Kabelspoor-dodetal styg, Portugal in rou - September 4, 2025

Portugal het ‘n nasionale dag van rou aangekondig na die dodelike kabelspoorbaan-ongeluk in Lissabon. Minstens 17 mense is dood nadat ’n kabelspoorkar ontspoor het en ‘n gebou getref het. Meer as 20 ander mense is beseer, insluitende vier Portugese, twee Duitse en twee Spaanse burgers asook ‘n driejarige kind. Die polisie sê hulle werk saam […]

Read More

Stad Windhoek wil jou insette hoor! - September 4, 2025

Die Stad Windhoek doen ‘n beroep op alle inwoners om hul stemme te laat hoor. ‘n Reeks openbare raadplegende vergaderings het in die hoofstad se kiesafdelings afgeskop en sal tot 26 Oktober duur. Die doel is om belangrike prestasies uit te lig en die uitdagings wat in die huidige termyn in die gesig gestaar is, […]

Read More

Polisie skiet gesoekte ‘ontvoeringsbaasbrein’ dood - September 4, 2025

‘n Vermeende ontvoeringsbaasbrein is in ‘n skietery met die polisie en ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy op die R-21 in Kemptonpark, Gauteng, doodgeskiet. Dit volg op die redding van die ontvoerde sakeman van Benoni, Mohammed Bashir Ahmed Seedat. Die 42-jarige is op 23 Julie deur gewapende mans uit sy sakeonderneming, Rynfield Drapers and Outfitters, ontvoer ná ‘n […]

Read More

Minstens 29 mense sterf toe boot boomstomp tref - September 4, 2025

Minstens 29 mense is dood in die noordelike staat Niger in Nigerië toe ‘n boot met ongeveer 100 mense aan boord in ‘n rivier gesink het. ‘n Plaaslike amptenaar het egter aan Reuters gesê die dodetal het tot 60 gestyg. Amptenare sê die boot, wat glo oorlaai was, het ‘n boomstomp getref. Bootongelukke is taamlik […]

Read More

Selfvertroue op kritieke oomblikke kan Bokke laat wen: Rassie - September 4, 2025

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê ‘n oorwinning oor die All Blacks in Auckland sal afhang van die span se geloof in homself op kritieke oomblikke. Jesse Kriel sal Suid-Afrika aanvoer in die Rugbykampioenskaptoets, met Eben Etzebeth en Willie le Roux, wat meer as honderd toetse op die kerfstok het, in die opdrafspan. Erasmus sê daar […]

Read More

Groei in privaatsektor kredietverlening kan voortduur, maar… - September 4, 2025

Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, ‘n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter ‘n waarskuwing oor bydraende faktore.

Read More

DA looi Onderwysdepartement omdat onderwysers nie gekeur word - September 4, 2025

Die DA in Gauteng sê leerders is steeds blootgestel weens die beweerde skokkende versuim om onderwysers en personeel by skole te keur. Dit volg na onderwysers betrek word by bewerings van seksuele misbruik en onbehoorlike gedrag wat leerders by die Bronkhorstspruit Primary School en Prinshof Skool vir Blindes en Visueel Gestremdes betrek. Sergio Isa Dos […]

Read More

Oppas vir jel-naelpolitoer, dit kan giftig wees - September 4, 2025

Op gesondheidsfront het die Europese Unie jel-naelpolitoer wat die chemiese middel TPO bevat in naelsalonne verbied, oor vrugbaarheid- en kankergevare. Die middel verhard die naelpolitoer onder ‘n ultravioletlig, maar word as giftig beskou vir menslike voortplanting. Salonne in die EU moet onmiddellik ophou om TPO-produkte te gebruik en van bestaande voorraad ontslae raak. Vervaardigers sal […]

Read More

Epstein-sage ‘n Demokratiese klug, sê Trump - September 4, 2025

Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na ‘n protes in Washington om ‘n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens ‘n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as ‘n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik hulle dit om aandag af […]

Read More

Bestuursindeks op agenda in Swakopmund - September 4, 2025

Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in ‘n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die vorming van beleid wat gemeenskappe […]

Read More