Grondhervorming tel spoed op in SA - September 5, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering versnel die Grondhervormingsprogram terwyl hy landbouproduksie en belegging in die grond ondersteun. Die adjunkpresident, wat voorsitter is van die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming en landbou, het die week ʼn oorsigbesoek aan die Wes-Kaap gebring. Mashatile sê as deel van die projek om staatsgrond oor te dra, is die departement […]

Read More

Washington-skieter pleit onskuldig - September 5, 2025

Die man wat beskuldig word van die moord vroeër vanjaar op twee werknemers van die Israelse ambassade in Washington, DC, het onskuldig gepleit. Die 31-jarige Elias Rodriguez het Yaron Lischinsky en Sarah Milgrim in Mei doodgeskiet toe hulle ʼn geleentheid by die Capital Jewish Museum verlaat het. Hy staan tereg op nege aanklagte, insluitend moord op ʼn […]

Read More

Gholf: Hollick jaag derde Sonskyn-titel vir die jaar - September 5, 2025

Die Suid-Afrikaner Michael Hollick het vyf onder baansyfer 65 in die tweede ronde van die Sunbet-uitdaging aangeteken om op nege onder baansyfer met een hou voor te loop by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Sy landgenoot Jacques de Villiers en Joe Knox van Engeland is albei een hou agter die voorloper op agt onder […]

Read More

Regering keelvol vir lui kontrakteurs - September 5, 2025

Die uurglas is leeg vir kontrakteurs wat sloer met regeringsprojekte, sê eerste minister Elijah Ngurare. Vertragings verhinder nasionale ontwikkeling en benadeel burgers van die land. Ngurare het Donderdag die opening van die Okakarara-handelskou waargeneem.

Read More

Honderde kinders in Wes-Kaap vermoor - September 5, 2025

Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein, Philippi-Oos, Delft, Nyanga en Mfuleni. […]

Read More

Wêreld verloor mode-ikoon - September 5, 2025

Internasionaal stroom huldeblyke in vir Giorgio Armani, die gevierde Italiaanse mode-ontwerper wat ‘n wêreldwye ryk gebou het, wat op 91-jarige ouderdom oorlede is. Hy het nie sy laaste drie vertonings in Junie en Julie bygewoon nie weens siekte. Hy sou na verwagting later vandeesmaand die 50ste bestaansjaarvieringe van die handelsmerk bywoon. Toe hy in ‘n […]

Read More

Krieket: SA se Matthew Breetzke stel rekord op - September 5, 2025

Suid-Afrika het Engeland met vyf lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Lord’s en is met ʼn 2-0-voorsprong onoorwonne in die reeks van drie wedstryde. Die speler van die wedstryd, Matthew Breetzke, het 85 van 77 behaal en bygedra tot die Proteas se telling van 330 vir agt. Breetzke is die eerste speler in eendagwedstryd-geskiedenis […]

Read More

Gesondheid in staatskole ‘n prioriteit, sê Steenkamp - September 5, 2025

Die veiligheid van leerders in staatskole is ‘n prioriteit vir die onderwysministerie, sê minister Sanet Steenkamp. Sy het Donderdag in die parlement terugvoering gegee oor die meer as 170 leerders van die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos wat vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het, waarvan 33 in die hospital beland het. Die oorsaak van die uitbreking […]

Read More

Onwettige vervoer van diere belemmer stryd teen bek-en-klou - September 5, 2025

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê pogings om bek-en-klouseer te bekamp en te beveg word belemmer deur mense wat diere onwettig vervoer. Die minister het Donderdag Rysmierbult buite Ventersdorp in Noordwes besoek om toesig te hou oor ʼn bees-inentingsveldtog. Daar is sowat 274 uitbrekings van die siekte in vyf provinsies met KwaZulu-Natal wat die […]

Read More

Oekraïne kry waarborge van 26 lande - September 5, 2025

Die Franse president Emmanuel Macron sê 26 lande het beloof om sekuriteitswaarborge aan Oekraïne te verskaf in geval van ʼn skietstilstand. Dit sluit die ontplooiing van soldate op land, see en lug in. Talle Europese lande soos Duitsland, Spanje en Italië het egter tot dusver geweier om hulle tot die verskaffing van soldate te verbind. […]

Read More