Vyf word vervolg oor Jagersfontein slykdamramp - September 4, 2025

Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens is van ‘n ingenieursmaatskappy, word […]

Read More

Brittanje sanksioneer Russe oor Oekraïense kinders - September 4, 2025

Brittanje het nuwe sanksies teen Russiese amptenare en jeugorganisasies aangekondig. Die betrokke partye word gekoppel aan, waarna Londen verwys as, Moskou se beleid om Oekraïense kinders te deporteer, te indoktrineer en te militariseer. Westerse regerings en aktiviste het Moskou beskuldig dat hulle kinders met geweld na Russiese grondgebied gedeporteer het nadat hy in Februarie 2022 […]

Read More

Kovsies vier sy atlete in SA Wêreldkampioenskap-span - September 4, 2025

Atletiek: Die Universiteit van die Vrystaat sê hy vier met trots die insluiting van verskeie Kovsies-atlete en -oudstudente in Suid-Afrika se span vir die Wêreldatletiekkampioenskap in Japan. Mthi Mthimkulu, wat tans aan die unversiteit studeer, verteenwoordig die Kovsie Atletiekklub, saam met Miné de Klerk en Wayde van Niekerk. Voormalige Kovsie-atlete Colette Uys en Victor Hogan […]

Read More

Rugby: Kriel lei Bokke teen All Blacks - September 4, 2025

Springbokafrigter Rassie Erasmus het Jesse Kriel aangewys as kaptein vir Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd teen Nieu-Seeland, met Siya Kolisi op nommer 8. Eben Etzebeth keer terug na die beginspan vir sy 136ste toets, met Ruan Nortjé sy slotmaat. Pieter-Steph du Toit is terug op flank. Die enigste verandering in die agterlyn is die heelagter Willie le […]

Read More

Gaza: Namibië kan nie op kantlyn bly, sê kenner - September 4, 2025

Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide ‘n wetlike verpligting en ‘n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as ‘n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente kan Namibië nie passief bly […]

Read More

Internasionale dinkskrum oor finansiële insluiting open op Swakop - September 4, 2025

Die 2025 Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum het vandag amptelik in Swakopmund geopen en meer as 800 afgevaardigdes van regoor die wêreld bymekaargebring. Sentrale banke, finansiële reguleerders, beleidmakers en tegnologie-innoveerders het byeengekom om die toekoms van finansiële insluiting te vorm. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het tydens die opening […]

Read More

Uraan, diamante dryf uitvoere in Julie - September 4, 2025

Mynbou oorheers steeds Namibië se uitvoere. Nuwe syfers van die Namibiese Statistiekagentskap toon dat uraan, diamante en koper in Julie boaan die uitvoerlys was, met vis as die enigste nie-minerale produk onder die groot vyf. Intussen is invoere gelei deur brandstof en voertuie, en heruitvoere het ‘n merkbare hupstoot gesien. Woordvoerder van die Statistiekagentskap, Mirjam […]

Read More

Suid-Afrikaners se vertroue in RNE taan - September 4, 2025

‘n Nuwe Ipsos-peiling toon agt uit tien Suid-Afrikaners glo die land beweeg in die verkeerde rigting, ten spyte van aanvanklike optimisme nadat die regering van nasionale eenheid verlede jaar gevorm is. Sowat 42 persent sê RNE-partye werk goed saam, maar bykans ses uit tien is ontevrede oor munisipale dienste, veral in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. […]

Read More

Sport: SA Rugby nou aandeelhouer in VRK - September 4, 2025

Die Verenigde Rugbykampioenskap het bevestig dat SA Rugby die liga se sesde aandeelhouer geword het. Die ander is die unies van Ierland, Italië, Skotland en Wallis, en CVC Capital Partners. Suid-Afrika se betrokkenheid duur reeds sedert 2018 toe die Cheetahs en die Southern Kings by die PRO14 aangesluit het. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian […]

Read More

Walvisbaai steeds Namibië se handelsmekka  - September 4, 2025

Goedere ter waarde van meer as 11 miljard Namibiese dollar het in Julie deur die hawe op Walvisbaai beweeg, toon die jongste handelsyfers van die Namibië Statistiekagentskap. Hiervan was sowat 6,9 miljard dollar uitvoere, terwyl invoere 4,2 miljard dollar beloop het. Suid-Afrika was die grootste in- en uitvoerbestemming, gevolg deur China. 

Read More