Hof plaas Murray & Roberts onder voorlopige likwidasie - September 10, 2025

Die konstruksiereus, Murray and Roberts Holdings, is na ʼn hofbevel onder voorlopige likwidasie geplaas. Die Gautengse Hooggeregshof het die bevel toegestaan na ʼn aansoek deur die maatskappy se krediteure. Dit kom te midde van ʼn parallelle proses waar Murray and Roberts Limited, ʼn dogtermaatskappy van die beheermaatskappy, onder vrywillige sakeredding geplaas is. Die sakeredding-praktisyn Josh […]

Read More

Richie MacCaw het All Blacks vir Wellington besiel - September 10, 2025

Rugby: Die voormalige kaptein, Richie MacCaw, het die All Blacks gemotiveer voor Saterdag se Rugbykampioenskaps-herontmoeting met die Springbokke in Wellington. Die gasheer sê hy wil sy spelpeil verhoog na verlede naweek se oorwinning. Nieu-Seeland is steeds onoorwonne op Edenpark sedert 1994 nadat hulle Suid-Afrika 24-17 geklop het. Die senter Quinn Tupaea, wat die wendrie gedruk […]

Read More

DBN sal nie Ohorongo-belange verhoog nie - September 10, 2025

Die Ontwikkelingsbank van Namibië, ‘n aandeelhouer in Ohorongo-sement, het die moontlikheid uitgesluit om sy 11,73 persent-belang te verhoog of die maatskappy, wat tans te koop is, direk te koop. The Brief berig die waarnemende uitvoerende hoof van die bank, John Mbango, sê hulle is tevrede met hul huidige posisie. Volgens Mbango fokus die DBN op […]

Read More

Cyril verdedig 42 adjunkministers - September 10, 2025

President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom. Ramaphosa het erken dat hy […]

Read More

Net Trump kan Putin tot onderhandelings dwing – Rutte - September 10, 2025

Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê dat hy glo dat die Amerikaanse president Donald Trump deurslaggewend is om die Russiese president Vladimir Putin na die onderhandelingstafel oor die oorlog in Oekraïne te bring. Hy sê hy self het baie ervaring met Putin. Hy het met Britse media gepraat.

Read More

Meer as 20 000 inskrywings vir Musiekfotografie-toekennings - September 10, 2025

Meer as 20 000 inskrywings van 30 lande is vir die Musiekfotografie-toekennings ontvang. Abbey Road Studios het die benoemdes aangekondig met twee nuwe kategorieë wat bygevoeg is: portrette en feeste. Die foto’s wat ingeskryf is, beeld onder andere sterre soos Chapple Roan, Lana Del Rey, Charli XCX, Maggie Rogers, Doja Cat en Burna Boy uit. […]

Read More

Jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing vanaand - September 10, 2025

Die Universiteit van Namibië, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, bied vanaand die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing aan op die Unam-kampus in Windhoek. Ter ere van die lewe en nalatenskap van die oorlede anti-apartheidsaktivis, is die tema: “Van Blootstelling tot Aksie – Versterking van Stelsels in die Stryd Teen Korrupsie.” Sleutelstemme in die regering, geregtigheid […]

Read More

NamPol, NDF wapens: 8 verskyn stil-stil in Augustus in streekshof - September 10, 2025

Die verslag van die Global Initiative Against Transnational Organised Crime oor wapens van die Namibiese polisie en weermag wat bendegeweld in die Wes-Kaap aandryf, is steeds in die nuus. Wat aan die lig gekom het, wek kommer omdat die media nooit ingelig is nie, of die aangeleentheid is versteek. Nege individue is in die Windhoek-streekshof […]

Read More

Ekonoom sê goud sal verder styg, tot verby US$4 000 - September 10, 2025

Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en ‘n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in Augustus skerp verlangsaam het. Laer […]

Read More

Luukse huismark daal skerp in tweede kwartaal - September 10, 2025

Namibië se luukse huismark het in die tweede kwartaal van 2025 verlangsaam, met slegs ses transaksies landwyd aangeteken. Pryse het ook volgens FNB met 32,5 persent gedaal. In die klein, medium en groot segmente het 545, 182 en 28 transaksies plaasgevind met kleinhuispryse wat met amper 6 persent gestyg het. Oor die algemeen het die […]

Read More