DA eis ondersoek na korrupsie by Walter Sisulu-universiteit - October 28, 2025
Die DA sê die parlementêre portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys en Opleiding moet dringend ondersoek instel na toenemende korrupsie en bestuursmislukking by die Walter Sisulu-universiteit. Ka-myaluza Security se uitvoerende hoof, Sibusiso Ngubane, het voor die Jafta-ondersoekkommissie getuig en bewerings van ernstige korrupsie, afpersing en onreëlmatighede met indiensneming teen minstens ses senior universiteitsamptenare gemaak. Delmaine Christians van […]
JD Vance beplan om Kenia te besoek - October 28, 2025
Die Amerikaanse visepresident JD Vance beplan om Kenia volgende maand te besoek nadat hy ‘n spitsberaad in Suid-Afrika bygewoon het, het ‘n bron aan Reuters gesê. Daar was geen onmiddellike besonderhede oor wat Vance in die Oos-Afrikaanse land, wat een van Washington se naaste bondgenote op die vasteland is, sou bespreek nie. Die VSA het […]
Ngurare verjaar, Amushelelo sê hy’s ‘n leier met integriteit - October 28, 2025
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare vier sy 55ste verjaarsdag vandag. Ngurare het met sy politieke aktivisme in 1983 begin en die daaropvolgende jaar is Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gestig. In 2015 het die party se top vier leiers hom van sy pos as Swapo se jeugleier gedwing. In 2021 het hy weer sy debuut […]
Studie kyk na spaar- en verbruiksgedrag in Namibië - October 28, 2025
Die Finansiële Geletterdheidsinisiatief, in samewerking met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, sal Vrydag ‘n baanbrekersstudie wat kyk na die verbruiksgedrag en spaargedrag on die drie sosio-ekonomiese segmente van die land se bevolking. Hierdie navorsing beoog om insig te gee in Namibiërs se finansiële praktyke, struikelblokke en geleenthede. Finansministerie-woordvoerder Johnathan Swartz het meer.
Cyril sê gryslys-verwydering toon integriteit van finansiële stelsel - October 28, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys is ‘n goeie teken vir die integriteit en reputasie van die land se finansiële stelsel. In 2023 is Suid-Afrika op die gryslys geplaas omdat hy nie aan sekere internasionale standaarde voldoen het nie. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die land se […]
Trump sinspeel op derde termyn - October 28, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het nie die moontlikheid uitgesluit om ‘n derde termyn na te jaag nie, en gesê hy sal dit graag wil doen. Die Amerikaanse grondwet verbied presidente om vir drie termyne te dien. Trump het met verslaggewers gepraat op Air Force One tydens sy toer na Asië. Hy het die moontlikheid om […]
Israel hef noodtoestand op in gebiede naby Gaza - October 28, 2025
Israel het die noodtoestand vir gebiede naby die grens met Gaza opgehef – die eerste keer sedert Hamas se aanvalle in Oktober 2023. Die minister van Verdediging, Israel Katz, sê die besluit weerspieël die nuwe veiligheidsituasie in die suide van die land en volg terwyl die wapenstilstand wat op 10 Oktober in werking getree het, […]
Willemse hoor vandag oor borg in Namcor-saak - October 28, 2025
Slotbetoë is op 7 Oktober aangehoor in die borgtogaansoek van Cedric Willemse, die voormalige Namcor-bestuurder wat op 17 aanklagte in die Namcor-korrupsieskandaal teregstaan en uitspraak word vandag verwag. Aanklaers sê Willemse het probeer vlug en beskuldig hom daarvan dat hy massiewe finansiële verliese moontlik gemaak het. Maar sy verdediging hou vol dat die Staat nie […]
Madlanga: Vuurwapen in Swart-moord onder die loep - October 28, 2025
Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê die reeksnommer van ‘n vuurwapen wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is en waarvan die reeksnommer aanvanklik onleesbaar was, is later in ‘n laboratorium in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal herwin. Mkhabela van die Forensiese Wetenskaplaboratorium in Silverton, Pretoria […]
Saoedi onseker oor Rooisee-belegging - October 28, 2025
Saoedi-Arabië is onseker of hulle in Egipte se Rooisee-kus gaan belê. Tydens ‘n toespraak by die Fortune Global Forum in Riaad sê die minister van toerisme, Ahmed Al-Khateeb, die koninkryk prioritiseer binnelandse toerisme-ontwikkelings, insluitend die Rooisee-wêreldwye projek, wat teen Mei 2026, 17 nuwe hotelle sal open. Al-Khateeb het ook bevestig dat Saoedi-Arabië reeds aan FIFA […]