Ry jou fiets in ‘n loep vir renosters - October 28, 2025

Wilderness Namibia en Children in the Wilderness het met Pupkewitz Toyota in Windhoek kragte saamgesnoer om hul Red ‘n Renoster-veldtog met ‘n fietswedren te loods. Dit is daarop gemik om bewustheid te verhoog en kollektiewe aksie te bewerkstellig om Namibië se ikoniese woestyn-aangepaste swartrenosterbevolking te help beskerm. Die 2km-baan, wat as een rondte tel, sal […]

Read More

GRN hou hom besig met baie maar 40% het nie toilette nie - October 28, 2025

Terwyl die regering hom besig hou met kernkragaanlegte en ander ambisieuse planne, het 40 persent van die land se huishoudings, meer as 756 000, geen toilette nie en ontlas steeds in die veld. Dit is volgens die 2023-sensusverslag wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die adjunk-lynminister Ruthy Masake sê die situasie bly die ergste […]

Read More

Vleispryse neig verder op - October 28, 2025

Die Lewendehawe en die Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.

Read More

Reho Spa is nie gereed om oop te maak nie - October 28, 2025

Volgens berigte is die ikoniese Reho Spa-swembad op Rehoboth amper gereed om genot aan jonk en oud te verskaf, met die Desember-skoolvakansie net om die draai. Munisipale werkers beoog glo om die herstelwerk aan die swembad en sommige van die braaigeriewe teen die tweede week van November te voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Galp is oopkop oor toekoms maar wil 40% verkoop - October 28, 2025

Galp Energia sê hy bly oopkop oor die pad vorentoe na hy ongeveer 10 miljard vate olie in sy Mopane-kompleks in die Oranje-bekken ontdek het. Galp se strategie vir waardasie, ontwikkeling en risikodeling word nog bepaal maar die maatskappy kyk daarna om ‘n aandeel te verkoop, na bewering tot 40 persent van sy 80 persent […]

Read More

Gesondheid verwag nog besendings medisyne in komende weke - October 28, 2025

Die gesondheidsministerie het sy eerste besending noodsaaklike medisyne en kliniese voorrade direk van vervaardigers ontvang, wat ‘n belangrike mylpaal is in die verbetering van Namibië se mediese voorsieningsketting. Ministeriële woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer aflewerings word in die komende weke verwag namate die ministerie werk om voorraadvlakke bo 80 persent […]

Read More

Fluitjieblaser se beskerming is kardinaal in korrupsie-bekamping - October 28, 2025

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die stryd teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers is ʼn belangrike hoeksteen van die staat se hernuwing. Hy het Public Interest South Africa se jaarlikse Fluitjieblaser-beraad in Johannesburg toegespreek. Nel sê korrupsie het die staat se morele gesag verswak en openbare vertroue in die […]

Read More

COP30: Gates sê temperatuurverlaging is nie antwoord nie - October 28, 2025

Die miljardêr-belegger en filantroop Bill Gates het wêreldleiers versoek om aan te pas by uiterste weer en te fokus op die verbetering van gesondheidsuitkomste eerder as temperatuurverlagingsteikens voor die COP30-klimaatgesprekke in Brasilië. Die wêreld het die afgelope dekade gewerk aan die doelwitte van die Parys-ooreenkoms, met die doel om aardverwarming teen die middel van die […]

Read More

Amerika, Japan kom ooreen op seldsame aardminerale - October 28, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump en die nuutverkose Japanse premier Sanae Takaichi het ‘n ooreenkoms onderteken vir die verskaffing van kritieke minerale en seldsame aardmetale. Trump is op die tweede fase van sy Asië-toer. Die doel van die ooreenkoms is om beide lande te help om veerkragtigheid en sekerheid oor kritieke minerale en seldsame aardmetale-voorsieningskettings […]

Read More

Verhoor in Amushelelo se aanhoudingsaak, duur voort - October 28, 2025

Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma se dagvaardiging van die ministerie van binnelandse sake kom vandag voor vir verhoor na dit ’n maand gelede uitgestel is deur regter Natasha Bassingthwaite voor. Die twee dagvaar vir hulle aanhouding van 21 Maart tot 12 Oktober 2023. Alle klagte teen hulle is laat vaar. Die twee sê hulle is […]

Read More