Curriebeker: Maak-of-breek naweek vir vyf spanne - September 5, 2025

Vyf spanne veg die naweek vir ‘n plek in die Curriebeker-kwarteindronde wanneer die laaste ronde-wedstryde plaasvind. Griekwas is bo-aan die punteleer, net vyf punte voor die vyfde-geplaasde Pumas, met Boland Kavaliers, die Leeus en Griekwas tussenin. Dit beteken ‘n bonuspunt-oorwinning vir die Pumas vanaand in Durban oor die Haaie, wat reeds uitgeskakel is, sal reusedruk […]

Read More

Waardetoevoeging krities vir AfCFTA, sê Witbooi - September 5, 2025

Visepresident Lucia Witbooi sê vir Namibië beteken die Afrika Kontinentale Vryehandelooreenkoms, of AfCFTA, meer as net die uitvoer van rumateriaal. Dit gaan oor waardetoevoeging, het Witbooi by die Intra-Afrika-handelskou in Algiers, Algerië gesê. Namibië was vroeër vanjaar een van eerste lande om die AfCFTA te benuttig toe 45 000 ton sout na Nigerië uitgevoer is.

Read More

Krieket: Namibië se vroue maak geskiedenis - September 5, 2025

Namibië is die eerste keer ooit verseker van ‘n plek in die ICC Vroue T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi ná die Capricorn Eagles Tanzanië Donderdagmiddag in Windhoek met agt lopies geklop het. Zimbabwe is ook deur na die uitduntoernooi ná hulle Uganda met vyf paaltjies oorwin het. Die Capricorn Eagles kom môremiddag om halfdrie in die hoofstad in […]

Read More

Veldbrand woed opnuut in Kunene - September 5, 2025

Dit brand opnuut in die Kunene-streek, met ‘n veldbrand wat in die Khorixas-Braunfels-omgewing woed. Volgens streekgoewerneur Vipuakuje Muharukua versprei die brand vinnig weens sterk wind en koers dit in die rigting van Damara Mopane. Muharukua het Donderdagaand met die NBC gepraat:

Read More

TotalEnergies wil Venus-lisensie verleng - September 5, 2025

TotalEnergies is besig om met die regering te onderhandel oor ‘n verlenging van hul eksplorasielisensie in die Venus-blok aflandig Namibië, het die oliemaatskappy se uitvoerende hoof, Patrick Pouyanne, Donderdag tydens die Barclays-energiekonferensie in New York gesê. TotalEnergies het vroeër vanjaar sy verwagtings vir die produksiekapasiteit van Venus verlaag en gesê ‘n finale beleggingsbesluit oor die […]

Read More

Vermiste seuntjies op Swakop opgespoor - September 5, 2025

Twee seuntjies van drie en vyf jaar onderskeidelik, wat sedert Woensdagoggend in Swakopmund vermis word, is Donderdag opgespoor. Hulle was in ‘n motorwrak op die erf van bure langs hul ouma se huis, waar hulle aanvanklik weggeraak het. Volgens die polisie is die kinders na die staatshospitaal op die dorp geneem om vir dehidrasie behandel te […]

Read More

Namibiese kinders baat ook by Ry vir Skoolgeld-veldtog - September 5, 2025

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in Windhoek eindig.

Read More

Als op dreef vir Grootfontein-skou - September 5, 2025

Vir die 114de agtereenvolgende jaar is die Grootfontein-skou gereed om kleur, kompetisie en gemeenskapsgees van 17 tot 19 September te bring. Met sterk inskrywings reeds vir beeste, kleinvee en perde, beloof vanjaar se geleentheid opwinding in elke ring. Die amptelike opening begin met ‘n sirkustema-vlotparade deur die dorp. Nita Pretorius, die skou se president, het […]

Read More

Honderde verdagtes in Noord-Kaap vasgetrek - September 5, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare prys Operasie Shanela Twee vir die inhegtenisneming van 308 verdagtes in die Noord-Kaap en sy beslaglegging op vuurwapens, dwelms en onwettige kontant. Die vakbond se woordvoerder, Steve Ledibane, sê hulle onderneem om hul samewerking aan die polisie te gee om staatsamptenare te beskerm, dienste te beveilig en vertroue in provinsiale veiligheid […]

Read More

Ebola breek weer in DRK uit - September 5, 2025

Minstens 15 is mense dood, insluitend vier gesondheidswerkers, in ‘n nuwe uitbreking van die Ebola-virus in die DRK. Dit is die 16de uitbreking van die dodelike virus in die DRK. Die jongste uitbreking is in die sentrale Kasai-provinsie, waar 28 vermeende gevalle aangeteken is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat hulle “met vasberadenheid optree om die verspreiding […]

Read More