Shikongo v Amushelelo weer in die hof - September 10, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo saak teen aktivis Michael Amushelelo sal vanoggend in die hoërhof voor regter Boas Usiku weer voorkom. Die hof het vroeër vir Amushelelo skuldig bevind aan minagting van die hof maar, vir ‘n ander saak en dus, het die dringendheid in die saak weggeval. Amushelelo moet nog stukke indien en […]
Epstein-verjaardagboek: Groot name, groot oopsie - September 10, 2025
Die Republikeins-geleide Huis-toesighoudende komitee het dokumente uit die boedel van Jeffrey Epstein vrygestel, waaronder ‘n 2003-verjaardagboek waarin president Donald Trump na bewering ‘n onsedelike nota aan Epstein gestuur het. Trump het enige kennis van die nota ontken en dit “ ‘n dooie kwessie” genoem, en wou nie verder kommentaar lewer nie. Maar daar is meer. […]
Coe erken hitte-uitdagings die naweek in Tokio - September 10, 2025
Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap hierdie naweek in Tokyo, Japan. Die land beleef sy warmste somer ooit, met gemiddelde temperature tussen Junie en Augustus wat 2,36-grade Celsius hoër as die normale vlakke is. Die temperatuur het Dinsdag tot 33-grade gestyg. Coe sê sportleiers bespreek die toekomstige […]
Orion en Malima weer op 3 Desember in die hof - September 10, 2025
Orion Energy Sarl se regsgeding in die hoërhof teen die Namcor-korrupsieverdagte en voortvlugtige sakeman Victor Malima, wat ook Eco Fuel Investment besit, is tot 3 Desember uitgestel. Volgens hofdokumente eis Orion betaling van 5,4 miljoen Namibiese dollar na ‘n mondelinge ooreenkoms wat in Oktober 2021 vir die verskaffing van petroleumprodukte aangegaan is. Orion beweer dat […]
Walmart is op pad na SA toe - September 10, 2025
Die Amerikaanse kleinhandelreus, Walmart, beplan om sy eerste handelsmerkwinkels in Suid-Afrika oop te maak. Die stap volg ná sy groeiberaad, waartydens Afrika-gebaseerde verskaffers gewerf is. Massmart se uitvoerende hoof, Miles van Rensburg, sê Walmart beoog om alledaagse lae pryse te bied en plaaslike verskaffers te ondersteun. Van Rensburg sê die bekendstelling sal werksgeleenthede en digitale […]
Bibi sê Israel het alleen opgetree in Doha - September 10, 2025
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land het heeltemal onafhanklik opgetree in sy aanvalle op Katar. Die Israelse weermag het Dinsdag die Hamas-leierskap in Doha aangeval. Hamas sê vyf lede is in die aanval dood, maar die onderhandelingspan is ongedeerd. Katar is ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings oor ʼn skietstilstand, en behou regstreekse […]
Nepal se weermag sê betogers buit krisis uit - September 10, 2025
Die Nepalese weermag beskuldig betogers dat hulle die huidige krisis misbruik deur openbare en privaat eiendom te beskadig, te plunder en aan die brand te steek. Die ergste oproer in dekades het vandeesweek in die land uitgebreek ná ʼn verbod op sosiale media en ontevredenheid oor politieke korrupsie en nepotisme. Dit het tot eerste minister […]
MVA konsulteer oor, onder andere, begrafnistoegaag - September 10, 2025
Die Motorvoertuigongelukfonds is besig om openbare konsultasies oor voorgestelde veranderinge aan sy 2007-wet af te sluit. Een sleutelkwessie is die 7 000 Namibiese dollar begrafnistoelaag wat aan families van padongelukslagoffers betaal word. In 2007 was dit ‘n ruim bedrag, maar dek tans skaars die basiese begrafniskoste. Finale konsultasies oor die MVA-wysigingswetsontwerp vind vandag plaas by […]
GNU verwelkom 0,8% groei in tweede kwartaal - September 10, 2025
Die regering verwelkom Statistiek Suid-Afrika se jongste ekonomiese syfers wat aandui die land se bruto binnelandse produk het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,8-persent gegroei. Dit volg na ʼn skamele 0,1-persent groei in die eerste kwartaal. Vervaardiging, mynbou en handel het groei aan die ekonomie se voorsieningskant gelei. Die regering sê hierdie syfers toon […]
Trump voel sleg oor Katar-aanval - September 10, 2025
Amerikaanse president Donald Trump voel baie sleg oor Israel se aanval op Hamas-teikens in Katar en het ‘n top-gesant, Steve Witkoff, gelas om Katar teen die aanval te waarsku. Dit is volgens ‘n verklaring wat deur die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, by ‘n perskonferensie gelees is. Trump het nie die aanval op ‘n soewereine […]