Gru-moord op eenjarige meisie - September 8, 2025
‘n Eenjarige dogtertjie is Vrydagmiddag in die Uukuvu-nedersetting in die Okahao-kiesafdeling dood ná ‘n vyfjarige seuntjie haar verskeie kere met stukke van ‘n gebreekte baksteen oor die kop geslaan het. Die kleuter was alleen by ‘n buurhuis in die sorg van die verdagte en ‘n nog ‘n sewejarige kind gelaat. Die polisie ondersoek ‘n saak […]
Popcru vra aksie teen polisie-moorde - September 8, 2025
Die Polisie- en Gevangenissevakbond, Popcru eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. Popcru-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê Popcru eis ‘n dringende praktiese transformasie van polisiëringsomstandighede in […]
Alcaraz palm sesde Grand Slam-titel in - September 8, 2025
Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die Italianer, Jannik Sinner, verslaan en sy tweede Amerikaanse Ope-titel gewen. Die Spanjaard het ʼn veelsydige vertoning gelewer om sy groot teenstander te verslaan en sy sesde Grand Slam-titel op te raap. Alcaraz is die tweede jongste man naas Bjorn Borg wat in die Ope-era ses major-titels in die mans-enkelspel […]
Marelize-rolprent toon potensiaal van mede-produksies - September 8, 2025
Die onlangse sukses van ‘My F*k, Marelize’ – die Afrikaanse film oor ’n Namibiese gesin – word gesien as ’n belowende aanduiding van die potensiële sukses van medeproduksies tussen Suid-Afrika en Namibië. Die film het reeds meer as een miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Suid-Afrikaanse loket verdien en is tans boaan die lys van gewildste […]
Chinese sake-eienaars sê hulle dra baie by - September 8, 2025
Luidens ‘n verslag deur Chinese besighede in die land, is 10 515 Namibiërs in die diens van Chinese sake-eienaars. Plaaslike media berig vanoggend die verslag dui aan dat die maatskappye mededingende salarisse en voordele bied, insluitend medies en ‘n veilige werksomgewing. Belasting van Chinese maatskappye het ook van 10,8 miljard Namibiese dollar in 2020 gestyg […]
Namcor gesels met noordelike gemeenskappe die week - September 8, 2025
Openbare konsultasies oor Namibië se nasionale konsepbeleid vir plaaslike inhoud in die stroomop-petroleumsektor duur vandeesweek voort, met sessies in Rundu vandag, Nkurenkuru op Woensdag en Katima Mulilo op Vrydag. Die beleid is daarop gemik om plaaslike deelname in die olie- en gassektor te bevorder deur vaardigheidsontwikkeling en werkskepping. Namcor se woordvoerder Paulo Coelho het met […]
Unam buig sy eie reëls sê LPM-jeugkommando - September 8, 2025
Politieke spanning styg weer by die Universiteit van Namibië, waar Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, toegelaat is om by ‘n studentegeleentheid te praat, ten spyte van ‘n voortgesette kampuswye verbod op politieke aktiwiteite. Die universiteit sê die geleentheid was in ooreenstemming met sy reëls, maar kritici, insluitend die LPM-jeugkommando, sê Unam buig die reëls vir […]
‘Mushroom murderer’ sit minstens 33 jaar - September 8, 2025
Die Hooggeregshof in Victoria het ʼn Australiese vrou, Erin Patterson, drie lewenslange vonnisse opgelê en sy mag eers na 33 jaar vir parool in aanmerking kom. Sy is in Julie skuldig bevind aan die moord op drie persone. Sy het in 2023 ʼn maaltyd van bief-wellington met giftige sampioene aan die ouers, oom en tante […]
Recon verwag eerste uitslae teen einde van die jaar - September 8, 2025
ReconAfrica het bestendige vordering bevestig met sy Kavango Wes 1X-eksplorasieboorput in Namibië, wat nou verder as 1 900 meter boor. Uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê die put is op koers om die belangrike Otavi-reservoirsone teen Oktober binne te gaan – ‘n belangrike stap in die evaluering van die streek se petroleumpotensiaal. In gesprek met Proactive […]
Cosatu het groot kommer oor afleggings - September 8, 2025
Cosatu sê hy is diep bekommerd oor die afleggings wat onlangs in verskeie sektore in Suid-Afrika aangekondig is. Die vakbond het onder andere verwys na Ford se plan verlede week om 470 poste te sny. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het ook na ArcelorMittal Suid-Afrika verwys, wat besluit het om teen die einde van September […]