Regering kan nie te veel tradisionele owerhede dra: Sankwasa - September 9, 2025

Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, het tradisionele leiers versoek om op te hou om raadslede toe te laat om in tradisionele owerhede te dien sonder aangestelde hoofde, en gesê dat hulle selde waarde tot verrigtinge toevoeg. Tydens die jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers, wat tot Vrydag duur, het Sankwasa ook kommer […]

Read More

Polisie trek winkeldiewe by Dunes Mall vas - September 9, 2025

Die saak van twee vermeende winkeldiewe wat deur die Walvisbaai-polisie onderskep is by die Dunes Mall op die dorp, is uitgestel tot 20 Januarie 2026. Die polisie is in kennis gestel dat die mans vermoedelik items steel by winkels in die sentrum en het hulle begin dophou. Hulle is Maandag gearresteer nadat hulle na bewering […]

Read More

SA ekonomie herstel effe met 0,8% kwartaallikse groei - September 9, 2025

Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het tydens die vrystelling van die […]

Read More

All Blacks se Quinn Tupaea verleng sy kontrak - September 9, 2025

Rugby: Die All Black-senter Quinn Tupaea het sy kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie en Chiefs tot einde 2027 verleng. Die 26-jarige het vanjaar ‘n uitstekende Superrugby Pacific-veldtog agter die rug wat daartoe gelei het dat hy die eerste keer sedert 2022 na die nasionale span opgeroep is. Die All Blacks se oorwinning van 24-17 Saterdag […]

Read More

Kankervereniging wil openbare palliatiewe sorg sien - September 9, 2025

Die Kankervereniging van Namibië beywer hom vir die landwye integrasie van palliatiewe sorg in Namibië se openbare gesondheidstelsel. Die direkteur van die vereniging, Rolf Hansen, sê die vereniging het met die ministerie van gesondheid vergader om besprekings oor die kwessie aan die gang te sit. Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

NRU stel Pieter ‘Draadkar’ Rossouw aan as aanvalskonsultant - September 9, 2025

Die vermaarde oud-Springbokvleuel, Pieter Rossouw, is op pad na Namibië om hom by die tegniese afrigtingspan vir die Welwitschias te voeg. Die Namibië Rugby-unie het hom betrek as aanvals-konsultant vir die komende Wêreldbeker finale kwalifiserende toernooi wat van 8 tot 18 November in Dubai sal plaasvind. Rossouw was een van die Springbokke se voorste drie-drukkers ooit […]

Read More

Vir wat word kreatiewe nywerhede afgeskeep? - September 9, 2025

Vanmiddag in die Nasionale Vergadering het PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur aangevat en antwoorde geëis oor die beweerde verwaarlosing van Namibië se kreatiewe nywerhede. Mbinge-Tjeundo het dringende hervormings versoek en gevra watter konkrete ondersteuning kreatiewe nywerhede die afgelope vyf jaar ontvang het en waarom hul bydraes tot kultuur, die ekonomie […]

Read More

Groenwaterstofprogram verken geleenthede in S-Korea - September 9, 2025

Namibië versterk steeds sy globale groenenergie-bande, hierdie keer in Suid-Korea. Deur sy Groenwaterstofprogram neem Namibië deel aan ‘n hoëvlak-beleidsforum in Seoel, wat daarop gemik is om die groen waterstofwaardeketting te versterk. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê programwoordvoerder Jona Musheko dat die forum – aangebied deur Suid-Korea se Nasionale Vergadering en Jeju-provinsie – […]

Read More

Willemse ‘het miljoene’ voor hy by Namcor begin werk, hoor hof - September 9, 2025

Die voormalige lid van Namcor se bestuurspan, Cedric Willemse, het in sy borgtogaansoek in die Windhoekse laerhog getuig dat hy miljoene Namibiese dollar in sy bankrekening gehad het nog voordat hy by die maatskappy aangesluit het. Hy het voor landdros Olga Muharukua getuig dat hy drie plase besit het maar het een intussen verkoop, waar […]

Read More

Trump maak GBV af as ‘mindere dinge’ - September 9, 2025

President Donald Trump het Maandag tydens ‘n geleentheid in die Museum van die Bybel in Washington gepraat oor die sukses van sy veldtog teen misdaad. Hy het voorgestel dat wat hy noem mindere dinge soos gesinsgeweld, nie in misdaadstatistieke getel moet word nie. Luister self.

Read More