nadat reën die eerste T20-kragmeting in Cardiff ontwrig het. Aanhoudende reën het die wedstryd met twee uur vertraag en elke span het nege beurte gekry. Aiden Markram het 28 behaal en die Proteas kon 97 vir vyf aanteken voor reën die spel weer onderbreek het. […]
Planne vir nywerheidsinstituut vorder goed, sê Mnyupe - September 11, 2025
Planne om Namibië se Afrika Volhoubare Industrialiseringsinstituut te loods, vorder goed. James Mnyupe, hoof van die Groenwaterstofprogram, het tydens die eerste Globale Afrika-waterstofberaad in Windhoek gesê die sentrum sal Namibië posisioneer as ‘n spilpunt op die vasteland vir kennisdeling en volhoubare industriële groei, met sterk steun van die Verenigde Nasies en groeiende belangstelling van lande […]
SA sê Rusland oortree internasionale reg - September 11, 2025
Die Suid-Afrikaanse regering het kommer uitgespreek oor Rusland se blindelingse aanvalle op burgerlikes waarin pensioenarisse in die dorp, Yarova, in die ooste van Oekraïne dood is. Tydens die Russiese lugaanval op Yarova in die Donetsk-provinsie is 24 mense dood en 19 beseer. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die […]
Kamala sê Biden was ‘roekeloos’ - September 11, 2025
Die voormalige visepresident van Amerika, Kamala Harris, het die gewese president Joe Biden se besluit om ‘n tweede termyn te staan as roekeloos beskryf. In ‘n uittreksel van haar boek 107 Days, sê sy die keuse behoort nie oorgelaat te word aan ‘n individu se ego of ambisie nie. Sy sê ‘n deel van die […]
Rugby: Bokke belê in jong agterlyn teen All Blacks - September 11, 2025
Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het baie vertroue in die jong agterlyn vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Wellington. Hy wil graag sien wat die jong, opwindende spelers kan uitrig na verlede week se nederlaag in Auckland. Vermeulen glo dis die perfekte geleentheid vir die afrigters om te sien hoe die onervare spelers […]
Drie hofsake teen verskeie Namcor-verdagtes se besighede - September 11, 2025
Daar is verskeie sake op die hofrol vanoggend wat Namcor-verdagtes betrek. Die Ontwikkelingsbank eis amper 28,9 miljoen Namibiese dollar by Enercon, nou bekend oor sy beweerde rol in die Namcor-bedrogspul, rakende twee lenings wat in 2011 en 2015 aangegaan is met die tweede lening wat twee keer geherstruktureer is. Die saak, wat verdedig word, kom […]
Groter oorsig oor buitelandse maatskappye geëis - September 11, 2025
Die Activists and Citizens Forum moedig die Departemente van Indiensneming en Arbeid, en Binnelandse Sake aan om meer inspeksies by maatskappye te doen om onwettige besighede vas te vat. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Johannesburg gister sewe Chinese burgers tot 20 jaar elk gevonnis het vir mensehandel en kinderarbeid. Dennis Bloem van die forum […]