NamPost sê jammer vir chaos, 64% betaal - October 28, 2025
NamPost het ‘n openbare verskoning aan maatskaplike toelae-begunstigdes en belanghebbendes uitgereik vir die ontwrigtings tydens die loodsfase van die nasionale maatskaplike kontanttoelae-betalings- en herregistrasieprogram. Met die bekendstelling van die nuwe betalingsmodel op 13 Oktober het baie ontvangers vertragings en logistieke uitdagings ondervind. NamPost sê 191 032 toelae, of 64 persent van die 299 637 kwalifiserende […]
Miltsiekte breek uit in Noord-Kaap - October 28, 2025
Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná ‘n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra boere om onmiddellik op te […]
Ouattara vat vierde termyn in Ivoorkus - October 28, 2025
Die president van die Ivoorkus, Alassane Ouattara, het ‘n vierde termyn verseker met ‘n beslissende herverkiesingsoorwinning. Volgens voorlopige uitslae wat deur die verkiesingskommissie aangekondig is, het die 83-jarige voormalige bankier 89,77 persent van die stemme gewen. Dit is sy derde agtereenvolgende beslissende oorwinning ná die veel nader verkiesing wat hom in 2011 aan bewind gebring […]
Lande sal nie toetree om vrede in Gaza af te dwing nie - October 28, 2025
Indien lande gevra word om vrede in Gaza af te dwing as hulle ingevolge die Trump-skietstilstandplan ontplooi word sal hulle weier, het koning Abdullah van Jordanië aan die BBC gesê. Dit weerspieël kommer van die VSA en ander nasies dat hulle in ‘n voortgesette konflik tussen Hamas en Israel, of Hamas en ander Palestynse groepe, […]
Meer as 22 600 San kry ID-dokumente - October 27, 2025
Namibië se pogings om staatloosheid en identiteitsdokumentasie aan te pak, maak vordering. Uit die 110 620 mense wat bygestaan is in die 2024 Mass Registration Outreach, is meer as 22 600 San-individue geregistreer en het dokumente uitgereik. Woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Margaret Kalo, het aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Kameroen se president, 92, wen verkiesing - October 27, 2025
Die president van Kameroen, Paul Biya, is vir ‘n agtste termyn herkies sedert sy bewind in 1982 begin het. Die Konstitusionele Raad het die 92-jarige amptelik as die wenner verklaar. Biya, wat nou die wêreld se oudste president is, het presidensiële termynbeperkings in 2008 geskrap en het aanhoudend herverkiesings gewen. Sy hoofuitdager, Issa Tchiroma Bakary, […]
Nuwe eienaars eis uitsetting van Mandela-kleinseuns by Houghton-huis - October 27, 2025
Die Iterele Investment Corporation en direkteure, Petrus Malindi en William Trengove, het die Hooggeregshof in Johannesburg versoek om te gelas dat Nelson Mandela se kleinseuns, Ndaba en Mbuso, die ontslape president se woning in Houghton moet ontruim. Die kleinkinders word in hofstukke versoek om die eiendom binne sewe dae te ontruim, met die polisie, balju […]
Alcaraz ‘fikser as ooit tevore’ - October 27, 2025
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy is in hierdie stadium van die seisoen fikser as ooit tevore. Die Spanjaard is gedwing om hom aan die Sjanghaise Meesterstoernooi te onttrek en het langer as drie weke afgeneem om sy linkerenkel te laat herstel. Hy speel hierdie week in die Paryse Meesterstoernooi. Alcaraz begin sy veldtog […]
CAN vier Pienk Vrydag met verkoping - October 27, 2025
Vrydag is amptelik Pienk Vrydag ter bewusmaking van borskanker. Die Kankervereniging van Namibië verkoop weer goedere aan die publiek om geld in te samel vir hulle doelwitte, wat insluit borskankerklinieke in elke streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende beampte van die vereniging, Rolf Hansen, wat meer inligting gee.
Witz Barbarians nuwe Ongos Valley Sewes-kampioene - October 27, 2025
Die Witz Barbarians, van Witzenberg in die Boland, is die nuwe Ongos Valley Sewes-kampioene nadat hulle Wanderers met 14-12 in die eindstryd verslaan het. Hulle het die trofee sowel as die wennersprys van 25 000 Namibiese dollar ontvang, terwyl Wanderers 18 500 dollar losgeslaan het. Grootfontein het derde gekom na hulle Kudus 33-22 in die […]