Lynminister ontken ten sterkste weermag-wapens word vermis - September 10, 2025

Die verdedigingsministerie het bewerings verwerp dat wapens van sy weermag bendegeweld in Suid-Afrika se Wes-Kaap aanvuur. Dit volg op ‘n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, wat beweer dat sommige bendeleiers vuurwapens uit Namibiese polisie- en militêre voorrade verkry het. Die verslag het weer opgeduik na die inhegtenisneming van vier Namibiese polisiebeamptes […]

Read More

Ondersoek probleme by Agribank, vra Venaani - September 10, 2025

PDM-leier McHenry Venaani doen ‘n beroep op finansminister Erica Shafudah, om interne probleme by Agribank te ondersoek. Venaani het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beweer dat vertragings, insluitend ‘n ses maande lange leningsgoedkeuringsproses en burokratiese rompslomp, boere daartoe dryf om kopers wat Agribank-finansiering by veilings gebruik, te verwerp en eerder diegene met kommersiële banklenings kies.

Read More

BoN-goewerneur kry doktorsgraad in ekonomie - September 10, 2025

Die Bank van Namibië het sy goewerneur, Johannes !Gawaxab, gelukgewens met die doktorsgraad in ekonomie wat hy aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het. Sy tesis was getitel “Beoordeling van die optimaliteit van die gemeenskaplike monetêre gebied in Suider-Afrika: ‘n Geval van Namibië se lede”. Die sentrale bank sê dit lewer ‘n waardevolle bydrae tot […]

Read More

Katar sit regstappe teen Netanyahu aan die rol - September 10, 2025

Die skokgolwe na Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Doha, Katar kring steeds uit. Katar se regering het ‘n regspan opdrag gegee om die Israeliese premier Benjamin Netanyahu verantwoordelik te hou vir die blatante verbreking van internasionale reg. Die Europese Kommissie-president, Ursula von der Leyen, sê die EU kan bilaterale steun vir Israel weerhou, as […]

Read More

Groenwaterstof-drome benodig dringende aksie: Ithete - September 10, 2025

Die minister van mynbou en energie, Natangwe Ithete, het ‘n beroep gedoen op dringende optrede om die land se groenwaterstof ambisies in tasbare voordele vir gewone burgers te omskep. Hy het vanoggend by die Globale Afrika-groenwaterstofberaad in Windhoek gesê die tyd vir beplanning en beloftes is verby. Die fokus moet nou verskuif na werkskepping, vaardigheidsontwikkeling […]

Read More

DA prys groeiende landbousektor onder Steenhuisen - September 10, 2025

Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende ekonomiese aktiwiteit in akkerbou- en […]

Read More

Wetsontwerp oor regte vir selfdegeslag-paartjies verwerp - September 10, 2025

Hongkongse wetgewers het ‘n wetsontwerp verwerp wat beperkte regte aan selfdegeslag-paartjies sou toestaan. Die streeksregering het wetgewing voorgestel wat sekere regte aan selfdegeslag-lewensmaats sou erken, maar slegs aan verbintenisse wat in die buiteland geregistreer is. LGBT-aktiviste het die beperkings afgekraak terwyl die voorstel bykans algehele kritiek van pro-Beijingse politici gekry het wat die Hongkongse wetgewer […]

Read More

Brevis, Markram haal reuse-bedrae op SA20-spelerveiling - September 10, 2025

Krieket: Die plofbare Protea-kolwer Dewald Brevis en sy T20-kaptein, Aiden Markram, is die vroeë wenners in die spelerveiling vir SA20 se vierde seisoen. Pretoria Capitals het 16,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal vir Brevis en Durban’s Super Giants 14-miljoen-rand vir Markram. Joburg Super Kings het Wiaan Mulder vir nege-miljoen-rand gekoop en Capitals het die Protea-draaibouler Keshav Maharaj […]

Read More

Debmarine se nuwe mariene treilers sal produksie opstoot - September 10, 2025

Debmarine het twee ultramoderne mariene treilers onthul, wat na verwagting diamantherwinning met 20 persent sal verhoog, broodnodig in die tyd van dalende pryse. Die masjiene, ter waarde van 1,1 miljard Namibiese dollar, sal binnekort 80 000 natuurlike diamante per jaar van die seebodem begin oes, terwyl streng omgewingsstandaarde nagekom word. Debmarine se uitvoerende hoof, Willy […]

Read More

Hof plaas Murray & Roberts onder voorlopige likwidasie - September 10, 2025

Die konstruksiereus, Murray and Roberts Holdings, is na ʼn hofbevel onder voorlopige likwidasie geplaas. Die Gautengse Hooggeregshof het die bevel toegestaan na ʼn aansoek deur die maatskappy se krediteure. Dit kom te midde van ʼn parallelle proses waar Murray and Roberts Limited, ʼn dogtermaatskappy van die beheermaatskappy, onder vrywillige sakeredding geplaas is. Die sakeredding-praktisyn Josh […]

Read More