Trump in sy noppies met oorlogsnaam - September 6, 2025

Amerika se president Donald Trump het Vrydag ‘n uitvoerende bevel in die Withuis geteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog verander. Amerikaanse media verwag dit sal nagenoeg een miljard Amerikaanse dollar kos om die name te verander van honderde agentskappe, embleme, e-posadresse en uniforms. Trump het die volgende oor […]

Read More

Motorsport: Grand Prix nog tot 2035 op Monaco-baan - September 6, 2025

Formule Een het aangekondig dat die Monaco Grand Prix tot 2035 by die baan aangebied sal word. Die ikoniese wedren langs die Middellandse See is al deel van Formule Een sedert die eerste seisoen in 1950. Die uitvoerende hoof en president van Formule Een, Stefano Domenicali, sê dit is ‘n beroemde wedren en is geliefd […]

Read More

Zambezi-raad skors streekshoof - September 6, 2025

Die Zambezi-streekraad het Vrydag die hoofstreeksbeampte, Regina Ndopu-Lubinda, geskors hangende ‘n interne ondersoek ná sy verlede maand deur die Teenkorrupsie-kommissie vasgetrek is vir beweerde bedrog van 1,2 miljoen Namibiese dollar. Sy sal steeds haar volle salaris en voordele verdien. Ndopu-Lubinda staar saam met Ivenne Kabunga en Solo Mutelo klagte van korrupsie by die Zambezi-waterfront Toerismepark […]

Read More

‘SA gesinne moet kies tussen kos en krag’ - September 6, 2025

Die DA sê die Mededingingskommissie se verslag oor lewenskoste bevestig die ANC het sedert 2020 ‘n mislukte elektrisiteitsbeleid gedryf met pryse wat met 68 persent opgegaan het, meer as dubbeld dié van inflasie. Die party voer aan gesinne word gedwing om tussen kos en elektrisiteit te kies. Die DA-lid, Kevin Mileham, vra vir ‘n nuwe […]

Read More

Gewilde Hertogin van Kent sterf - September 6, 2025

Buckingham-paleis het aangekondig dat die Hertogin van Kent in die ouderdom van 92 gesterf het. Volgens ‘n verklaring is sy Donderdagaand vreedsaam in Kensington-paleis dood, omring deur haar familie. Die hertogin, Katharine, was die oudste lid van die koninklike familie, getroud met Prins Edward die Hertog van Kent en ‘n niggie van wyle Koningin Elizabeth […]

Read More

Sokker: Brave Warriors delf onderspit teen Malawi - September 6, 2025

Namibië se Fifa-wêreldbekerdrome het Vrydag ‘n groot terugslag beleef toe die Brave Warriors hul wedstryd teen Malawi in Botswana met 2-1 verloor het. Die Warriors se volgende uitdaging wag Dinsdag op hulle wanneer Namibië teen São Tomé en Príncipe te staan kom. Afrigter Collin Benjamin het Vrydag ná die wedstryd met die media gepraat:

Read More

Veldbrande woed in Kunene, Khomas  - September 6, 2025

Verskeie veldbrande woed op verskillende plekke in die land. Die brand in die Kunene-streek, wat reeds ‘n paar dae onstuitbaar is, het Vrydagnag die pad tussen Khorixas en Outjo bereik. In Khomas is veldbrande Vrydagoggend op die plase Nauams, Neu-Franken en Morgenroth aangemeld. Volgens die Facebook-groep, Veldbrande in Namibia, het vier plase in die omgewing […]

Read More

Trump-tariewe knak staalbedryf in SA  - September 6, 2025

Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4 persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders in die […]

Read More

Sewe mense in Engeland, Skotland van terrorisme aangekla  - September 6, 2025

Sewe mense in Engeland en Skotland, wat na bewering verbind word met die verbode groep Palestine Action, is van terrorisme-oortredings aangekla. Die polisie sê die beweerde oortredings sluit in die reël van openbare versetoptogte ter ondersteuning van die groep in Londen, Manchester en Cardiff, asook ‘n betoging in Londen vandag. Die Britse organisasie, Defend our Juries, sê die […]

Read More

Elvis Blue se speke sing Windhoek toe - September 6, 2025

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar en fietsryer Elvis Blue reeds byna die helfte van die roete van 1 500 km van Stellenbosch na Windhoek voltooi om skoolgeld vir kinders in Namibië en Suid-Afrika in te samel. Sy Vrydag op sy fiets het só verloop:

Read More