Krieket: Skotland beklink wedstryd teen Namibië - September 5, 2025

In krieketnuus het Skotland Namibië Donderdag met 55 lopies in hul verkorte wedstryd in die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks in King City, Kanada geklop. Die FNB Eagles het 109 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 21.2 boulbeurte behaal. Skotland het 164 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 24 boulbeurte aangeteken. 

Read More

NSA verduidelik belang van streek-profielverslae - September 4, 2025

Die nuut vrygestelde streek-profielverslae van die 2023-sensus bied ‘n diepgaande insig in elk van die land se 14 streke. Die data, tot op kiesafdelingvlak, sal na verwagting ontwikkelingsbeplanning lei en help om dienste aan te pas by die unieke behoeftes van elke gemeenskap. Iipumbu Sakaria, korporatiewe kommunikasie-bestuurder by die Namibië Statistieke-agentskap, het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Parlement win regsadvies in oor SA Toerismeraad se ontbinding - September 4, 2025

Die parlement se portefeuljekomitee oor Toerisme sê hulle win regsadvies in oor die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het haar besluit om die raad te ontbind, verdedig en onwettige gedrag, prosedurele oortredings en roekelose finansiële bestuur as gronde vir ingryping aangehaal. Die minister word egter beskuldig dat sy […]

Read More

Harvard 1, Trump-administrasie 0 in befondsing-hofsaak - September 4, 2025

Harvard Universiteit het ‘n mylpaal-oorwinning bereik in sy stryd teen die Trump-administrasie toe ‘n federale regter in sy guns beslis het in sy aansoek om byna 36-miljard Namibiese dollar se federale befondsing vir navorsing terug te kry wat die Withuis bevries het. Die beslissing verwerp die administrasie se betoog dat hy die universiteit geteiken het […]

Read More

Tasneem Solomons wen 2de Wêreldmeesterstitel in snoeker - September 4, 2025

Die Wes-Kaapse Regering het Tasneem Solomons gelukgewens met die verowering van haar tweede Wêreldmeesterstitel in snoeker vir vroue by die Wêreld-agtbalsnoekerkampioenskappe in Ennis, Ierland. Tasneem, van Bonteheuwel, het ook ‘n Ministeriële Aanprysing by die 2024 Wes-Kaapse Sporttoekennings ontvang. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het haar toewyding en status as rolmodel geprys:

Read More

VN-Bevolkingsfonds bekommerd oor jong meisie-swangerskappe - September 4, 2025

Tydens vandag se Wêreldbevolkingsdag-herdenking in Windhoek het die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds kommer uitgespreek oor die toenemende aantal vroeë en onbedoelde swangerskappe in Namibië. UNFPA-verteenwoordiger Erika Goldson het die ernstige impak op jong meisies uitgelig – dit beperk hul geleenthede, versterk armoedesiklusse en bedreig hul gesondheid en toekoms.

Read More

Nedbank Citi Dash die naweek in nuwe baadjie - September 4, 2025

Die vyfde Nedbank Citi Dash vind Sondag in die hoofstad plaas by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion, in ‘n splinternuwe baadjie. Daar is ‘n nuwe roete asook ‘n dinamiese LiveExpo met vele uitstallers, wat Saterdag en Sondag oop sal wees vir die publiek. Meer as 2 400 deelnemers aan die wedloop is bevestig, en moet hul […]

Read More

IPC wil weet wat aangaan met nuwe nasionale lugredery - September 4, 2025

Die IPC-parlementslid Nelson Kalangula eis antwoorde van die vervoerminister, Veikko Nekundi, oor die ware status van die nuwe nasionale lugredery wat Air Namibia gaan vervang. Die regering het reeds 20 miljoen Namibiese dollar vir ‘n haalbaarheidstudie toegeken. Kalangula het in die Nasionale Vergadering gevra waarom die proses in geheimhouding plaasvind.

Read More

Privaatsektor moet help by groenskemas, sê Boere-unie - September 4, 2025

Terwyl die regering se groen skemas onder hernude fokus kom, sê die president van die Namibiese Nasionale Boere-unie, Adolf Muremi, dat die ware sleutel tot ‘n florerende landbousektor by die privaatsektor lê. Muremi voer aan dat daar nie van die regering verwag moet word om die sektor alleen te dra nie, en waarsku dat dit […]

Read More

Kommersiële banke se likiditeit daal skerp in Julie - September 4, 2025

Die likiditeit van Namibië se kommersiële banke het in Julie noemenswaardig gedaal, met die gemiddelde belange wat met 274,98 miljoen Namibiese dollar tot 5,80 miljard dollar verlaag het, sê die Bank van Namibië. Dit verteenwoordig die laagste likiditeitsposisie sedert September 2024, en het gedaal van 6,07 miljard dollar in Junie. Volgens die bank is die maand-tot-maand […]

Read More