Groenskemas: Ontbinding van Agribusdev verwelkom - September 8, 2025

Die bespreking rondom die land se groenskemas duur voort. Die landboukundige Wallie Roux glo dat die ontbinding van Agribusdev, weens langdurige finansiële probleme en wanbestuur, ‘n stap in die regte rigting was. Dit baan moontlik die weg vir die herlewing en uitbreiding van die groenskemas. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Roux die […]

Read More

Nekundi stel nuwe RA-raad aan, verwag innovering, ontwikkeling - September 8, 2025

Die Paaie-owerheid het ‘n nuwe leierskapspan. Die vervoerminister, Veikko Nekundi, het ‘n tydelike raad van direkteure vir ‘n tydperk van ses maande aangestel, met Martin Kambulu aan die stuur en dr. Selma Karuaihe as adjunk. Nekundi sê die aanstellings is strategies en is daarop gemik om innovasie te bevorder en nasionale ontwikkeling te versnel.

Read More

Amerikaners se voorliefde vir kapitalisme kwyn - September 8, 2025

Amerikaners is meer positief teenoor kapitalisme as sosialisme, maar die 54 persent wat kapitalisme gunstig beskou, is af van 60 persent in 2021. Die jongste Gallup-peiling toon dat Amerikaners bly meer negatief, 57 persent, teenoor sosialisme. Demokrate en onafhanklikes beskou kapitalisme vanjaar minder positief, en toon elk ‘n daling van agt persentasiepunte sedert 2021. Republikeine se sienings […]

Read More

Geletterdheidsdag: So lyk dinge plaaslik - September 8, 2025

Dis vandag Internasionale Geletterdheidsdag waarop die belangrikheid van geletterdheid om ʼn meer geletterde, vreedsame en volhoubare samelewing te skep, beklemtoon word. Vanjaar se tema is: Bevorder geletterdheid in die digitale era. In 2024 het minstens 739 miljoen mense wêreldwyd nie oor basiese geletterdheidsvaardighede beskik nie. Terselfdertyd het vier uit tien kinders nie basiese leesvaardighede gehad […]

Read More

Dagga-smouse by sokkertoernooi aangekeer - September 8, 2025

Twee mans is Saterdagmiddag tydens ‘n sokkertoernooi op ‘n plaas naby Anker in die Otjozondjupa-streek vasgetrek ná die polisie inligting ontvang het dat hulle glo dagga en onwettige sigarette smous. Hulle is met 80 ‘bankies’ dagga en sigarette in hul besit betrap. Die totale waarde van die onwettige buit was 850 Namibiese dollar.

Read More

SA se nuwe ontslag-kode bevoordeel werkgewers - September 8, 2025

Die Campaign to Scrap the Labour Law Amendment Bills sê hulle verwerp die promulgering van die nuwe Kode van Goeie Praktyk oor Ontslag deur die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth. Die woordvoerder van die Veldtog, Patrick Mlaba, sê die nuwe kode verskuif die magsbalans as grondslag ten gunste van werkgewers. Hy sê die […]

Read More

Ronaldo teken 140ste internasionale doel aan - September 8, 2025

Cristiano Ronaldo het sy 139ste en 140ste internasionale doele aangeteken toe Portugal Armenië die afgelope naweek met 5-0 geklop het in hul eerste wedstryd sedert die dood van Diogo Jota in ‘n motorongeluk in Julie. ‘n Minuut stilte is gehou voor die Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryd en baniere was te sien rondom die Vazgen Sargsyan Republikeinse Stadion […]

Read More

Vee van N$288 600 by een boer gesteel - September 8, 2025

Veediefstal duur onverpoosd voort. Die polisie sê in die naweek misdaadverslag dat in die Shamwimbi-nedersetting in Kavango-Oos is ‘n verdagte in hegtenis geneem ná hy glo oor ‘n tydperk 26 beeste en 77 bokke sonder die medewete van die eienaar in verskillende transaksies verkoop het. Die totale waarde van die gesteelde vee beloop 288 600 […]

Read More

Ingryping nodig teen bendegeweld in Wes-Kaap - September 8, 2025

Die Activists and Citizens Forum sê die moorde in die Wes-Kaap, veral in Kaapstad, benodig dringende en drastiese ingryping om die lewens van onskuldige mense in bendegeteisterde gebiede te red. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, sê Suid-Afrikaners hoor amper elke week van massamoorde in townships in Kaapstad. Hy sê die regering moet oorweeg […]

Read More

WGO vra Taliban vir toestemming dat vroue ook hulp na aardbewing kan verleen - September 8, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Taliban-owerhede versoek om beperkings op Afghaanse vroulike hulpwerkers op te hef, sodat hulle kan reis en vroue kan help wat sukkel om toegang tot sorg te kry nadat ‘n kragtige aardbewing 2 200 mense in oostelike Afghanistan gedood het. Die WGO beraam dat ongeveer 90 persent van die mediese personeel in die […]

Read More