Twee Namibiese gholfspelers op pad na Sun City - September 8, 2025

Twee Namibiese gholfspelers het hulle plek oor die afgelope naweek in die King Price Internasionale Pare-toernooi verseker. Die toernooi vind aanstaande maand by Sun City in Suid-Afrika plaas. Francois Lottering het meer.

Read More

Twee minderjarige meisies die naweek verkrag - September 8, 2025

Twee minderjariges is die naweek in die Noorde verkrag. In die Ondangwa-omgewing is ‘n sesjarige meisie Vrydagmiddag vermoedelik deur ‘n 16-jarige beeswagter van Angola verkrag. Die slagoffer was besig om hul beeste uit bure se mahangu-veld te jaag toe die voorval plaasgevind het. Die verdagte is gearresteer. In die Oshivelo-area is ‘n 13-jarige San-meisie na […]

Read More

Wes-Kaapse regering, Wesgro sal boere ondersteun - September 8, 2025

Die DA in die Wes-Kaap het die aankondiging deur die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom dat die provinsiale regering, Wesgro en sy bedryfsvennote stappe doen om boere onder druk te ondersteun en werksgeleenthede te beskerm. Die DA se Noko Masipa sê dit volg die 30-persent-tarief op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na die […]

Read More

Buitelandse maatskappye moet Amerikaners aanstel, oplei – Trump - September 8, 2025

President Donald Trump sê dat buitelandse maatskappye Amerikaanse werkers moet aanstel en oplei en immigrasiewette moet respekteer, na ‘n klopjag in Georgia. Suid-Korea is op pad om sowat 300 Suid-Koreane op te tel wat na die klopjag aangehou is. Amerikaanse federale agente het Donderdag sowat 475 werkers by Hyundai se motorbattery-aanleg in Ellabell, Georgia, in […]

Read More

Verstappen gesels oor sy oorwinning in Italië - September 8, 2025

Max Verstappen van Red Bull het sy voorste wegspringposisie in die Italiaanse Grand Prix benut en daarmee vir die eerste keer sedert Mei eerste geëindig. Die McLaren-jaers, Lando Norris en Oscar Piastri, was onderskeidelik tweede en derde, met Charles Leclerc in die vierde plek vir Ferrari. George Russell van Mercedes het vyfde geëindig. Norris het […]

Read More

MTC sê oor opheffing van Aweh-limiete - September 8, 2025

MTC het amptelik alle intekeninglimiete op sy gewilde Aweh-pakkette opgehef. Kliënte kan nou soveel Aweh-pakkette koop en opstapel as wat hulle wil, ‘n skuif wat die maatskappy sê gedryf word deur kliënteterugvoer en diepgaande markanalise. Voorheen was gebruikers beperk tot slegs drie hernuwings en moes hulle wag totdat intekeninge verval het. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het […]

Read More

Tiener-swangerskappe moet tot nasionale pandemie verklaar word – ATM - September 8, 2025

Die ATM doen ‘n beroep op die regering om die tiener-swangerskapkrisis amptelik tot ‘n nasionale pandemie te verklaar, met onmiddellike toewysing van hulpbronne en aandag. Die party sê meer as 2 716 meisies tussen tien en 14 jaar oud het in net een jaar geboorte geskenk, en meer as 100 van hierdie gevalle is van […]

Read More

Kiëf-aanvalle bewys Putin soek nie vrede nie - September 8, 2025

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het Rusland se lugaanval die naweek op ʼn regeringsgebou in Kiëf veroordeel. In sy grootste lugaanval tydens die oorlog het Moskou 800 hommeltuie ontplooi en die eerste keer die regering se hoofgebou getref. Minstens vier mense is in aanvalle reg oor Oekraïne dood, insluitend ʼn baba en ʼn jong vrou. […]

Read More

Maanverduistering betower - September 8, 2025

Sterrekykers in talle wêrelddele, ook plaaslik, het Sondagaand ‘n seldsame algehele maanverduistering, bekend as ‘n “bloedmaan”, waargeneem. Die skouspel van 82-minute – een van die langste in ‘n dekade – het afgespeel toe die Aarde tussen die maan en die son ingeskuif het en sy skaduwee op die maan se oppervlak geval het. NASA sê […]

Read More

Gemengde uitslae vir Namibië in Good Government-indeks  - September 8, 2025

Namibië beklee die 90ste plek uit 120 lande in die 2025 Chandler Good Government-indeks. Die sterkste pilaar is Robust Laws and Policies, 49ste, en die swakste is Helping People Rise, 103de. Die bes presterende subkomponente is die aanspreek van geslagsgapings in ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, 7de, gevolg deur prysstabiliteit, 24ste. Gebiede wat die algehele telling […]

Read More