Taliban-wette kelder reddingspogings - September 3, 2025
Amnestie Internasionaal beskuldig die Taliban-regering in Afganistan dat hy werksaamhede van humanitêre en hulpagentskappe in die land met beperkende beleide belemmer. Afgaanse vroue word onder meer verbied om vir die Verenigde Nasies in die land te werk. ʼn Aardbewing van 6,0 het Sondag die ooste van Afganistan getref, waarin 1 400 mense dood is en […]
Chloe Malle vat Vogue-leisels by Anna Wintour - September 3, 2025
Chloe Malle sal die hoofredakteur Anna Wintour as nuwe top redakteur van American Vogue opvolg. Die 39-jarige is tans hoof van die digitale redaksie van Vogue. Sy is die dogter van die aktrise Candice Bergen en die regisseur Louis Malle. Wintour het in Junie na amper vier dekades as die tydskrif se hoofredakteur, haar aftrede aangekondig. Sy sal […]
Fluitjieblasers besorg miljoene in NamRA se sak - September 3, 2025
Die Namibiese Inkomste-agentskap sê sy fluitjieblaas-inisiatief het sedert Junie verlede jaar meer as vyf miljoen Namibiese dollar in die staatskas besorg en belastingaanslae het vir ‘n bykomende 15 miljoen dollar gesorg. Die inisiatief maak voorsiening vir die anonieme aanmelding van belastingongeruimdhede en -ontduiking. NamRA vergoed fluitjieblasers met tot ‘n derde van die bedrag wat herwin […]
SA se sake-onvriendelikheid moet getakel word - September 3, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die toenemende werksverliese weens maatskappye wat hul bedrywighede afskaal of die land heeltemal verlaat, is kommerwekkend. ArcellorMittal SA maak einde September toe met 3 500 werksgeleenthede wat verlore gaan. Ford Motor Company SA gaan 474 werkers by sy aanlegte in die Baai en Pretoria aflê. IRR-woordvoerder Makone Maja sê die massiewe beperkinge […]
Trump sê hy’s nie siek nie, net besig - September 3, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy baie aktief was oor die afgelope langnaweek in die land en het bespiegeling op sosiale media oor sy gesondheid as vals nuus afgemaak. Dit was in reaksie op ‘n vraag van ‘n verslaggewer oor aanlyn gerugte dat hy gesterf het, ná hy vir ses dae nie in die […]
Tennis: Djokovic slyp tande vir Alcaraz - September 3, 2025
Die 38-jarige Novak Djokovic het ‘n langverwagte halfeindstryd teen Carlos Alcaraz bespreek op die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het die Amerikaner Taylor Fritz in vyf stelle verslaan in sy aanslag op die rekord van 25 Grand Slam-enkelspeltitels. Die Spanjaard het die Tsjeg Jiri Lehecka in skoon stelle geklop. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, […]
ReconAfrica goed op pad na Otavi-reservoir - September 3, 2025
ReconAfrica se boorwerk in sy Kavango-Wes-eksplorasieput, wat na verwagting oor tot 340 miljoen vate olie kan beskik, vorder goed en die maatskappy verwag om volgende maand in die Otavi-reservoir, primêre teiken in die Damara-vougordel, te begin werk. Brian Reinsborough, die maatskappy se president en uitvoerende hoof, sê hulle beplan om deur meer as 1 500 […]
Wegholbrande in drie SA provinsies gevrees - September 3, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uiters gevaarlike veldbrandtoestande word in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng beleef en dit sal voortduur. Volgens hierdie toestande is die brandgevaar-aanwyser bo 75. Die Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die warm, winderige toestande kan wegholveldbrande veroorsaak en bestaande brande in Gauteng vererger:
Grootste militêre parade ooit vandag in China - September 3, 2025
Alle oë is vandag op Beijing, waar Chinese president Xi Jinping gasheer is vir die Russiese president Vladimir Putin en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un by een van die grootste militêre parades ooit. Die parade is ter viering van die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog na die oorgawe van Japan. […]
Krieket: Aussie kaptein herstel goed - September 3, 2025
Australië se kaptein, Pat Cummins, behoort fiks te wees vir die begin van die reeks om die As teen Engeland ondanks ‘n rugprobleem. Die besering beteken hy gaan volgende maand se drie T20s in Nieu-Seeland misloop, asook ‘n eendag- en T20-tuisreeks teen Indië. Die eerste van die vyf toetse begin op 21 November in Perth. […]