Mosie om NV-sitting te verleng, werk word nie voltooi nie - September 11, 2025
Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van ‘n mosie om vandag se sitting te verleng totdat alle items op die orde-opgaaf aangespreek is. Die mosie stel ook ‘n oorsig van interne prosedures voor wat daarop gemik is om die doeltreffendheid en wetgewende prestasie van die parlement te verbeter. Sedert die […]
Masemola vra polisielede om welstandsdienste te gebruik - September 11, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moedig polisiebeamptes aan om beskikbare werknemersgesondheids- en welstandsdienste te gebruik om die geestelike en emosionele tol van hul veeleisende werk aan te spreek. Kwessies wat die welstand van SAPD-lede raak, sluit in geestesgesondheidskwessies, leefstylsiektes, dissiplinêre sake waarmee hulle te kampe het, en finansiële uitdagings. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê […]
Klimaatbeloftes aangepas om woude te herstel - September 11, 2025
Lande berei tans voor om hul nasionale klimaatbeloftes te wysig en kenners vra hulle om wesenlike teikens in te sluit om ontbossing te beëindig en woude te herstel. Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram kap die mensdom elke jaar tien-miljoen hektaar woude af, gelykstaande aan die grootte van Portugal. Tropiese gebiede stel elke jaar meer […]
Epstein se verjaardagboek maak steeds opslae - September 11, 2025
Donald Trump is nie die enigste wat kleitrap weens sy vroeëre verbintenis met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein nie. Die Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, het aan Epstein gesê om “te veg vir vroeë vrylating” en het geskryf: “Jou vriende bly by jou en is lief vir jou”, toe die gevalle finansier tereggestaan […]
Von Bachdam se sluise getoets, 100% funksioneel: NamWater - September 10, 2025
Die sluise van die Von Bachdam word elke jaar voor die reënseisoen getoets om seker te maak dat dit in ‘n goeie werkende toestand is. NamWater het aangekondig dat sy Khomas instandhoudingspan en sleutel-belanghebbendes tussen 1 en 5 September die sluise se operasionele werking suksesvol getoets het. NamWater sê die belangrike toets verseker dat die […]
SA ‘tree op om internasionale reg in Gaza te handhaaf’ - September 10, 2025
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het aan die parlement gesê Suid-Afrika se optrede volg die Volksmoordkonvensie na en geskille oor staatsverantwoordelikheid moet na die Internasionale Geregshof verwys word. Lamola het bewyse van volksmoordverklarings deur Israelse amptenare uitgelig en aanvalle op burgerlikes in Gaza veroordeel. Hy beklemtoon Suid-Afrika sal voortgaan om geregtigheid […]
VSA belowe beskerming van Navo-grondgebied - September 10, 2025
Die Verenigde State belowe om by Navo te staan nadat Rusland oornag in Pole se lugruim ingedring het. Die Amerikaanse ambassadeur by Navo, Matthew Whitaker, belowe dat die Withuis elke sentimeter van Navo-grondgebied sal verdedig. Duitsland het intussen ‘n waarskuwing aan Rusland gerig dat hy teen die indringing sal optree. Die minister van Verdediging in […]
Bokke se Hooker senuagtig, maar opgewonde vir Saterdag - September 10, 2025
Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in Edenpark op die plaasvervangersbank. Hooker […]
Namibië ‘moet by ou vriende soos Kuba staan’ - September 10, 2025
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê Namibië se hernude oproep vir Kuba se verwydering van die Amerikaanse terreurlys kan diplomatieke spanning met Westerse moondhede, veral die Verenigde State, veroorsaak. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het Namibië se steun vir die verwydering van Kuba van die terreurlys herbevestig. Met Washington wat sy “totale druk”-embargo verskerp, sê Kamwanyah Namibië moet […]
Namibië wen weer Africa Aquatics Sone 4-kampioenskappe - September 10, 2025
Namibië se swemmers het vir die derde agtereenvolgende jaar die Africa Aquatics Sone 4-kampioenskappe wat in in Manzini, Eswatini gehou is, gewen. Die span het tweede gekom na Suid-Afrika in die oop-water kompetisie. Suid -Afrika het meer medaljes as Namibië verower, maar Namibië het die punte-totaal gewen wat gebruik word om die wenner te bepaal. […]