Fietsry: Beseerde Froome lank buite aksie  - September 4, 2025

Die viermalige Tour de France-kampioen, Chris Froome, sal nie gou weer op ‘n fiets kan klim nie. Hy het verlede week veelvuldige beserings opgedoen gedurende ‘n oefenrit in Frankryk en is na ‘n hospitaal in Toulon gevlieg. Die omvang van sy beserings is nou eers duidelik. Froome se vrou, Michelle, het aan die media gesê […]

Read More

Krieket: Namibië se vroue deur na semi-finaal - September 4, 2025

Namibië se Capricorn Eagles het hul plek in die semi-finaal in die Afrika-uitspeelronde van die ICC se T20-Vrouewêreldbeker verseker deur Woensdag hul wedstryd teen Sierra Leone met 152 lopies te wen.  Die Eagles het 228 lopies vir die verlies van een paaltjie in 20 boulbeurte behaal. Sierra Leone is almal uitgehaal met 76 lopies in […]

Read More

Saara verdaag rumoerige parlement twee dae in ‘n ry - September 4, 2025

Onderonsies onder parlementslede het die eerste twee dae van die hervatting van die Nasionale Vergadering se sitting ontwrig en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila genoop om dit vroeg te verdaag. Dinsdag se vroeë verdaging was ná ‘n hewige debat oor die reëls oor prosedures. Woensdag het Kuugongelwa-Amadhila verrigtinge verdaag ná ‘n stryery tussen Swapo- en opposisielede oor […]

Read More

Onderwysministerie ondersoek voedselvergiftiging in Kavango-Oos - September 4, 2025

Die ministerie van onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná 33 leerders by die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Die kinders het Saterdag siek geword ná hulle macaroni en wors geëet het. Die ministerie werk saam met die intermediêre distrikshosiptaal op Rundu en ‘n streekbestuurspan van die gesondheidsministerie om […]

Read More

Voormalige Air Nam-werkers wag steeds vir geld - September 4, 2025

Terwyl die regering voortgaan met planne om weer ‘n nasionale lugredery op die been te bring, wag voormalige werknemers van Air Namibia steeds op hul volle skeidingspakkette. Dit is reeds meer as vier jaar nadat die nasionale lugredery in Februarie 2021 ophou vlieg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, die woordvoerder van honderde […]

Read More

MTC, Telecom se dae van monopolie getel - September 4, 2025

Ontleders meen Namibië se eerste private mobiele netwerk gaan ‘n beduidende ommeswaai in die plaaslike mark meebring, wat deur staatsbeheerde MTC en Telecom Namibia oorheers word. Die Paratus-groep het vroeër vandeesweek sy mobiele netwerk bekend gestel, geskoei op 4G-tegnologie en ‘n belegging van 600 miljoen Namibiese dollar. Volgens die uitvoerende hoof van die groep, Schalk […]

Read More

Leesmarathon regte medisyne vir geletterheidskrisis - September 4, 2025

Die afwesigheid van ‘n omvattende raamwerk om lees op pre-primêre en primêre vlak te bevorder, het aansienlik bygedra tot lae geletterheid in basiese onderwys in Namibië, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Sy het onlangs in die parlement gesê meer as tweederdes van graad 3-leerlinge in die land kan nie ’n eenvoudige sin lees of basiese wiskunde […]

Read More

Afriforum, Saai vra sanksies teen Malema - September 4, 2025

AfriForum en die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, het planne aangekondig om die “Kill the Boer”-kreet internasionaal te beveg en vra geteikende sanksies teen die leier van die EFF, Julius Malema. Hulle het die Malema-dossier bekend gestel wat besonderhede gee van haatspraak, korrupsie en die ondersteuning van terrorisme. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle sal die […]

Read More

Kabelspoorramp in Lissabon eis 15 lewens - September 4, 2025

In Portugal is minstens 15 mense dood en 18 beseer nadat die hoofstad Lissabon se beroemde Gloria-kabelspoorweg ontspoor en teen ‘n gebou gebots het. Die hoof van Portugal se burgerbeskermingsowerheid het gesê dat verskeie mense op die toneel vasgekeer en twee mense in ‘n ernstige toestand was. Beeldmateriaal wat wyd op sosiale media gedeel is, wys […]

Read More

Krieket: Proteas pak Engeland vandag op Lord’s - September 4, 2025

Die Proteas keer terug na die toneel van hulle onlangse triomf in die Wêreldtoetskampioenskap wanneer hulle vandag op Lord’s teen Engeland speel in die tweede eendagwedstryd. Suid-Afrika kan die reeks van drie kragmetings vandag beklink ná Maandag se oortuigende oorwinning op Headingley. Keshav Maharaj en Wiaan Mulder het die gasheer help uitboender vir net 131, […]

Read More