Brasilië se hoogste hof beraadslaag oor Bolsonaro-uitspraak - September 10, 2025
Brasilië se hoogste hof het met beraadslaging begin oor ‘n uitspraak in die staatsgreepverhoor van die voormalige regse president Jair Bolsonaro te midde van druk deur sy ondersteuners en die Amerikaanse president Donald Trump. Die hof se vyf regters het tot Vrydag tyd om uitspraak oor Bolsonaro te lewer. Die 70-jarige voormalige weermagoffisier kan tot […]
Namibië herdenk selfmoordvoorkomingsdag, te midde van selfmoordkrisis - September 10, 2025
Vandag is Wêreldselfmoordvoorkomingsdag, terwyl die krisis in Namibië verdiep. Meer as 540 Namibiërs het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, ‘n hartverskeurende tol wat pyn weerspieël wat te dikwels in stilte gely word. Vandag is ‘n wêreldwye oproep om die stigma te breek, te luister en op te tree voordat dit te laat is. […]
NamPol, NDF wapens dryf Kaapse bendegeweld aan - September 10, 2025
Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe vier Namibiese polisiebeamptes in 2022 […]
Olie styg na Israel se aanval in Doha - September 10, 2025
Oliepryse het vanoggend gestyg nadat Israel Hamas-leierskap in Katar aangeval het en ook, na die Amerikaanse president Donald Trump Europa gevra het om tariewe op kopers van Russiese olie te hef. Brent verhandel tans net onder 67 Amerikaanse dollar ‘n vat na ‘n styging, tot dusver, van 0,63 persent. Die toekoms is onseker nadat Katar […]
Afronding van koring-oes lei tot hoë waterverbruik by Hardap - September 10, 2025
Hardapdam staan tans op 65,4 persent van kapasiteit met 3,634 miljoen kubieke meter water wat in ‘n week deur produsente by die groenskema by die dam benut is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Hardap-boerevereniging se voorsitter Dawie de Klerk oor die verbruik. Hy sê dit handel oor die afronding van die koring wat […]
MTC weerlê omgewingskade tydens sy Buffalo-projek - September 10, 2025
MTC het bewerings van die hand gewys dat hul Buffalo-projek wat netwerkverbindings tussen Rundu en Katima Mulilo verbeter, omgewingskade veroorsaak. Foto’s van bome wat afgekap is, is wyd op sosiale media gedeel. Die maatskappy sê dat alle werk met volle omgewingsgoedkeurings en toestemmings van grondeienaars uitgevoer word. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het […]
Kabinet sluit nog 36 lande vir visa-by-aankoms in - September 10, 2025
Die kabinet het in sy laaste sitting die insluiting van nog 36 lande op die lys wat vir visa-by-aankoms kwalifiseer goedgekeur, asook ‘n fooi van 400 Namibiese dollar vir aansoeke vir sulke visa wat per hand ingedien word. Die kabinet het verder die binnelandse sake-ministerie toestemming gegee om wederkerig visavrystellings uit te brei na lande […]
Kommer oor Mpumalanga grenspos - September 10, 2025
ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie voldoende kapasiteit nie en vra […]
Reaksie op Israel se aanval in Doha - September 10, 2025
Reaksie stroom in na Israel se lugaanval op senior Hamas-amptenare in Doha, die hoofstad van Katar. Daar is beskuldigings van die oortreding van Internasionale Reg, met verskeie bondgenote van Israel wat hul teen die aanval uitgespreek het. Hamas het ses sterftes bevestig, onder wie ‘n seun van een van sy leiers, maar die leierskap het […]
Ondersoek na 9 varkkoppe in Parys-moskees gevind is - September 10, 2025
Die Franse polisie stel ondersoek in nadat nege varkkoppe voor verskeie moskees in Parys gevind is. Die naam “Macron” was op sommige van die varkkoppe uitgekerf. Die minister van Binnelandse Sake, Bruno Retailleau, het die optrede veroordeel en dit skandalig en absoluut onaanvaarbaar genoem. Hy sê sy Moslem-landgenote moet hul geloof in vrede kan uitleef. […]