Westerse magte in Oekraïne sal wettige teiken wees: Putin - September 5, 2025
Die Russiese president Vladimir Putin waarsku dat enige Westerse magte wat in Oekraïne ontplooi word, ʼn wettige teiken vir Moskou se weermag sal wees. Dit volg ʼn dag nadat Kiev se bondgenote gesê het hulle sal soldate daarheen stuur indien ʼn vredesooreenkoms bereik word. Meer as 20 lande onder leiding van Frankryk en Brittanje het […]
Bokke, All Blacks druk ‘kontrasterende kleure’ ‘n pit - September 5, 2025
Rugby: Die Springbokke en die All Blacks het Wêreldrugby se versoek verwerp vir meer kontrasterende uitrustings in môre se verwagte rillerstryd in Auckland en verkies om in hulle tradisionele kleure te speel. Dit word beskou as respek vir ‘n jarelange tradisie, met die Bokke in hulle ikoniese Groen-en-Goud en die gashere in hul handelsmerk-swart uitrustings. […]
Braunfels-brand naby Khorixas woed voort - September 5, 2025
Veldbrande is steeds aan die gang naby Khorixas, met die Braunfels-gebied nou die middelpunt van kommer. Kunene-goewerneur Vipuakuje Muharukua het bevestig dat hoewel die vlamme rondom Fransfontein in bedwang gebring is, die brand in die Braunfels gebied oos en noord-oos versprei. Muharukua het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Namibiese lugmag addisionele ondersteuning ontplooi […]
VF Plus betreur uitwerking van bendegeweld op kinders - September 5, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis kommerwekkend dat onskuldige kinders in […]
Australiese Sakeraad se vrystellings-kostemodel kry kritiek - September 5, 2025
Die Australiese Sakeraad se kostemodel om vrystellings te bekamp, het kritiek ontlok. Die raad sê die land sal sowat nege-miljard-rand in kapitaal- belegging nodig hê, en dalk steenkool- en gasuitvoere moet inperk om teen 2035 ʼn vrystellingsteiken van 70-persent of meer te haal. Die Australiese Bewaringstigting sê die model is ʼn wanvoorstelling van die land […]
Daniel Levy van Tottenham tree uit na 25 jaar - September 5, 2025
Sokker: Tottenham Hotspur se uitvoerende voorsitter Daniel Levy het uitgetree na byna 25 jaar in die rol. Die 63-jarige, wat die Premier Liga se voorsitter met die langste diens is, het in Desember 2000 ‘n aandeel van Spurs by Alan Sugar gekoop. In sy dienstyd het Spurs die ligabeker gewen en meer onlangs, in Mei […]
Reggae-legende Ras Sheehama sterf - September 5, 2025
Musiekliefhebbers is in skok ná die nuus dat die Namibiese reggae-legende Ras Sheehama oorlede is. Hy was 59 jaar oud. ‘n Familielid het sy dood aan The Namibian bevestig. Sheehama se musiekloopbaan het oor dekades gestrek. Sy lirieke het veral op vrede, eenheid en sosiale regverdigheid gefokus.
Sokker: Brave Warriors in taai stryd teen Malawi - September 5, 2025
Namibië se nasionale sokkerspan draf om twee-uur vanmiddag uit teen Malawi in Francistown, Botswana in ‘n toernooi om vir die Fifa-wêreldbeker te kwalifiseer, ‘n mylpaal wat die Brave Warriors tot dusver ontwyk het. Afrigter Collin Benjamin deel sy verwagtinge oor vanmiddag se stryd:
Onderwysminister vat Amupanda in parlement vas - September 5, 2025
Onderwysminister Sanet Steenkamp het in die parlement beskuldigings van die AR-beweging se leier Job Amupanda betwis dat kinders in Kavango-Oos steeds onder bome skoolgaan. Amupanda het video’s aanlyn gedeel waar leerders in Ndama onder bome sit vir klasse. Steenkamp het verduidelik dat daar vyf sulke onwettige skole in die dorp was, maar dat ‘n skool […]
Handelsbanke besig in mosiehof - September 5, 2025
Regters Lotta Ambunda en Hannelie Prinsloo het vanoggend se mosiehof sessies hanteer waar 50 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is met 11 op die reël 108-rol. Handelsbanke het 43 van die aansoeke gebring en eis 21 eiendomme op met uitstaande skuld van 31,8 miljoen Namibiese dollar, wat ‘n plaas insluit. Daar is ook 28 lenings met […]