Israel teiken wolkekrabber in Gazastad - September 8, 2025

Die Israelse weermag het nog ‘n wolkekrabber in Gazastad vernietig, die tweede groot gebou die afgelope twee dae. Die minister van Verdediging, Israel Katz, het ‘n video op X geplaas van die gebou wat ineenstort, met die opskrif: “Ons gaan voort”. Die weermag, wat sy operasies in Gaza uitgebrei het, sê die Sussi-toring word deur […]

Read More

Eerste minister van Japan bedank, voor stemmery - September 8, 2025

Japan se eerste minister, Shigeru Ishiba, het ná minder as ‘n jaar in die rol bedank, ná twee groot verkiesingsnederlae. Die stap kom ‘n dag voor sy Liberale Demokratiese Party na verwagting sou stem oor of ‘n interne leierskapstemming gehou moet word wat hom kon gedwing het om uit te tree. Die LDP het Japan vir […]

Read More

Grand Prix: Verstappen spog met nuwe rekord op Monza - September 7, 2025

Max Verstappen van die Red Bull-span het vir ‘n verstommende voorste wegspringplek in die Italiaanse Grand Prix gekwalifiseer en ‘n nuwe ronde-rekord op Monza opgestel. Hy het die McLaren-duo geklop, met Lando Norris wat tweede gekwalifiseer het en die kampioenskaps-voorloper Oscar Piastri derde. Ferrari se Charles Leclerc sal tot groot vreugde van die tuisskare vierde […]

Read More

Air Canada-vlugkelners verwerp loonaanbod - September 7, 2025

Air Canada-vlugkelners het Saterdag oorweldigend teen die lugredery se jongste loonaanbod gestem. Hul vakbond sê die stemming sal na verwagting geen uitwerking op vlugbedrywighede hê nie. Die voorlopige ooreenkoms, wat ‘n staking by die lugredery verlede maand beëindig het, sluit in ‘n salarisverhoging van 12 persent vanjaar vir die meeste junior vlugkelners en ‘n verhoging […]

Read More

Bek-en-klou versprei in Vrystaat - September 7, 2025

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het bevestig dat nege nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die provinsie aangemeld is. Dit bring die totaal van bevestigde gevalle op sewentien te staan. Die departement sê die Vrystaat het vier verskillende uitbrekings in die Moqhaka-, Metsimaholo- en Mafube-plaaslikemunisipaliteite. Die departement sê twee gemeenskaplike weidingsgebiede is deur […]

Read More

Vanaand is bloedmaan, maanverduistering - September 7, 2025

Namibiërs kry vanaand die kans om ‘n besondere verskynsel in die nagruim te sien – die sogenaamde bloedmaan tydens die maansverduistering. Die rooi kleur word veroorsaak deur stofdeeltjies in die aarde se atmosfeer. Professor Pieter Meintjies van Bloemfontein Universiteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Read More

Algerië oliementor vir Namibië - September 7, 2025

Algerië gaan sy kennis van olie en gas met Namibië deel om die sektor plaaslik te help ontwikkel. Algerië, een van die grootste olieprodusente in Afrika, gaan help met kapasiteitsbou en tegniese opleiding. Dié onderneming spruit uit ‘n ontmoeting tussen Namibië se adjunkpresident Lucia Witbooi en Algerië se energieminister, Mohamed Arkab, tydens haar besoek aan […]

Read More

Tshwane kry interdik teen opveil van eiendom - September 7, 2025

Die Stad Tshwane sê hy het die Noordwes-Behuisingskorporasie suksesvol verbied om stadseiendomme in Mabopane, noord van die stad, op te veil. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die stad het die Hooggeregshof in Pretoria genader nadat die korporasie ‘n advertensie geplaas het van ‘n grootmaatverkoping van meer as 400 gemengde gebruikseiendomme op ‘n aanlyn […]

Read More

EU slaan Google met reuseboete - September 7, 2025

Google is deur die EU met 2,95 miljard beboet vir die beweerde misbruik van sy mag in die advertensietegnologiesektor – die tegnologie wat bepaal watter advertensies aanlyn geplaas moet word en waar. Die Europese Kommissie het Vrydag gesê die tegnologiereus het mededingingswette oortree deur sy eie produkte te bevoordeel vir die vertoon van aanlynadvertensies, tot nadeel […]

Read More

Curriebeker: WP vier eerste oorwinning van seisoen - September 7, 2025

Die WP het die Boland Kavaliers Saterdag by die Kaapstad-stadion met 40–22 geklop vir hul eerste oorwinning van die seisoen, terwyl die Goue Leeus die voorlopers Griekwas met 37–7 op Ellis Park getroef het. Op Loftus Versfeld het die Blou Bulle ‘n vasberade Vrystaat Cheetahs met 35–31 afgeweer om hul wentog te behou. Die naweek […]

Read More