Swys sê Bok-vroue kan leer uit nederlaag teen Frankryk - September 9, 2025

Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het ‘n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk is vierde […]

Read More

Waagkapitaal belangrik vir SME ontwikkeling - September 9, 2025

Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers ‘n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging ‘n baie belangrike instrument is om entrepreneurs te help om hul onderneming […]

Read More

SA bestee jaarliks meer op deportasie van immigrante - September 9, 2025

Die buurland se minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê byna 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die 2024/2025-boekjaar bestee aan die deportasie van onwettige immigrante. Hy het dit bekendgemaak in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag van die Patriotic Alliance. Sedert die regering van nasionale eenheid net meer as ʼn jaar gelede ingestel is, […]

Read More

Putin kan Kiëf besoek vir samesprekings, sê Zelensky - September 9, 2025

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het in ‘n eksklusiewe onderhoud met ABC News se This Week-program gesê hy sal nie na Moskou gaan om ‘n skietstilstand-ooreenkoms te bespreek, soos Russiese president Vladimir Putin voorgestel het nie. Hy het bygevoeg dat Putin Kiëf kan besoek.

Read More

Trump moet E Jean Carroll betaal, immuniteit tel nie, sê hof - September 9, 2025

‘n Federale Appèlhof in New York het die laster-eis wat deur skrywer E Jean Carroll teen die Amerikaanse president Donald Trump aanhangig gemaak is, gehandhaaf. Sy het die president gedagvaar en beweer dat hy haar belaster het toe hy die bewering dat hy haar seksueel aangerand het, ontken het, en gesê het sy het die […]

Read More

Uitspraak vandag verwag oor landdros in Willemse borgaansoek - September 9, 2025

Uitspraak word vandag verwag in die aansoek vir die onttrekking van landdros Jurina Hochobes in die borgaansoek van Namcor-verdagte Cedric Willemse. Dit kom na staatsaanklaer Basson Lilungwe einde Augustus ‘n aansoek vir haar onttrekking ingedien het. Willemse se borgaansoek is dus ook tot vandag uitgestel. Sy mede-beskuldigdes, Austin Elindi en Panduleni Hamukwaya, het nog nie […]

Read More

Innoverende landbou-projek vorder goed - September 9, 2025

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en die Britse Hoë Kommissariaat het ‘n besoek aan Ikokola Village in Omusati afgelê om die vordering met ‘n kritieke geïntegreerde voedselstelselprojek by die Mateus Nashandi Gekombineerde Skool te beoordeel. Sedert 2023 het die inisiatief skoolvoeding versterk, voeding verbeter en plaaslike landbou-ontwikkeling ondersteun. Theodor Uukongo van die Wêreldvoedselprogram het meer […]

Read More

Xi vra eenheid in BRICS-lande - September 9, 2025

Die Chinese president, Xi Jinping, sê BRICS-lande moet verenig om multi-lateralisme te verdedig, oop handel te bevorder en samewerking vir gedeelde ontwikkeling te versterk. Hy het met die hulp van ‘n tolk gepraat tydens die virtuele BRICS-leiersberaad en gewaarsku handelsoorloë en versperrings ontwrig die wêreldekonomie. Xi het lidlande aangespoor om saam te werk met die […]

Read More

Prins Harry is by Windsor maar doodstil oor familie-kuier - September 9, 2025

Prince Harry was by Windsor-kasteel vir ‘n kranslegging en om privaat hulde te bring aan die oorlede koningin Elizabeth. Hy het gister in Engeland aangekom en blomme by die kasteel gelaat vir die derde herdenking van haar dood. Harry is in Londen vir die jaarlikse WellChild-toekennings. Sy besoek het bespiegeling aangevuur oor ‘n moontlike ontmoeting […]

Read More

Wêreld Afrika-waterstofberaad skop vandag in Windhoek af - September 9, 2025

Die Wêreld Afrika-waterstofberaad begin vandag in die hoofstad, en duur tot Donderdag. Dit word met die tema, Ambition in Action: Fuelling Africa’s Green Industrialisation, the Strategic Conference. Die kommersiële bestuurder van DMG Events, William Shilamba, sê die beraad sal die saak vir waterstof en hernubare energieë stel as ‘n onderliggende oplossing vir beide ‘n laer-koolstof-energiestelsel […]

Read More