Uitskakeling van middelman spaar N$221m vir gesondheid - September 9, 2025
Die gesondheidministerie het sedert Augustus meer as 221 miljoen Namibiese dollar bespaar deur medisyne direk van internasionale verskaffers te verkry, het lynminister Esperance Luvindao aangekondig. Sy het ook voortdurende medisynetekorte toegeskryf aan wêreldwye voorsieningsprobleme, bergingsbeperkings en ontwikkelende siektepatrone.
Church Defenders kritiseer opmerking dat mense wat God hoor sielkundige sorg benodig - September 9, 2025
South African Church Defenders is bekommerd oor die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, se opmerking dat mense wat beweer hulle hoor God se stem, vir sielkundige sorg verwys moet word. Godsdiensgroepe veroordeel haar opmerking as ‘n gevaarlike ontkenning van die […]
Erfenisweek volgende week herdenk - September 9, 2025
Die Museumvereniging van Namibië het die Namibiese Erfenisweek amptelik van stapel gestuur, wat van 15 tot 21 September sal plaasvind. Vanjaar se tema is “Fakkeldraers van Ons Erfenis”. TransNamib-woordvoerder Ailly Hangula-Paulino, wat deel is van die organiseringskomitee, sê die week dien as ‘n nasionale herinnering aan die belangrikheid van die bewaring van Namibië se diverse […]
SA-regering moet ingryp met toenemende Amerikaanse handelsdruk - September 9, 2025
Business Leadership South Africa sê die regering moet dringend ingryp volgens Business 20 se aanbevelings om werksgeleenthede te beskerm en groei te bevorder. Uitvoerende hoof Busi Mavuso waarsku 250 000 werksgeleenthede in voorsieningskettings kan verlore gaan, vererger deur Amerikaanse handelsdruk. Mavuso sê Suid-Afrika moet spesiale ekonomiese sones gebruik, digitale infrastruktuur verbeter, regulasies stroomlyn en bedryfsgeleide […]
Hamas reageer op Trump se ‘laaste waarskuwing’ - September 9, 2025
Hamas sê dit het ‘n paar idees van die VSA ontvang deur middel van bemiddelaars oor hoe om ‘n Gaza-wapenstilstandooreenkoms te bereik. Die groep sê hulle bespreek die idees, maar is gereed om die 48 oorblywende gyselaars in Gaza vry te stel in ruil vir ‘n duidelike verklaring wat die oorlog sal beëindig. Dit kom […]
Macron se regering stort (weer) ineen - September 9, 2025
Frankryk se regering het na nege maande in duie gestort en die premier, Francois Bayrou, sal vanoggend die regering se bedanking by president Emmanuel Macron indien, soos die Grondwet vereis. Dit volg na parlementslede teen ‘n vertrouensmosie in die kontroversiële besparingsbegroting gestem het, soos wyd verwag is. Die mosie is op verrassende wyse deur Bayrou […]
Nee, daar’s nie ‘n verbod op SA vleis en melk - September 8, 2025
Die landbouministerie verduidelik dat Namibië nie ‘n verbod op vleis- en melkinvoere uit Suid-Afrika ingestel het nie. Dit volg op berigte in plaaslike media dat so ‘n verbod ingestel is. Die ministerie het wel verlede week aangekondig dat ‘n permit nodig is vir die inbring van vleis afkomstig van gesplete hoef-diere. Die ministerie sê volgens […]
Polisie skiet 5 verdagtes dood in KZN - September 8, 2025
Vyf verdagtes is vanoggend doodgeskiet in ‘n skietery met die polisie by die Pump House informele nedersetting in Chatsworth, KwaZulu-Natal. Die polisie het, met behulp van inligting, die groep opgespoor wat gesoek word vir moord, roof, afpersing en onwettige vuurwapens in die Mpumalanga-township, Mariannhill, KwaNdengezi en Umsunduzi. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê daar is ook […]
Dodetal in Jerusalem-busskietery styg tot ses - September 8, 2025
Die dodetal ná ‘n aanval op ‘n bus aan die buitewyke van Jerusalem het tot ses gestyg. Dit word beskryf as een van die dodelikste onlangse aanvalle op die Israelse stad. Twee gewapende mans het in spitstyd op die bus geklim onderweg na Joodse nedersettings. Die polisie het die twee aanvallers geskiet en ‘n derde […]
Curriebeker-uitspeelwedstryde begin Saterdag - September 8, 2025
Rugby: Die uitspeelrondes van die Curriebeker begin hierdie naweek nadat die laaste groepswedstryde die afgelope naweek voltooi is. Die Leeus is bo-aan die punteleer, gevolg deur die Griekwas, die Cheetahs en Boland Kavaliers, terwyl die Pumas, die Bulle, die verdedigende kampioen, die Haaie, en Westelike Provinsie se veldtogte verby is. Saterdag speel die Leeus teen […]