Rugby: Springbokke buig knie voor All Blacks - September 6, 2025
Bok-aanhangers is teleurgesteld ná die Springbokke vanoggend nie die mas teen die All Blacks kon opkom in die 3de ronde Rugbykampioenskap-kragmeting op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland nie. Die eindtelling was 24-17. Die All Blacks was ná 24 minute reeds 14-3 voor. Die laaste keer dat die Springbokke die All Blacks op Eden Park geklop het, […]
Bek-en-klou: Namibië op hoë gereedheidsgrondslag - September 6, 2025
Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag namate ‘n ernstige bek-en-klouseer-uitbreking deur Suid-Afrika versprei, met meer as 270 gevalle wat in vyf provinsies aangemeld is. In reaksie hierop het die plaaslike Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste reisregulasies verskerp en die invoer van alle produkte van gesplete hoefdiere sonder ‘n veeartsenykundige invoerpermit verbied. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 […]
Eskom verwag geen beurtkrag in somer - September 6, 2025
Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê geen beurtkrag word voorspel in Eskom se somervooruitsigte vanaf 1 September tot 31 Maart volgende jaar nie. Die stelsel het nou vermoë van 15 000 megawatt, wat meer ruimte as die vorige drempels bied. Ramokgopa prys Eskom-personeel vir die ommeswaai, maar merk op sekere huishoudings sal […]
Fed-inmenging groot gevaar vir wêreldekonomie - September 6, 2025
Die hoof van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, het gewaarsku indien president Donald Trump die onafhanklikheid van die Amerikaanse Federale Reserweraad sou ondermyn, dit ‘n baie ernstige gevaar vir die wêreldekonomie sal inhou. Die Federale Reserweraad se taak is hoofsaaklik om werk te bevorder, pryse stabiel te hou en rentekoersbeleide in te stel. Trump […]
Rugby: Vroue kry meer beroepsfanchises in SA - September 6, 2025
Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Swys de Bruin sê talle planne lê volgende jaar voor vir vrouerugby in Suid-Afrika, insluitend meer beroepsfranchises. Die Bulle Daisies is tans die enigste een. De Bruin sê die gaping tussen mans- en vrouespanne is steeds reusagtig groot. Die gewese nasionale vroueafrigter, Stanley Raubenheimer, glo Suid-Afrika het ‘n goudmyn wat […]
Franse wynmaker in tronk oor vervalste sjampanje - September 6, 2025
‘n Franse wynmaker is tronkstraf opgelê omdat hy vervalste sjampanje gemaak en verkoop het. Didier Chopin het honderde-duisende bottels van die drank verkoop. Hy’t dit gemaak van druiwe uit Spanje en die suide van Frankryk en geure en gas bygevoeg om dit te laat borrel. ‘n Hof in die grootste stad in die Champagne-streek, Reims, […]
Saldanha kry groot bergingsaanleg, pyplyn - September 6, 2025
Die energiereguleerder, Nersa, het Cape Ocean Terminals se aansoek vir ‘n lisensie goedgekeur om ‘n petroleumbergingsaanleg en pyplyn in Saldanha, in die Wes-Kaap, te bou. Die ontwikkeling, bekend as Projek Albatros, sal in fases bekendgestel word, met ‘n algehele potensiële kapasiteit van 390 000 kubieke meter brandstof. Charles Hlebela van Nersa sê die projek sal infrastruktuurbelegging ‘n […]
Huldeblyke stroom in vir wyle Ras Sheehama - September 6, 2025
Huldeblyke vir Namibië se musiek-ikoon Ras Sheehama, wat sy eie lewe geneem het, stroom in. Volgens die polisie is Sheehama se liggaam Vrydagoggend in ‘n huis in Windhoek gevind. Daar was ‘n selfdoodbrief en die polisie vermoed geen vuilspel nie. As ‘n baanbrekersfiguur in Namibiese musiek, sal Sheehama onthou word vir sy unieke samesmelting van […]
My F*k, Marelize gewildste fliek in SA - September 6, 2025
My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent dit kon regkry. MultiChoice, vervaardigers […]
Ramaphosa ignoreer krisis in vervolgingsgesag, sê DA - September 6, 2025
Die DA het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy die dissiplinêre ondersoek na die geskorste Suid-Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andrew Chauke, vertraag het. Chauke, wat onder oudpresident Jacob Zuma aangestel is, het volgens berigte polities-verbonde figure beskerm. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê 45 dae het verloop sedert Chauke se skorsing, maar geen ondersoek […]