Copps 94.1: Padtekens, padwerke vang motoriste onkant - September 6, 2025

Motorongelukke in die hoofstad het Vrydagaand die meeste van die Copps 94.1-span se tyd in beslag geneem. Veral padtekens en paaie waaraan gewerk word, het motoriste onverhoeds betrap. Senior inspekteur Silas Shipandeni van die Namibiese polisie doen verslag:

Read More

Bende negejariges teister voorstad in KZN  - September 6, 2025

Reaction Unit South Africa het vier negejarige seuns in Hazelmere, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat ‘n vroue-inwoner hulle Vrydagoggend betrap het waar hulle by haar huis inbreek. Die seuns word in voorlopige ondersoeke verbind met ‘n reeks plaaslike inbrake by huise en snoepwinkels, met gesteelde goedere wat selfone, kontant en elektronika insluit. Owerhede ondersoek die saak, […]

Read More

A-pokke nie meer noodtoestand nie, sê WGO  - September 6, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê A-pokke verteenwoordig nie meer ‘n globale openbare gesondheidsnoodtoestand nie. Dit volg ná ‘n bestendige afname in gevalle en sterftes in die Demokratiese Republiek die Kongo en ander lande. Die organisasie het in Augustus 2024 ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar nadat ‘n tweeledige A-pokke-epidemie uitgebreek het, hoofsaaklik in die DRK. Die WGO-hoof Tedros Adhanom […]

Read More

Groot skolerugby-aksie in Windhoek  - September 6, 2025

Skolerugby in Namibië bereik vandag sy hoogtepunt vir die seisoen met die onder 19 Superliga-eindstryd tussen Windhoek Hoërskool en Privaatskool Moria van Outjo. Dit is net die derde keer sedert onderskeidelik 1971 en 1974 dat Outjo in die finaal speel. As hulle die knoop deurhaak, sal dit ‘n eerste triomf vir die dorp wees. WHS […]

Read More

Nanso prys 4% rente op Jeugfonds-lenings - September 5, 2025

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die lae rentekoers van 4 persent op lenings van die Nasionale Jeug-entrepreneurskapfonds verwelkom. Finansminister Ericah Shafudah het aangekondig dat die regering hierdie vaste koers as ‘n vorm van gerigte lenings bekendstel om jong entrepreneurs te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se president, Dorothea Nangolo, gepraat.

Read More

Kyk na polisie by veediefstalle, vra AfriForum - September 5, 2025

Die burgerregtegroep AfriForum vra ‘n nasionale ondersoek na die polisie se betrokkenheid by veediefstal. Dit volg ná die inhegtenisneming van Konstabel Siyabonga Cindi van die veediefstaleenheid op Standerton, wat beskuldig word van die diefstal van beeste ter waarde van 450 000 Suid-Afrikaanse rand. AfriForum het vorige veroordelings en inhegtenisnemings aangehaal van polisiebeamptes wat met veediefstal […]

Read More

Bokke fokus op wedstryd, nie geskiedenis by Eden Park - September 5, 2025

Rugby: Die hulpafrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, het hom nie veel gesteur aan die druk van ‘n toets op Eden Park nie en fokus op hulle voorbereiding vir die wedstryd môre teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap. Hy sê hulle gaan op die statistieke fokus en nie op die geskiedenis nie, omdat ‘n […]

Read More

Help CAN om kinderkanker te beveg en versag - September 5, 2025

Hierdie September roep die Kankervereniging van Namibië die nasie op tot aksie met hul “Geel en Goud vir Kinderkankerbewustheid”-veldtog. Volgens die Kankervereniging staar vyf Namibiese gesinne elke week die hartseer van ‘n kinder-kankerdiagnose in die gesig. Van kolwyntjieverkope tot gesinspretdae, is geleenthede regoor die land daarop gemik om fondse in te samel en hoop te […]

Read More

Dis Moria teen WHS in skolerugby-hoogtepunt - September 5, 2025

Moria Privaatskool sal probeer om hul sprokies-vertoning in die Namibië Sekondêre Skole-rugby ligas voort te sit wanneer hulle met Windhoek Hoërskool in die Onder-19 eindstryd kragte meet. Die Outjo-gebaseerde Moria, wat slegs sowat 170 leerlinge het, het Windhoek Gimnasium met 39-34 in verlede naweek se halfeindstryd geskok om hul plek vir die eerste keer in […]

Read More

Trump wil Departement van Verdediging na Departement van Oorlog verander - September 5, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump gaan vandag ‘n uitvoerende bevel onderteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog sal verander. Dit was die naam van die departement in die 1940’s. Volgens dokumente wat deur die BBC gesien is, is die doel daarvan om “krag en vasberadenheid uit te beeld”. Die […]

Read More