LPM-leier kap regering oor ekonomie, semi-staatsinstellings - October 27, 2025
Die Landless Peoples Movement, LPM, het ‘n perskonferensie gehou oor die middeltermyn-begroting. Die partyleier, Bernadus Swartbooi, het ook sy mening gelug oor ander kwessies in die land. Een van sy reaksies was oor die afdanking van die minister van energie, Natangwe Ithete, volgens Swartbooi was hy onervare in sy pos. Hy sê ook die Swapo […]
Nuwe nasionale beleid oor gestremdheid bekendgestel - October 27, 2025
Namibië het amptelik die hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid, 2025, tesame met die implementeringsaksieplan bekendgestel. Hierdie beleid, wat in Julie 2025 deur die kabinet goedgekeur is, vervang die Nasionale Beleid oor Gestremdheid van 1997 en bring Namibië in lyn met internasionale standaarde. Dit is deur visepresident Lucia Witbooi bekendgestel.
Geen reise, geen S&T sonder toestemming, sê Sankwasa - October 27, 2025
Stedelike en landelike ontwikkelingminister James Sankwasa het streeks- en plaaslike raadslede gewaarsku om nie sonder amptelike magtiging van sy kantoor te reis nie. Hy waarsku dat diegene wat dit doen, verplig sal word om alle verwante uitgawes terug te betaal. Sankwasa sê sommige raadslede gaan voort om die regering se reisvoorregte te misbruik deur reise […]
Trump in Japan, voor ontmoeting met Xi Jinping - October 27, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het vandag in Japan aangekom vir die volgende deel van sy Asië-toer. Die toer kan lei tot die beëindiging van die vernietende handelsoorlog tussen die Amerikaanse president en sy Chinese ampsgenoot Xi Jinping. Trump het aan boord Air Force One gesê hy is hoopvol dat hy ‘n ooreenkoms met Xi […]
Presidensie steeds tjoepstil oor Ithete se afdanking - October 27, 2025
Die presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het vroeër geweier om die rede vir die afdanking van Natangwe Ithete bekend te maak. Hy sê hy werk onder instruksie en hy het nog nie instruksie ontvang om dit bekend te maak nie. Hy het met Nampa gepraat.
Gaza-skietstilstand ondermyn deur Israelse aanvalle: Cyril - October 27, 2025
President Cyril Ramaphosa sê konflik en oorloë, handelsgeskille, die energieoorgang en die pas van die digitale rewolusie hervorm die internasionale orde. Hy het vandag ʼn openbare lesing by die Universiteit van Malaya in Kuala Lumpur, Maleisië gelewer, waar hy ‘n eredoktorsgraad gekry het vir internasionale betrekkinge in die globale suide. Ramaphosa sê die Israel-Hamas-skietstilstand word […]
Orkaan Melissa nou kategorie 5, bedreig Jamaika - October 27, 2025
Orkaan Melissa het versterk tot ‘n topvlak kategorie 5-storm terwyl dit in die rigting van Jamaika en ander dele van die Karibiese Eilande beweeg. Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum sê Melissa bereik tans windsterktes van byna 260 kilometer per uur. Reënval van tot ‘n meter word voorspel, met oorstromings wat na verwagting kitsvloede en grondstortings in […]
Bavuma terug vir Proteas-reeks teen Indië - October 27, 2025
Krieket: Suid-Afrika se toetskaptein, Temba Bavuma, keer terug vir volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Indië. Hy het die onlangse gelykop-reeks teen Pakistan misgeloop weens ‘n linkerkuitbesering. Prenelan Subreyan en David Bedingham, wat teen Pakistan gespeel het, is weggelaat. Die draaiboulers Simon Harmer, Keshav Maharaj en Senuran Muthusamy is ingesluit. Die eerste toets […]
Sanitasie simposium ondersoek dringende kwessies - October 27, 2025
Die lynministerie het vandag die weeklange Nasionale Sanitasie Simposium in Katima Mulilo byeengeroep. Die geleentheid verteenwoordig ‘n belangrike stap in Namibië se verbintenis tot volhoubare sanitasie en waterbestuur. Die simposium bring regeringsamptenare, kundiges, die burgerlike samelewing en gemeenskapsleiers bymekaar om samewerking te versterk en die nasionale sanitasie- en higiëne-agenda te bevorder. Die ministerie se skakelbeampte, […]
SA stel revolusionêre teen-MIV inspuiting bekend - October 27, 2025
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n nuwe MIV-voorkomingsinspuiting bekendgestel, bekend as Lenacapavir. Die sesmaandelikse inspuiting, wat deur Gilead ontwikkel is, kan gebruik word deur volwassenes en tieners wat meer as 35-kilogram weeg, en moet gepaardgaan met veilige seksgebruike soos die gebruik van kondome. Yuven Gounden van SAHPRA sê die reguleerder het die medisyne in […]