Ombud-kantoor eis optrede teen minderjarige verkragtings - September 10, 2025

Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. ‘n Sesjarige meisie is na bewering deur ‘n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl ‘n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur ‘n 47-jarige buurman in Oshivelo […]

Read More

Bouplanne toon ‘n gemengde uitkoms in Augustus - September 10, 2025

In Augustus het bouplangoedkeurings in die hoofstad afgeneem van die 241 wat in Julie goedgekeur is tot 162, met ‘n totale waarde van 213,7 miljoen Namibiese dollar, die tweede hoogste maandelikse waarde wat in 2025 aangeteken is. In sy ontleding sê IJG Securities dat vir die jaar tot dusver het die waarde van goedkeurings met […]

Read More

SABC: Sentech soek sy geld, sal in Desember senders afskakel - September 10, 2025

Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om ‘n nuwe befondsingsmodel te skep. Die […]

Read More

Guterres sê Katar is kritiek vir vrede - September 10, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê hy is geskok oor die Israeliese aanval in Doha. Ses mense is in die aanval dood wat Israel op Hamas-lede, wat vergader het oor ‘n Amerikaanse skiestilstand voorstel, uitgevoer het. Guterres sê Katar het ‘n kritieke rol gespeel om vrede te bewerkstellig in die Midde-Ooste.

Read More

Pole skiet Russiese hommeltuie af - September 10, 2025

Die Poolse weermag sê hy het hommeltuie afgeskiet wat sy lugruim geskend het tydens ‘n Russiese aanval op Oekraïne. Dit is die eerste keer dat die land regstreeks met Russiese teenwoordigheid in sy lugruim te doen het sedert die Oekraïnse oorlog in 2022 begin het. Moskou het vroeër die week sy grootste lugaanval ooit op […]

Read More

Gesondheid het nog ‘n dagvaardiging in die hof - September 10, 2025

Daar is nóg ‘n skadevergoeding saak teen gesondheid in die hof. Elizabeth Mutilifa sê haar babadogtertjie is dood na geboorte na sy op 29 Januarie 2023 opgeneem is by die staatshospitaal op Otjiwarongo. Sy was tot 31 Januarie in kraam en die naelstring het tydens die geboorteproses geskeur. Mutilifa sê die personeel was nalatig omdat […]

Read More

Cosatu dien sy voorstelle oor Twee-Pot-hevorming in - September 10, 2025

Cosatu het sy voorstel oor die Wysigingswetsontwerp op Inkomstewette aan die Parlement se Gekose Komitee oor Finansies voorgelê. Die Wetsontwerp ondersteun die Twee-Pot Pensioenhervormings, wat vanaf September 2024 meer as 56 miljard Suid-Afrikaanse rand aan 3,5 miljoen werkers uitbetaal het. Matthew Parks van Cosatu sê voorstelle sluit in, toegang tot volle spaargeld vir afgedankte werkers, […]

Read More

Afrika-leiers wil krag by Ethiopië koop - September 10, 2025

Talle Afrika-staats- en regeringshoofde het in inhuldiging van Ethiopië se Grand Renaissance-dam bygewoon het belangstelling getoon om krag uit Ethiopië in te voer. Suid-Soedan se president Salvi Kiir sê hy sal binnekort ‘n ooreenkoms onderteken om elektrisiteit te ontvang terwyl Kenia se president William Ruto ook aangekondig het dat hy ‘n ooreenkoms wil aangaan. Ruto, […]

Read More

Katar se eerste minister sê oor Doha-aanval - September 10, 2025

Israel se aanval op Hamas-leiers in Doha, die hoofstad van Katar, maak steeds opslae. Die eerste minister van Katar, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, het in ‘n televisietoespraak gesê die VSA het hulle gewaarsku oor die aanval tien minute nadat dit begin het. Dit is ondanks die Withuis wat gesê het dat hulle […]

Read More

Luvindao staan bankvas agter middelman besluit - September 10, 2025

Gesondheidminister Esperance Luvindao het in die parlement teruggeveg teen bewerings dat die uitskakeling van middelmanne die land se chroniese medisynetekort veroorsaak het. Luvindao sê die tekort spruit uit jare-lange tendervertragings en hofstryde, nie uit haar onlangse hervormings nie. Sy verduidelik dat die uitskakeling van tussengangers aflewerings versnel en koste besnoei.

Read More