Sauma kap terug teen Aupindi oor uraanmynery - September 5, 2025
Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen ‘n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as ‘n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat waarsku teen katastrofiese risiko’s vir […]
Shaningwa prys Hawala tydens staatsbegrafnis - September 5, 2025
Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus’ Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.
Dorper-ram haal rekord N$320 000 op Stampriet-skouveiling - September 5, 2025
Die Stampriet-skouveiling van die NLA het twee nuwe Dorper-rekords opgelewer, te midde van ongekende belangstelling, ook uit die buiteland. ‘n Totaal van 700 stoetdiere word opgeveil, met 350 ooie en 350 ramme. ‘n Dorper-ram van Philip Strauss van Karasburg, genaamd Kholi, het ‘n rekordprys van 320 000 Namibiese dollar getrek. Die kopers is die Noord-Kaapse […]
Hamas-video wys twee gyselaars in Gazastad - September 5, 2025
Die gewapende vleuel van die Palestynse militante groep, Hamas, het vandag videomateriaal vrygestel wat oënskynlik twee lewende gyselaars wys wat gevange geneem is gedurende die aanval van 7 Oktober 2023 op Israel. Die videos is laat verlede maand in Gazastad geneem en wys ‘n gyselaar in ‘n motor wat deur ‘n woonbuurt met verwoeste geboue […]
‘Belegging’ video van eerste minister ‘n KI-bedrogspul - September 5, 2025
Die kantoor van die eerste minister waarsku die publiek teen ‘n video wat op sosiale media die rondte doen, wat valslik eerste minister Elijah Ngurare uitbeeld waar hy die publiek aanmoedig om by ‘n sekere geldmaakskema aan te sluit. Die video is met kunsmatige intelligensie gegenereer en totaal vals. Volgens die video is daar ‘n beleggingsplatform […]
Saftu briesend oor toenemende werkverliese - September 5, 2025
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê die werksverliese […]
Ebola-uitbreking amptelik in DRK-provinsie verklaar - September 5, 2025
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi, sê hulle is vasbeslote om […]
Topgekeurde mans steeds op koers na Amerikaanse Ope-finaal - September 5, 2025
Tennis: Die twee top-gekeurde mans is steeds op koers om mekaar Sondag te ontmoet in die eindstryd van die Amerikaanse Ope. Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz oorheers die spel op die oomblik en het saam die laaste sewe Grand Slam-toernooie gewen. Sinner speel in die halfeindronde teen die 25ste-gekeurde Kanadees Felix […]
Hersien skoolvoedingsprogram, sê IPC - September 5, 2025
Die amptelike opposisie IPC doen ‘n beroep op ‘n hersiening van die skoolvoedingsprogram nadat ‘n vermoedelike voedselvergiftigingvoorval meer as 30 leerders in Kavango-Oos in die hospitaal laat beland het. Dit volg op ‘n verslag van die onderwysminister, Sanet Steenkamp, wat die voorval by die Maria Mwengere Sekondêre Skool bevestig het. Die opposisie-parlementêre leier, Imms Nashinge, […]
Rooibos gee kurper-groei ‘n hupstoot - September 5, 2025
‘n Studie gelei deur die Walter Sisulu Universiteit het ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak by kurperkos verbeter die groei van visgetalle en voedingdoeltreffendheid aansienlik. Die proefneming het kommersiële viskos vergelyk met voeding wat met gegiste Rooibos van die bekende rooi of ongegiste groen Rooibos-ekstrak aangevul is. Die studieleier, professor Grace Okuthe, sê die […]