Namibië teiken eerste salmoes in 2027 - September 7, 2025
Indien alles volgens plan verloop, sal Namibië se eerste salm-oes in 2027 geskied. Die African Aquaculture Company en die AKVA Group het ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit om die eerste kommersiële salmplaas naby Lüderitz te ontwikkel. Dit sal een van die grootste akwakultuur-ondernemings in die suidelike halfrond wees, met ‘n produksielisensie vir 51 000 ton salm wat toegeken […]
Eiendomsregte in SA by kritieke keerpunt, sê TLU - September 7, 2025
In die buurland sê die landbou-organisasie TLU SA eiendomsregte in Suid-Afrika het ‘n kritieke keerpunt bereik. Bennie Van Zyl van TLU SA sê die ideologiese ontmaskering van president Cyril Ramaphosa se benadering tot die herverdeling van grond, soos onlangs in Harare onthul is, het die regering se geloofwaardigheid in hierdie saak onherroeplik skade berokken. Hy […]
Rusland val kabinetsgebou in Kiëf aan - September 7, 2025
Die Oekraïense premier Yulia Svyrydenco het amptelik bevestig dat die kabinetsgebou in Kiëf vroeg vanoggend in die Russiese aanval beskadig is – die eerste keer dat die gebou getref is. Die lugmag berig dat ‘n rekordgetal hommeltuie en missiele deur Rusland in die jongste nagtelike aanval gelanseer is – meer as 800 in totaal. Volgens […]
Tennis: Aryna Sabalenka wen Amerikaanse Ope - September 7, 2025
Wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus het Amanda Anisimova Saterdag oorrompel, om haar Amerikaanse Ope-kroon te verdedig en haar Amerikaanse mededinger in skoon stelle verslaan om die vierde Grand Slam-titel van haar loopbaan te beklink. Sabalenka het Anisimova se wankelrige afslaanspel genadeloos aangeval om ‘n oorwinning in twee stelle op die Arthur Ashe-stadion te behaal, wat […]
Polisie trek 178 oor dwelms vas - September 7, 2025
Die polisie het verlede maand beslag gelê op meer as 211 kg dagga. Ander dwelms wat gekonfiseer is, sluit in 1 062 Mandrax-pille, 32 gram kokaïen, 730 crack kokaïen en 16 aborsiepille. Altesaam 181 mense is in verband hiermee in hegtenis geneem, waarvan 178 Namibiërs is. Ander verdagtes kom uit Angola, Suid-Afrika en Zambië.
UWK speel sleutelrol in stryd teen Ebola - September 7, 2025
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy speel ‘n sleutelrol in die vasteland se optrede teen die jongste Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die uitbreking, wat in die Kasai-provinsie bevestig is, het reeds 15 lewens geëis, met 28 vermeende gevalle wat in die Bulape- en Mweka-gesondheidsones […]
Salarispakket van ‘n triljoen aan Tusk beloof - September 7, 2025
Tesla-baas Elon Musk sal ‘n salarispakket van meer as een triljoen Amerikaanse dollar ontvang as hy ‘n lys van ambisieuse teikens oor die volgende dekade bereik. Om die pakket te kry, sal Musk, reeds die wêreld se rykste persoon, Tesla se waarde agtvoudig moet verhoog, ‘n miljoen kunsmatige intelligensie-robotte moet verkwansel, nog 12 miljoen Tesla-motors moet verkoop […]
Rugby: Springbokke stel teleur teen All Blacks - September 7, 2025
Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om ‘n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan, en […]
Namibië, Botswana se planne vir olieraffinadery vorder - September 7, 2025
Namibië en Botswana vorder fluks met ‘n lewensvatbaarheidstudie oor ‘n oorgrens-olieraffinadery, met Walvisbaai en Ghanzi wat as moontlike liggings beskou word. Voorlopige aanduidings dui op n totale belegging van meer as 70 miljard Namibiese dollar. Carlo McLeod, adjunkhoof van die stroomop-petroleum-eenheid in die Namibiese presidensie, sê dié syfers al sal eers bevestig kan word ná […]
SA kry nóg ‘n nuwe politieke party - September 7, 2025
Die Mayibuye-raadplegingsproses het amptelik na ‘n politieke party oorgeskakel met die bekendstelling van die Afrika Mayibuye Movement. Onder leiding van die uitgeskopte sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, poog die nuwe beweging om onafhanklik te wees en gemeenskappe, vakbonde en burgerlike groepe te verenig. Shivambu het op ‘n nuuskonferensie gesê die beweging verwelkom lede van […]