Von der Leyen vra sanksies teen Israel - September 11, 2025

Ursula von der Leyen sê sy sal sanksies en ‘n gedeeltelike handelsopskorting teen Israel aanvra weens sy oorlog in Gaza. Die president van die Europese Kommissie het in die Europese Parlement gesê wat in Gaza gebeur, skud die hele wêreld se gewete. Sy beplan om die steun aan Israel deur die EU se uitvoerende gesag […]

Read More

Lleyton Hewitt vir twee weke geskors - September 11, 2025

Australië se Davisbeker-kaptein, Lleyton Hewitt, is vir twee weke geskors vir aanstootlike gedrag nadat hy skuldig bevind is dat hy ‘n opkikkerbeheerbeampte gestamp het. Die voormalige wêreld-nommer-een is ook met 350 000 Namibiese dollar beboet ingevolge ‘n beslissing van ‘n onafhanklike tribunaal van Tennis se Teen-opkikkerprogram. Die Internasionale Tennis-integriteitagentskap sê die 44-jarige is in Januarie […]

Read More

Nersa skors personeellid oor R54 miljard Eskom tarieffout  - September 11, 2025

Die nasionale enegiereguleerder het ‘n personeellid geskors oor die 54 miljard Suid-Afrikaanse rand fout in die Eskom tariefbepaling. Volgens News24 sal Nersa ‘n gedeelte van die tekort verhaal deur ‘n tariefverhoging van 8,8 persent oor twee jaar, wat 35 miljard rand sal herwin, met die oorblywende 19 miljard rand wat later herwin sal word. Die […]

Read More

Ghana aanvaar Wes-Afrikane uit die VSA  - September 11, 2025

Ghana het ingestem om Wes-Afrikaanse burgers te aanvaar wat uit die VSA gedeporteer is en 14 het reeds in die land aangekom, het president John Dramani Mahama aan verslaggewers gesê. Die groep van 14 gedeporteerdes, insluitend Nigeriërs en een van Gambia, het reeds in Ghana aangekom, en die regering het hul terugkeer na hul tuislande […]

Read More

Trump-bondgenoot Charlie Kirk doodgeskiet  - September 11, 2025

Die konserwatiewe politieke aktivis en medestigter van Turning Point USA, Charlie Kirk, is tydens ʼn geleentheid by die Utah Valley University doodgeskiet. Die 31-jarige Kirk wat ook ʼn bondgenoot van president Donald Trump was, het buitelug-debatte op kampusse reg oor Amerika gehou met temas soos transgender-identiteit, klimaatsverandering, geloof en gesinswaardes. Trump sê dis ʼn donker […]

Read More

Weerdiens waarsku oor sterk winde in binneland  - September 11, 2025

‘n Afsny-laagdrukstelsel wat langs Namibië se weskus hang, skuif uiteindelik suidwaarts, wat gedeeltelik bewolkte lug en ‘n kans op buie na die verre suidweste bring. Olga Tjiueza van die Namibiese Meteorologiese Diens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en waarsku teen sterk winde in die binneland en langs die kus. Dit kan veldbrande vererger. Sy […]

Read More

Shikongo, NDF sê oor wapensmokkelary na Wes-Kaap - September 11, 2025

Die smokkel van polisie en weermag wapens na Suid-Afrika bly in die nuus. In tussen het agt verdagtes stil-stil in Augustus verskyn in die hoofstad in verband met die smokkel van AK-47s. Ten spyte van talle pogings om kommentaar by luitenant-generaal Joseph Shikongo te kry, het hy en brigadier-generaal Fillimon Shafashike, stafhoof vir beleid en […]

Read More

MVA soek nuwe, uitgebreide heffings - September 11, 2025

Die Motorvoertuigongelukfonds het die instelling van nuwe heffings op voertuie, insluitend elektriese en buitelands geregistreerde motors, voorgestel as deel van pogings om sy afhanklikheid van brandstofheffingsinkomste te verminder en langtermyn volhoubaarheid te verseker. Daar is kommer oor die koste van toenemende motorongelukke en net een inkomstebron. Tans word die fonds gefinansier deur ‘n brandstofheffingstelsel, wat […]

Read More

Middelman: Gesondheid verwyder hom, olie en gas wil hom daarstel - September 11, 2025

Terwyl konsultasies oor Namibië se konsep-petroleumbeleid vir plaaslike inhoud voortduur, neem kommer toe dat dit stilweg polities gekonnekteerde “middelmanne” kan bevoordeel, ten spyte daarvan dat dit as ‘n oorwinning vir gewone burgers bemark word. Bestuurskenner Marius Kudumo sê die fokus moet op billike verspreiding wees, nie op die verryking van ‘n paar uitgesoektes nie. Dit […]

Read More

VSA herdenk 24 jaar sedert 9/11 - September 11, 2025

Die VSA herdenk vandag 24 jaar sedert die sogenaamde 9/11-aanvalle in 2001. Vier vliegtuie wat oor die ooste van die VSA gevlieg het, is gelyktydig deur klein spanne kapers oorgeneem. Twee stralers het die Twin Towers van die World Trade Center in New York getref, met die tweede aanval 17 minute na die eerste. In […]

Read More