Vrouekrieket: Laura Wolvaardt lei Proteas na Indië, Sri Lanka - September 4, 2025
Laura Wolvaardt lei ‘n groep van 15 Proteas na die Vroue-eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka, wat die 30ste begin. Sy sal kan staatmaak op die ervaring van spelers soos Chloé Tryon, Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka, Suné Luus en die voorslag-kolwer Tazmin Brits. Die 17-jarige Karabo Meso is een van die paaltjiewagters en die 20-jarige […]
Goudprys skitter, blink res van die jaar verwag - September 4, 2025
Die prys van goud het met meer as 34 persent tot dusver vanjaar gestyg, en Dinsdag ‘n nuwe rekordprys van 3 527,50 Amerikaanse dollar per fynons bereik. Ontleders het hul voorspellings geleidelik opwaarts hersien, met vooruitsigte vir die gemiddelde prys vir 2025 wat gestyg het van 2 756 dollar per ons in Januarie tot 3 […]
SA taakspan vir politieke moorde binne ‘n maand operasioneel - September 4, 2025
Die Gautengse regering het die bekendstelling verwelkom van ‘n toegewese taakspan vir politieke moorde wat deur die nasionale polisiekommissaris Fanni Masemola aangekondig is. Die spesialis-eenheid, wat binne die volgende maand met sy werk gaan begin, sal hoëprofiel- en polities-sensitiewe sake ondersoek om geweldpleging in die provinsie te voorkom. Premier Panyaza Lesufi sê beplanning is aan […]
Zelensky dring aan op nuwe sanksies teen Rusland - September 4, 2025
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, hoop om vandag met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, te praat en aan te dring op nuwe sanksies teen Rusland oor die inval in sy land. Hy het met die media gepraat tydens sy besoek aan die Deense hoofstad, Kopenhagen, om bykomende steun vir Kiëf deur Nordiese en Baltiese lande […]
Krieket: Besering pootjie Proteas se De Zorzi - September 4, 2025
Die Protea-kolwer Tony de Zorzi is weens ‘n dyspierbesering uitgesluit van die res van die eendagreeks teen Engeland. Hy het die besering opgedoen terwyl hy Dinsdag in die eerste eendagwedstryd by Headingley veldwerk gedoen het. Suid-Afrika het die wedstryd gewen. Geen plaasvervanger is nog aangewys nie. Matthew Breetzke het intussen van sy linkerdyspierbesering herstel en […]
Krieket: Namibië se vroue deur na semi-finaal - September 4, 2025
Namibië se Capricorn Eagles het hul plek in die semi-finaal in die Afrika-uitspeelronde van die ICC se T20-Vrouewêreldbeker verseker deur Woensdag hul wedstryd teen Sierra Leone met 152 lopies te wen. Die Eagles het 228 lopies vir die verlies van een paaltjie in 20 boulbeurte behaal. Sierra Leone is almal uitgehaal met 76 lopies in […]
Uitsaai-ghoeroes maak WAP-leerders touwys oor radio - September 4, 2025
Die Vereniging van Uitsaai Veterane begin vandag met opleidingsessies vir 41 leerders van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, of WAP. Die groep leerlinge sal meer te wete te kom oor die uitsaaibedryf en die moontlikheid om eendag self agter die mikrofoon in te skuif. Die opleidingsessies word deur verskeie deurwinterde uitsaaiers aangebied. WAP is die tweede skool […]
Nóg miljarde in Navachab belê - September 4, 2025
Altesaam vier miljard Namibiese dollar gaan oor die volgende vier jaar in die ondergrondse uitbreiding van die Navachab-goudmyn belê word. Meer as 150 werkgeleenthede gaan in die proses geskep word, sê die myn se besturende direkteur, George Botshiwe. Die myn het reeds 889 permanente permanente werkers en het tot dusver vanjaar bykans 600 kontrakteurs gebruik. […]
Verskeie voertuigmodelle in SA herroep - September 4, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het herroepings aangekondig vir Ford Mustang, Ford Transit Custom, BMW X3, Volkswagen Polo en die Hino 500-reeks busse. Dis weens kritieke veiligheidsgebreke, insluitend foutiewe brandstofpompe, lugsakke, kopstukke, agterasse en stuur-onderdele. Phetho Ntaba van die kommissie moedig eienaars aan om hulle voertuie na gemagtigde handelaars te neem vir gratis herstelwerk om veiligheid te […]
Epstein-slagoffers pleit vir deursigtigheid - September 4, 2025
Verskeie slagoffers van Jeffrey Epstein het Woensdag hul steun aangedui vir ‘n wetsontwerp om al die lêers wat verband hou met die veroordeelde seksoortreder vry te stel. Anouska de Georgiou, ‘n slagoffer van beide Epstein en sy meeloper Ghislaine Maxwell, het buite die Amerikaanse Capitol in Washington gesê die enigste motief om die wetgewing teen […]