Kommer oor walviskarkas in strandmeer - September 5, 2025

Die karkas van ‘n jong boggelrugwalvis wat in die Walvisbaai-strandmeer dryf, wek kommer en nuuskierigheid. Sterk noordewinde, wat Maandag die eerste keer naby die seiljagklub ervaar is, het die walvis die strandmeer ingestoot, waar dit sedertdien saam met die getye beweeg het. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit […]

Read More

Penda Naanda nuwe VN-ambassadeur - September 5, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die gesoute diplomaat, Penda Naanda, met onmiddellike effek as Namibië se ambassadeur en permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies aangestel. Naanda neem die plek in van Neville Gertze, wat nou die uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President is. 

Read More

Slenters teiken boere ál meer, sê NLU - September 5, 2025

Die Namibië Landbou-unie het lede gewaarsku om op hul hoede vir bedrogslenters te wees. Bejaarde boere en werkgewers word toenemend in alle streke geteiken, sê die NLU. Mense word geskakel deur individue wat hulself voordoen as prokureurs, polisielede of regeringsamptenare en dreig boere met lasbriewe vir beweerde misdrywe. In ruil daarvoor eis hulle betalings om […]

Read More

Gesondheid se geldkraantjie drup stadig in Gauteng - September 5, 2025

Die DA in Gauteng sê die gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae betaal en 2,447 miljard rand ná […]

Read More

Putin waarsku Weste teen ontplooiing in Oekraïne - September 5, 2025

Die Russiese president Vladimir Putin waarsku dat enige Westerse magte wat in Oekraïne ontplooi word, ʼn wettige teiken vir Moskou se weermag sal wees. Dit volg ʼn dag nadat Kiev se bondgenote gesê het hulle sal soldate daarheen stuur indien ʼn vredesooreenkoms bereik word. Meer as 20 lande onder leiding van Frankryk en Brittanje het […]

Read More

Staatskas té leeg vir hoër pensioene - September 5, 2025

Om staatspensioene na 2 000 Namibiese dollar per maand te verhoog, gaan die regering se begroting vir maatskaplike toelaes van 7 miljard dollar tot 9 miljard laat styg. Volgens die uitvoerende direkteur van die finansministerie, Michael Humavindu, is die staatskas onder druk en gratis tersiêre onderrig en werkskepping vir die jeug nou ‘n prioriteit. Die […]

Read More

ActionSA versoek dringende debat oor werkkrisis - September 5, 2025

ActionSA het gevra vir ‘n dringende debat oor Suid-Afrika se werkkrisis. Die sluiting van ArcelorMittal se langstaalaanleg bedreig 3 500 poste, terwyl afleggings by Ford, Goodyear, Glencore, en Merafe duisende werkers raak. Michael George van ActionSA moedig die parlement aan om ministers, vakbonde, bedryfsleiers, en betrokke werkers te betrek, wat ingrypings moet bespreek wat energiehervormings, […]

Read More

Rusland torring glo met Skandinawië se GPS - September 5, 2025

GPS-steurings oor die Baltiese See-streek het sedert 2023 skerp toegeneem. Die Sweedse Vervoeragentskap blameer Rusland. Die aantal voorvalle in die Sweedse lugruim het van 55 in 2023 gestyg tot 733 vanjaar. Die steurings sluit beide valse posisionering en die versteuring of ontwrigting van seine in. Die agentskap sê dit is ernstig en is ‘n veiligheidsrisiko […]

Read More

Fietsry: Namibië se Robiati oorstelp ná Badlands - September 5, 2025

Die Namibiese fietsryer Nabil Robiati het vroeg Donderdagoggend die uitmergelende Badlands-uithourit van 810 km in Spanje voltooi. Ná die bykans 91 uur wat dit hom geverg het om dié mylpaal by sy lys van vorige uithourit-suksesse te voeg, kon Robiati nie sy opgewondheid beteuel nie:

Read More

Sankwasa stel administrateur vir Katima aan - September 5, 2025

Die minister van streeksontwikkeling, James Sankwasa, het die voormalige parlementariër Marina Kandumbu as die administrateur van Katima Mulilo se dorpsraad aangestel. Kandumbu is sy verteenwoordiger en sal die dorpsraad se sake bestuur, het Sankwasa gesê. Die minister het die dorpsraad verlede maand ná beweerde ongeruimdhede ontbind. ‘n Nuwe dorpsraad sal tydens die streeks- en plaaslike […]

Read More