Mariental-burgemeester lewer roerende toespraak by massa-gedenkdiens - September 3, 2025

Die burgemeester van Mariental, Cherien Kock, het die tragiese ongeluk wat die lewens van 16 mense geëis het, insluitend 14 lede van die Namibiese Korrektiewe Diens en Polisie, tesame met twee burgerlikes, beskryf as ‘n tragedie wat die hele Namibië raak. Sy het haar innige meegevoel betuig tydens ‘n massa-gedenkdiens wat deur die regering in […]

Read More

Plant bome, maar nie sommer enige bome - September 3, 2025

SAT-CARe, wat staan vir Southern African Trees for Climate Adaptation and Resilience, stel ʼn toeganklike instrument bekend wat riglyne verskaf oor die slim gebruik van inheemse bome in Suider-Afrika. Professor Guy Midgley van die Universiteit Stellenbosch sê dié digitale instrument maak staat op data oor klimaat, grond en die omgewing, asook gedetailleerde spesie-kenmerke om beleidmakers, […]

Read More

Juigende Beijing vier land se magsvertoon - September 3, 2025

‘n Gejuig is vandag regoor Beijing gehoor vir die prag en praal en patriotisme in China se hoofstad tydens ‘n reuseparade waartydens die land se nuutste militêre toerusting vertoon is. Die publiek het in die strate saamgedrom terwyl die paar duisend mense met kaartjies in Tiananmenplein saamgetrek het. Die jaartalle 1945 en 2025 is in […]

Read More

Meer franchises kom vir SA vroue-rugby - September 3, 2025

Rugby: Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Swys de Bruin sê talle planne lê volgende jaar voor vir vrouerugby in Suid-Afrika, insluitend meer beroeps-franchises. Die Bulle Daisies is tans die enigste een. De Bruin sê die gaping tussen mans- en vrouespanne is steeds reusagtig groot. Die gewese nasionale vroueafrigter, Stanley Raubenheimer, glo Suid-Afrika het ‘n goudmyn […]

Read More

Baanbrekende LGBT-regsgeletterdheid handboek bekendgestel - September 3, 2025

Die Regshulpsentrum, in samewerking met die MPower Community Trust en die Diversity Alliance of Namibia, het amptelik Namibië se eerste LGBT-regsgeletterdheid handboek bekendgestel. Onder die tema “Empowering and Arming our Gender-Diverse Human Right Defenders”, beskryf die publikasie belangrike grondwetlike beskermings wat op alle Namibiërs van toepassing is. Yolande Engelbrecht, koördineerder van die sentrum se Gender-afdeling, […]

Read More

Oranjemund wen weer Ongos Sewes suidelike rondte - September 3, 2025

Vanjaar se Ongos Vallei Sewestoernooi het ‘n dinamiese afskop in Lüderitz gehad, waar die Ocean Swallows Rugbyklub die gasheer was van die suidelike rondte. Die geleentheid het toonaangewende spanne van reg oor die streek bymekaar gebring, waaronder Oranjemund Rugbyklub, Keetmanshoop Rams, Mariental Rugbyklub, Nust Rugbyklub en Ocean Swallows. Die verdedigende kampioene, Oranjemund, het Keetmanshoop Rams […]

Read More

NNN vra nasionale verbintenis tot padveiligheid - September 3, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in ‘n plegtige toespraak by die massagedenkdiens vir die 16 oorledenes in die tragiese padongeluk naby Mariental ‘n hernieude nasionale verbintenis tot padveiligheid versoek. Die oorledenes sluit in 12 Korrektiewe Diens-beamptes, twee NamPol-beamptes en twee burgerlikes. Nandi-Ndaitwah het Namibiërs aangespoor om die diepgaande gevolge van elke besluit wat agter die stuur […]

Read More

Dís wat nodig is vir 75% indiensneming teen 2030 - September 3, 2025

Om die ambisieuse doelwit van ‘n 75 persent-indiensnemingsyfer teen 2030 onder die sesde nasionale ontwikkelingsplan te bereik sal uitdagend wees, maar nie buite bereik nie. In reaksie op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se beleidsintervensies onder NDP6, het die Unam-ekonoom Omu Kakujaha-Matundu gesê ‘n beduidende verskuiwing is moontlik indien sleutelstrategieë effektief geïmplementeer word. Dit geld veral die […]

Read More

Andrada begin met boorprogram by Lithium Ridge - September 3, 2025

Andrada Mining het begin met eksplorasieboorwerk by sy Lithium Ridge-projek, in vennootskap met die Chileense litiumprodusent SQM. Andrada se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê die boorprogram is ‘n belangrike stap vorentoe om een van Namibië se opwindendste litiumgeleenthede te ontsluit. Hy sê die program behels 14 000 meter se diamantboorwerk oor prioriteit-litiumteikens. Lithium Ridge is […]

Read More

Braaibroodjie kos nou N$21,46 – 1,6% styging sedert Julie - September 3, 2025

Die braaibroodjie-indeks vir Augustus is in, met gevaarligte wat flikker vir alle liefhebbers van dié braai-stapelvoedsel. Na drie maande van dalings het die indeks met 1,6 persent gestyg op ‘n maandbasis. Volgens die ekonoom Johan Biermann het ‘n braaibroodjie op 31 Augustus 21 Namibiese dollar 46 sent gekos. Dit is 34 sent duurder as aan […]

Read More