Swakopmund skerp kundigheid in toerisme op  - September 3, 2025

Die land verloor miljoene Namibiese dollar aan potensiële inkomste as gevolg van sy lae mededingendheid in die globale vergaderings-, aansporings-, konferensie- en uitstallingsbedryf. Om dit aan te spreek, bied die Namibiese Toerismeraad tans opleiding in Swakopmund aan om plaaslike geleentheidsorganiseerders te help om aan internasionale standaarde te voldoen. Esther Ndilula, bestuurder van die Namibiese Konvensieburo, […]

Read More

Vyf leerders in rassevoorval in KZN aangeval  - September 3, 2025

Vyf leerders is met skerp voorwerpe gesteek in ‘n rassevoorval by die Glenover Secondary School in Chatsworth, KwaZulu-Natal. Die geweld het volgens berigte losgebars nê ‘n onderonsie op die sokkerveld waarby ouers en voormalige leerders betrek is en tot polisie- en private sekuriteitsingryping gelei het. Die skool het die aanval veroordeel en inwoners gewaarsku om nie spanning […]

Read More

Trump-weermag val dwelmboot aan  - September 3, 2025

Die Amerikaanse Weermag het ʼn dodelike aanval by die Karibiese Eilande uitgevoer op ʼn Venezolaanse boot met dwelms aan boord. Elf mense, vermoedelik lede van die Venezolaanse bende Tren de Aragua, is in die aanval dood. President Donald Trump sê die aanval is uitgevoer terwyl die terroriste onwettige dwelms in internasionale waters na Amerika vervoer het. […]

Read More

Studente maak reg vir kuberkraakmarathon  - September 3, 2025

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Fakulteit Inligting en Kommunikasietegnologie het die aktivering van die Mpumalanga Kunsmatige Intelligensie Studente-kuberkraakmarathon 2025 bekendgestel. Die projek wat die derde keer aangebied word, is ʼn belangrike platform vir die fakulteit se studente om KI-toepassings te ontgin. Tydens vanjaar se geleentheid in Oktober neem spanne van tien elk drie dae […]

Read More

Paratus belê N$600 m in nuwe netwerk  - September 3, 2025

Paratus Namibia het ‘n nuwe mobiele netwerk bekend gestel wat 50 dorpe en 80 gemeenskappe landswyd sal dek. Die belegging hierin beloop 600 miljoen Namibiese dollar. Die netwerk sal die eerste in die land wees wat heeltemal op 4G LTE-tegnologie steun. Dit fokus primêr op die roete tussen die ooste en weste van die land, […]

Read More

Ontbind staatsagentskap wat met pensioen werk, vra DA  - September 3, 2025

Die DA vra vir die ontbinding van die regering se pensioenadministrasie-agentskap en dat die Regeringswerknemers-pensioenfonds sy werk oorneem ter wille van die beskerming van pensioentrekkers en belastingbetalers. Die agentskap word beskuldig van onwettige aankope en onder meer die toeken van ‘n biometriese kontrak van 500 miljoen rand aan ‘n maatskappy sonder enige direkteure. Willie Aucamp […]

Read More

Meer as 33 000 Epstein-bladsye vrygestel  - September 3, 2025

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se oorsigkomitee het meer as 33 000 bladsye van Jeffrey Epstein-verwante lêers vrygestel wat van die justisiedepartement ontvang is. Dit sluit in vlugplanne, toesigvideo’s van die tronk, hofdokumente, opnames en e-posse. Epstein, ʼn finansier en veroordeelde seksoortreder, het in 2019 selfdood gepleeg terwyl hy verhoorafwagtend was op aanklagte van sekshandel. […]

Read More

Rugby: Bokke teen All Blacks ‘n groot uitdaging  - September 3, 2025

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe sê vorige oorwinnings oor die All Blacks sal niks tel wanneer hulle Saterdag in Auckland kragte meet nie. Hulle gaan probeer om die eerste Bok-span sedert 1937 te word wat op Edenpark wen en die gashere sal hul onoorwonne rekord op die veld sedert 1994 verdedig. Suid-Afrika het hulle laaste vier […]

Read More

Krieket: Eagles klop Kanada - September 3, 2025

Namibië se nasionale krieketspan het Kanada Dinsdag met 24 lopies in hul wedstryd in die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks in King City geklop. Die Eagles het 261 lopies vir die verlies van agt paaltjies aangeteken. Kanana se telling was 237 lopies vir tien paaltjies. 

Read More

Goethe-Instituut trek na nuwe perseel - September 3, 2025

Ná meer as 25 jaar in die hart van Windhoek, neem die Goethe-Instituut Namibië afskeid van sy ikoniese tuiste in Fidel Castrostraat. Die Goethe-Instituut sluit sy deure op 15 September om die oorgang na ‘n nuwe tuiste te begin. Direkteur Dennis Schroeder sê die reis eindig nie, maar ontwikkel net. Daar sal ‘n afskeidsgeleentheid vir […]

Read More