Dís hoekom Kanker-appelprojek na vroeg-’26 verskuif is - September 8, 2025

Bank Windhoek het die bekendstelling van sy jaarlikse Kanker-appelprojek na Februarie 2026 herskeduleer, en dit in lyn gebring met die piek appel-oesseisoen om die varsste vrugte en groter koste-effektiwiteit te verseker. Jacquiline Pack, die bank se hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.

Read More

‘Nuwe’ Nedbank Citi Dash was groter, meer opwindend as ooit - September 8, 2025

Die jaarlikse Nedbank Citi Dash het vir groot opwinding in die hoofstad gesorg, met ‘n nuwe roete, ‘n gesonde leefstyl-ekspo en ‘n nuwe eindpunt by die Vegkop-stadion. Meer as 2 500 hardlopers het deelgeneem in verskeie kategorieë, van elite atlete tot juniors, senior burgers en rolstoel-atelete. Die totale prysgeld het meer as 200 000 Namibiese […]

Read More

Vakbond betwis ‘mededingende’ salarisse by Chinese firmas - September 8, 2025

Chinese maatskappye wat in Namibië bedrywig is word onder die loep geneem nadat die Nasionale Unie van Namibiese Werkers bewerings in ‘n nuwe verslag wat verbeterde salarisse, voordele en werksomstandighede uitlig, betwis het. Terwyl die verslag verklaar dat meer as 10 000 Namibiërs deur Chinese besighede in diens is en plaaslike verkryging sedert 2020 meer […]

Read More

Oliepryse gaan waarskynlik daal, voorspel kundige - September 8, 2025

Opul en sy vennote het Sondag aangekondig dat hulle olieproduksie vanaf Oktober sal verhoog, hoewel teen ‘n stadiger tempo as in onlangse maande. Die stap, grootliks gedryf deur Saoedi-Arabië se pogings om markaandeel terug te wen, dui op ‘n voortsetting van produksieverhogings wat in April begin het. Die tydsberekening van hierdie jongste besluit het egter […]

Read More

Namdia soek N$314 miljoen by G4S na rooftog - September 8, 2025

Namdia het die sekuriteitsfirma G4S na die Windhoek hoërhof gesleep en vra die betaling van 314 miljoen Namibiese dollar. Dit kom na die rooftog by Namdia op 18 Januarie vanjaar, waarin 446 pakkies diamante ter waarde van 314 miljoen dollar gesteel is. Die Namdia-veiligheidsbeampte Francis Eiseb is in die voorval vermoor en die Trustco-werknemer Max […]

Read More

Verhoor van Filippyne se Duterte uitgestel oor ‘bevoegdheid’ - September 8, 2025

Die Internasionale Strafhof het ‘n verhoor oor misdade teen die mensdom teen die voormalige Filippynse president, Rodrigo Duterte, tot verdere kennisgewing uitgestel terwyl regters sy geskiktheid vir verhoor evalueer. Duterte sou op 23 September voor die hof verskyn om die aanklagte aan te hoor oor sy jarelange veldtog teen dwelmgebruikers en -handelaars wat volgens menseregtegroepe […]

Read More

Hyphen loods groenwaterstof-vaardigheidsensus - September 8, 2025

Hyphen Hydrogen Energy het ‘n vaardigheidsensus in Namibië se groenwaterstofsektor van stapel gestuur. Die inisiatief, wat vanoggend in Windhoek bekendgestel is, is daarop gemik om kritieke vaardigheidstekorte in die plaaslike mark te karteer. Toni Beukes, hoof van Omgewings-, Sosiale en Bestuurswese by Hyphen, sê die opname sal ‘n sleutelrol speel in die bou van ‘n […]

Read More

Ongebruikte data laat groot koolstof-voetspoor - September 8, 2025

‘n Navorser aan die Universiteit van Pretoria, dr. Hanlie Smuts, sê die koste van die berging van die wêreld se toenemende donker data – data wat gebêre maar nooit gebruik word nie – laat ‘n beduidende koolstofvoetspoor. Datasentrums is wêreldwyd die oorsaak van sowat twee-persent van koolstof- of kweekhuisgas-vrystellings, wat na verwagting teen 2030 sal […]

Read More

Lady Gaga wen 4 MTV Video-musiektoekennings, Tyla wen Afrobeats - September 8, 2025

Die Suid-Afrikaanse popster Tyla het nog ʼn MTV Video-musiektoekenning ontvang op ʼn seremonie in New York. Sy het die Afrobeats-kategorie gewen vir haar treffer-enkelsnit, PUSH 2 START. Die 23-jarige sangeres het dieselfde toekenning verlede jaar vir haar treffer, Water, gewen. Lady Gaga het met vier toekennings weggestap, insluitend kunstenaar van die jaar en beste samewerking […]

Read More

Alcaraz weer tennis mans-wêreld nr. 1 - September 8, 2025

Tennis: Carlos Alcaraz is die eerste keer sedert 2023 weer nommer een in die wêreld ná sy sege in die Amerikaanse Ope. Die 22-jarige Spanjaard het sy Italiaanse teenstander, Jannik Sinner, in vier stelle verslaan om sy tweede titel op Flushing Meadows en sy sesde Grand Slam-titel te buit. Sinner was 65 agtereenvolgende weke bo-aan […]

Read More