Staat se regsgedinge ruk handuit - September 3, 2025

PDM-parlementslid Winnie Moongo het Dinsdag in die Nasionale Vergadering kapsie gemaak teen die stygende aantal regsgedinge waarmee plaaslike- en streeksrade te kampe het. Sy het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling uitgedaag oor rade se toenemende betrokkenheid in duur regstryde, van geskille oor arbeid en grond tot tenderkonflikte.  

Read More

Joel Angula ontken betrokkenheid by Namdia-roof - September 3, 2025

Joel Angula, een van die drie beskuldigdes in die Namdia-diamantrooftog in Januarie, het Dinsdag in die Katutura-landdroshof gesê hy is onskuldig op klagte van die steel van diamante, die besit van ongeslypte diamante en georganiseerde misdaad. Angula, ‘n voormalige sekuriteitsbeampte by Namdia, sê hy sal getuies roep indien hy verhoor word. Die saak is tot 28 […]

Read More

Kingsley Kwenani kry hoë pos by landbou - September 3, 2025

Kingsley Kwenani, wat voorheen as uitvoerende hoof van Meatco se Noordelike Kommunale Gebied-filiaal gedien het asook die vorige tussentydse uitvoerende hoof van Meatco, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk-uitvoerende direkteur van landbou aangestel. In hierdie rol sal Kwenani Namibië se landbou-ontwikkeling ondersteun, met ‘n sleutelfokus op die integrasie van kommunale boere in […]

Read More

//Kharas se bevolking bult - September 3, 2025

Die bevolking in die //Kharas-streek het van 2011 tot 2023 met sowat 43 persent gestyg en beloop nou meer as drie miljoen. Gedetailleerde sensusinligting wat Dinsdag deur die Namibië Statistiekagentskap op Keetmanshoop vrygestel is, toon die bevolking in stedelike areas in dié streek het met meer as 67 persent sedert 2011 toegeneem. Sedert 1991 het […]

Read More

Landbou frons oor gronduitsprake in Zim - September 3, 2025

In Suid-Afrika sê die landbou-organisasie TLU SA president Cyril Ramaphosa se opmerkings tydens die opening van die 115de Zimbabwe Landbouskou was duidelik oor wat gedoen sal word. Ramaphosa het Zimbabwe se pogings om grondbesitpatrone wat die wit minderheid bevoordeel het om te keer, beskryf as noodsaaklik vir historiese geregtigheid, voedselsekerheid en ekonomiese groei. Bennie van […]

Read More

Putin sê hy’s op goeie voet met Xi - September 3, 2025

Russiese president Vladimir Putin het gesê dat sy bande met Chinese president Xi Jinping op ‘n ongekende vlak is, terwyl hulle in Beijing vergader het. Dit was voor ‘n massiewe militêre parade vandag om die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog te vier. Die twee leiers het ooreengekom dat Rusland gasverskaffing aan […]

Read More

Krieket: Proteas klop Engeland in Leeds - September 3, 2025

Suid-Afrika het Engeland met sewe paaltjies geklop op Headingley in Leeds om ‘n 1-0 voorsprong te neem in hul eendagreeks van drie wedstryde . Keshav Maharaj het vier paaltjies geneem en Wiaan Mulder drie, toe die tuisspan vir slegs 131 in 24,3 boulbeurte uitgeboul is. In antwoord hierop het Aiden Markram 86 van slegs 55 […]

Read More

Watervoorsiening in Whk-distrik onder die loep - September 2, 2025

Khomas-goewerneur Sam Nujoma het die plase Arovley, Nauaspoort en Khanumeb in die Windhoek landelike kiesafdeling besoek as deel van sy streeksbewustheidsprogram om die uitdagings waarmee inwoners te kampe het, beter te verstaan. Een van die grootste bekommernisse was die voorsiening van waterdienste. Nujoma het ‘n probleem hiermee aan die inwoners verduidelik.

Read More

Aochamub is nuwe Meatco tussentydse uitvoerende hoof - September 2, 2025

Meatco het Albertus Aochamub as sy tussentydse uitvoerende hoof aangestel, met ingang vandag, 2 September 2025. Sy ses maande-aanstelling volg op ‘n aandeelhouersnominasie en goedkeuring deur die Meatco-raad. Aochamub neem oor by Kingsley Kwenani, wat as waarnemende uitvoerende hoof gedien het vanaf 15 Julie tot sy termyn op 31 Augustus verstryk het. Meatco sê Aochamub […]

Read More

De Lille ontbind SA Toerismeraad oor onreëlmatighede - September 2, 2025

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontbind ná ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor onreëlmatige uitgawes, insluitend die mislukte Tottenham Hotspur-borgskap. De Lille het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Toerisme toegespreek en bewerings van politieke inmenging en korrupsie van die hand gewys en aangedring haar optrede […]

Read More