Ramaphosa beklemtoon Gaza-ondersteuning by BRICS - September 9, 2025

President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir ‘n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende ‘n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir ‘n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir geregtigheid en menseregte in die […]

Read More

US$2m se omkoopgeld in Angola om regsgeding te gooi - September 9, 2025

‘n Nuwe korrupsieskandaal het die Angolese regstelsel getref. Die saak behels ‘n grondgeskil in die Namibe-provinsie. Volgens bewerings word die huidige uitvoerende sekretaris van die Hoërraad van die Regbank, Manuel Victor Assuilo, daarvan beskuldig dat hy 2 miljoen Amerikaanse dollar van die staatsbeheerde oliemaatskappy Sonangol ontvang het om die uitslag van ‘n regsgeding tot die […]

Read More

Duckett en Smith rus in T20-reeks teen SA - September 9, 2025

Engeland gee sy top-orde-kolwers, Ben Duckett en Jamie Smith, ʼn blaaskans tydens die T20-reeks teen Suid-Afrika. Dit lyk asof Phil Salt, wat terugkeer ná vaderskapsverlof, die kolfbeurt sal open saam met óf Tom Banton óf Will Jacks. Die hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hulle moet leer hoe om hulle besige internasionale program beter te hanteer, wat […]

Read More

Opul stoot produksie op, vraag is laag, so olieprys sal daal - September 9, 2025

Markonsekerheid vertroebel steeds die vooruitsigte vir globale oliepryse. Oliepryse het Maandag effens gestyg, gedryf deur toenemende kommer oor moontlike bykomende sanksies op Russiese ru-olie. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel ‘n swakker dollar hoër kommoditeitspryse – insluitend olie – ondersteun het, verhoogde Opul-produksie, al is dit beskeie en verlangsamende vraag, […]

Read More

Hochobes onttrek uit Willemse borgaansoek - September 9, 2025

Landdros Jurina Hochobes sal nie meer die borgaansoek van Namcor-beskuldigde Cedric Willemse aanhoor nie. Sy het vandag onttrek nadat die staat gesê het dat hulle beplan om aansoek te doen daarvoor. Hochobes sê sy ken nie vir Willemse of ander partye in die borgtogaansoek nie, en dat sy die staat wou vermaan vir onetiese gedrag […]

Read More

Oud-ombud gesels oor onteiening van weduwees se eiendom - September 9, 2025

Namibiese weduwees staar verskeie uitdagings in die gesig, insluitend die verlies van hul oorlede eggenote se eiendom soos vee en boerderytoerusting, tesame met ekonomiese probleme en sosiale stigma. Die probleme word dikwels vererger deur tradisionele gewoonteregwette wat nie deursigtig is nie en skoonouers in staat stel om eiendom te konfiskeer. Voormalige Ombudsman John Walters sê […]

Read More

Is dit tyd om die braaitang eers te bêre? - September 9, 2025

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann, bekend vir sy braaibroodjie-indeks, het nou ‘n braai-indeks geskep. Sy eerste ontleding, vir vier mense, toon dat so ‘n braai, sonder enige drankies, jou amper 856 Suid-Afrikaanse rand uit die sak sal jaag. Die braai sluit in lamlies-tjops, wors, hoender en rump-biefstuk in massas tussen 500 gram en ‘n kilogram. […]

Read More

IPC sê Sankwasa verraai sy eie teenkorrupsie-standpunt - September 9, 2025

Die IPC het hom teen die aanstelling van Marina Kandumbu as waarnemende administrateur van die Katima Mulilo-stadsraad uitgespreek. Die IPC se skaduminister van justisie, Elvis Lizazi, sê die besluit van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, weerspreek sy teenkorrupsie-standpunt direk. Kandumbu is in 2014 aan korrupsie skuldig bevind, maar bevind haar nou […]

Read More

Ethiopië wy Grand Renaissance-dam in te midde van kommer - September 9, 2025

Ethiopië se omstrede Grand Renaissance-dam word vandag ingewy, 14 jaar nadat konstruksie begin het. Daar is groot opgewondenheid oor die krag wat die skema sal verskaf met ongeveer helfte van die land se burgers wat nie aan ‘n netwerk verbind is nie. Die konstruksie van die projek het in 2011 begin met ‘n begroting van […]

Read More

Merz sê Putin wil verder as die Oekraïne gaan - September 9, 2025

Die Duitse kanselier Friedrich Merz het gewaarsku die Russiese president Vladimir Putin se plan sal nie met die verowering van Oekraïne eindig nie, maar eerder net die begin wees. Merz het tydens ‘n konferensie van Duitse ambassadeurs gesê hulle ervaar daagliks, en met toenemende intensiteit, hibriede Russiese aanvalle insluitend op infrastruktuur. Hy het verwys na […]

Read More