Suidelike streke leer meer oor BKS-bevegting - September 8, 2025
Terwyl Suid-Afrika ‘n bek-en-klouseer-uitbreking beveg, versterk Namibië sy verdediging. Die Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste in die Karas-, Omaheke- en Hardap-streke reik nou uit na die bedryf om bewustheid te verhoog en die land se siektevrye veegebiede te beskerm. Die toer, wat tot 18 September duur, is daarop gemik om boere en belanghebbendes in te lig […]
DA soek Kuber-kommissaris om KI-slenters aan te vat - September 8, 2025
Die DA doen ʼn beroep op die regering om ʼn Kuber-kommissaris aan te stel terwyl kunsmatige-intelligensie-gedrewe slenters en digitale bankbedrog toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum het die aantal digitale bankbedrogsake tussen 2023 en 2024 verdubbel, met finansiële verliese wat van 1 miljard- tot 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand toegeneem het. Glynnis Breytenbach van die DA sê […]
Skietaanval in Jerusalem eis 5 lewens - September 8, 2025
Minstens vyf mense is vanoggend dood in ‘n skietaanval in Jerusalem. Die Israelse polisie sê twee terroriste het losgebrand op ‘n bushalte by Ramot Junction aan die noordelike buitewyke van die stad. Die plaaslike ambulansdiens Magen David Adom het die slagoffers identifiseer as drie mans in hul dertigs, ‘n man in sy vyftigs en ‘n […]
Rassie verander links en regs aan Bokspan - September 8, 2025
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het groot veranderings aan die span aangebring wat Saterdag in hul tweede Rugbykampioenskaps-wedstryd in Wellington teen Nieu-Seeland speel ná die nederlaag in Auckland. Dit sluit in ‘n nuwe skakelpaar – Cobus Reinach en Sacha Feinberg-Mngomezulu – ‘n nuwe senterpaar – Damian Willemse en Canan Moodie – ‘n nuwe vleuel, Ethan Hooker, […]
Saara het lof vir Katolieke Vrouebeweging - September 8, 2025
Tydens die 25ste herdenking van die Namibiese Katolieke Vrouebeweging die naweek het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die beweging se belyning met nasionale pogings geprys om ongelykheid, geslagsgebaseerde geweld en armoede te bestry. Sy het beklemtoon dat hul werk regeringsbeleid versterk en grondwetlike waardes in aksie in gemeenskappe regoor die land omsit.
Mensehandel moet lewenslange tronkstraf kry - September 8, 2025
Cosatu sê hy ondersteun die oproep vir lewenslange tronkstraf vir sewe Chinese burgers wat skuldig bevind is aan mensehandel en kinderarbeid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle is in November 2019 in hegtenis geneem nadat ‘n gesamentlike klopjag 91 ongedokumenteerde Malawiese burgers, waarvan 37 kinders was, in ‘n fabriek in Village Deep, Johannesburg, gevind […]
Lungu se familie en regering in bemiddelde gesprekke - September 8, 2025
In Zambië kan ‘n deurbraak naby wees, aangesien die regering en die familie van wyle voormalige president Edgar Lungu bemiddelde gesprekke begin om ‘n langdurige dooiepunt oor sy begrafnisreëlings op te los. In ‘n gesamentlike verklaring het beide kante bevestig dat hulle ooreengekom het tot ‘n bemiddelingsproses wat daarop gemik is om staatsprotokolle te balanseer […]
Pa in Nieu-Seeland, wat in 2021 met kinders vlug, doodgeskiet - September 8, 2025
‘n Nieu-Seelandse pa wat vir byna vier jaar saam met sy drie kinders op vlug was, is vandag deur die polisie doodgeskiet en die kinders is almal veilig. Tom Phillips het laat in 2021 saam met sy kinders, nou 9, 10 en 12 jaar oud, verdwyn in ‘n saak wat nasionale opslae gemaak het oor […]
Tannie Marie is amper daar - September 8, 2025
‘n Ouma van Rehoboth word 70, en stap 70 kilometer dwarsdeur Namibië om bewustheid oor kinderkanker te skep. Marie Beukes, liefdevol bekend as Tannie Marie, vier haar mylpaalverjaarsdag met ‘n reis wat haar reeds oor berge, langs kuslyne en deur valleie geneem het. Met net 20 kilometer oor, is sy gereed om haar sending in […]
Begroting vir onderwystoerusting nie naastenby genoeg nie - September 8, 2025
Die Tender Bulletin berig dat terwyl meer as helfte, 285 miljoen Namibiese dollar van die 511 miljoen dollar begroting vir meubels en toerusting aan onderwys toegeken is, bly die uitdagings uiters groot. Verskeie streke, insluitend Zambezi, Oshana en Omusati, ervaar ‘n algemene en voortdurende tekort aan skoolmeubels. By net Alufeya Sampofu Gekombineerde Skool in Zambezi […]