FNCC hou EU-uitstalling - October 28, 2025
Die Europese Unie se Nasionale Instituut vir Kultuur open Vrydag die uitstalling “Solarpunk: ‘n Storie van Sand en Energie” by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek. Die uitstalling bevat nuwe werke deur die Namibiese kunstenaar Vitjitua Ndjiharine en die Spaanse kunstenaar Rocío Asensi, wat tydens ‘n gesamentlike verblyf in Swakopmund ontwikkel is. Die Goethe-instituut se woordvoerder, […]
NNN oortree Grondwet om haarself as energieminister aan te stel - October 28, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah loop deur onder kritiek nadat sy haarself aangestel het as minister van energie na sy Natangwe Ithete afgedank het. Ingevolge die Grondwet kan sy dit nie doen nie. Die Namibiese Grondwet bepaal uitdruklik dat die kabinet sal bestaan uit die president, die eerste minister en ander ministers wat die president uit die […]
Cosatu ondersteun Zim-vakbonde oor Grondwet-aanpassing - October 28, 2025
Vakbondfederasie Cosatu het sy steun aan die Zimbabwiese Kongres van Vakbonde belowe om pogings te verwerp om president Emmerson Mnangagwa se ampstermyn te verleng. Die federasie sê pogings om die Grondwet te verander is ‘n bedreiging vir demokrasie, goeie regering en die oppergesag van die reg. Zanele Sabela van Cosatu sê die stryd van Zimbabwiese […]
Biden sê Amerikaners moet bly glo - October 28, 2025
Oudpresident Joe Biden van Amerika het sy landgenote aangemoedig om optimisties te bly oor wat hy die donker dae onder Donald Trump se streng presidentskap noem. Die 82-jarige Biden het in Boston gepraat nadat hy die Lewensprestasietoekenning van die Edward M. Kennedy-instituut ontvang het. Hy het die eerste keer in die openbaar gepraat sedert hy […]
Verpolitisering van data hou ernstige bedreiging in - October 28, 2025
Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê die verpolitisering van ekonomiese data kan ernstige gevolge vir wêreldekonomieë inhou. Hy waarsku wanneer statistieke nie geloofwaardig of onafhanklik is nie, sukkel regerings om doeltreffend te beplan, sakevertroue gaan verlore en burgers word mislei. Die buro noem probleme in Amerika, China en die Verenigde Koninkryk, waar inmenging en onderbefondsing […]
DBV se Animals by Night op 6 November vanjaar - October 28, 2025
Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek bied sy jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid, Animals by Night, op 6 November by die nuwe FNB-krieketveld in Olympia aan. Vanjaar se tema, Paws and Posh Masquerade, beloof ‘n elegante aand met ‘n optrede deur Riaan Smit, ‘n stilveiling en ‘n Art Slam deur Namibiese kunstenaars. Die geleentheid ondersteun die Dierebeskermingsvereniging Windhoek se belangrike […]
Dinge lyk baie goed vir die reënseisoen - October 28, 2025
Die jongste ENSO-voorspellings toon dat La Nina tans domineer, op ongeveer 80 persent tans wat tot Desember sal duur met ‘n geringe daling na 70 persent vir November, Desember en Januarie. Die stelsel verswak verder na 40 persent na Februarie en Maart maar, La Nino bly laag, onder 10 persent. Teen Maart, April en Mei, […]
Dinge lyk nie goed vir November se brandstofprys nie - October 28, 2025
Dis byna die einde van die maand en die komitee wat oor die brandstofpryse besluit, gaan Donderdag vergader om November se pryse te bepaal. Die aankondiging kan moontlik Vrydag verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat sê die VSA se sanksies teen twee Russiese oliemaatskappye gaan nie die olieprys […]
MVA bestee N$325m jaarliks aan mediese uitgawes - October 28, 2025
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds betaal gemiddeld 325 miljoen Namibiese dollar per jaar uit, met ongeveer 200 miljoen dollar wat aan mediese uitgawes vir padongelukslagoffers bestee word. Die uitvoerende hoof, Rosalia Martins-Hausiku, sê die besteding weerspieël beide die omvang van Namibië se padveiligheidskrisis en die behoefte aan voorkomende belegging in die land se gesondheidsorgstelsel. Namibië toon steeds […]
Jamaika staal homself vir Orkaan Melissa - October 28, 2025
Jamaika se eerste minister, Andrew Holness, waarsku dat Orkaan Melissa, wat die eiland vandag sal bereik, ʼn aansienlike uitwerking op die streek kan hê. Die skaars Kategorie 5-storm bereik winde van byna 260 kilometer per uur, wat dit vanjaar die sterkste storm op aarde maak. Minstens drie mense is in Haïti dood terwyl Melissa stortreën […]