IKT-sektor lok N$2 miljard, dra 2,5% tot BBP by - September 9, 2025

Namibië se digitale toekoms lyk helderder na die inligtingkommunikasie-tegnologiesektor die afgelope jaar ‘n massiewe 1,2 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, sê die bedryf dra nou 2,5 persent tot die land se bruto binnelandse produk by. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

‘Huiskoper’-moordenaar kry 2x lewenslank - September 9, 2025

Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis van Raymond Steven Jan-Erick Smith. Die Hooggeregshof in Pretoria het Smith twee lewenslange vonnisse opgelê vir twee moorde, drie jaar vir poging tot moord, en agt jaar tronkstraf vir poging tot roof met verswarende omstandighede. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die Batebeslagleggingseenheid het in Julie ʼn bewaringsbevel […]

Read More

Hommeltuig tref glo Thunberg-flottielje - September 9, 2025

Die Global Sumud-flottielje sê sy vaartuig, die Family Boat, is vandag in Sidi Bou Said-hawe naby Tunisië deur ‘n vermeende hommeltuig getref. Die ses mense aan boord, insluitend die Sweedse aktivis Greta Thunberg, is ongedeerd. Tunisiese owerhede het die bewerings ontken en sê reddingsbaadjies het die brand veroorsaak. Die organiseerders sê die vaartuig is in […]

Read More

Nottingham Forest stel Postecoglou vinnig aan - September 9, 2025

Sokker: Ange Postecoglou sal dalk vinnig terugkeer na die Premierliga wanneer hy by Nottingham Forest aansluit om Nuno Espirito Santo te vervang, wat vandag afgedank is. Nuno is die eerste Premierliga-afrigter wat hierdie seisoen sy werk verloor nadat hy in die openbaar gesê het sy verhouding met die klub se eienaar het verbrokkel. Postecoglou is […]

Read More

Owerheid keelvol vir hommeltuig-oortredings - September 9, 2025

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid spreek kommer uit oor ‘n toename in roekelose gebruik van hommeltuie regoor die land. Die owerheid sê hommeltuigoperateurs vlieg gevaarlik naby lughawens, militêre sones en selfs private huise. Die owerheid se woordvoerder Nelson Ashipala sê die owerheid is keelvol en waarsku dat streng stappe teen oortreders geneem sal word.

Read More

Werkgewersvereniging weier om rassekwotas na te kom - September 9, 2025

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, Neasa, gaan nie die regering se rassekwotas nakom nie en sê hy gaan nie diskriminasie op grond van ras of geslag verdra nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het onlangs Neasa en Sakeliga se aansoek vir ʼn interdik teen die nuwe indiensnemingsteikens van die hand gewys. Die teikens vir sogenaamde Billike […]

Read More

Oud-Thailand premier kry ‘n jaar tronkstraf - September 9, 2025

Thailand se hoogste hof het die voormalige premier en miljardêr, Thaksin Shinawatra, tot ‘n jaar agter tralies gevonnis. Hy is 2023 tronkstraf van agt jaar opgelê op aanklagte van korrupsie en magsmisbruik. Maar hy is na ‘n hospitaal oorgeplaas nadat hy in die tronk aangekom het. Thaksin het toe ses maande in ‘n BBP-suite in […]

Read More

Bafana moet alles uithaal teen Nigerië - September 9, 2025

Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat ‘n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker – mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span wat Lesotho in Maart 2-0 […]

Read More

Dr. Ndume se streeks-oogkampe vorder steeds - September 9, 2025

Namibië se stryd teen voorkombare sigverlies het sopas ‘n groot hupstoot gekry. Dr. Helena Ndume het haar 2025 Oogkamp afgesluit, met ‘n suksesvolle sessie by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek. Die internasionaal bekroonde oogarts het gratis sigherstellende operasies uitgevoer. Met die ondersteuning van vennote in die VSA, Oostenryk en Duitsland, het dr. Ndume die impak […]

Read More

NamPol herinner aan Amnestiemaand, handig vuurwapens in - September 9, 2025

Met Amnestiemaand in September, moedig die Namibiese polisie die publiek aan om onwettige vuurwapens en ammunisie aan die polisie te oorhandig sonder vrees vir vervolging. Hierdie inisiatief, deel van die Afrika-Unie se “Maak die Gewere Stil”-veldtog, is daarop gemik om openbare veiligheid en vrede te bevorder deur die aantal onwettige wapens in omloop te verminder. […]

Read More