Mitchell Starc tree uit T20-internasionale wedstryde - September 2, 2025
Krieket: Die Australiese snelbouler Mitchell Starc het sy uittrede uit T20-internasionale wedstryde aangekondig om te fokus op die toets- en die eendag-formaat . Die 35-jarige het nog nie weer ‘n T20 gespeel sedert verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in die Karibbiese Eilande nie. Starc sê hy sien uit na die toer teen Indië, die reeks om […]
#BeFree Cares Clinic-uitreik behaal groot sukses - September 2, 2025
Byna 950 studente en gemeenskapslede het toegang tot noodsaaklike seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste verkry tydens die #BeFree Cares Clinic-uitreik van 18 tot 22 Augustus in die Oshana-streek. Die weeklange veldtog het vyf tersiêre instellings betrek, wat die derde streekstop in ‘n groeiende nasionale poging was om die jeug met gesondheidsorg en inligting te bemagtig. Kosmos […]
Afrocat Ladies, NamPower nuwe CVA Liga-kampioene - September 2, 2025
Afrocat Ladies is die naweek as die vrouekampioen van die Sentrale Vlugbal-assosiasie se CVA Liga gekroon. Hulle het hul naaste teenstanders, DTS, met 3-0 geklop in die finaal wat in Windhoek se Ramatex-saal gespeel is. Afrocat het die wisseltrofee en goue medaljes met ‘n totaal van 39 punte verseker, voor DTS, wat met 36 punte […]
NBC senior bestuurders verdien N$750 000 bo limiet, hoor NV - September 2, 2025
Dit was vanmiddag ‘n vurige begin vir die 2de Sitting van Namibië se 8ste Parlement, toe die IPC-skaduminister van inligting John-Louw Mouton ernstige kommer uitgespreek het oor die finansiële bestuur van die Namibiese Uitsaaikorporasie. Mouton het bevraagteken waarom, ten spyte van NBC se voortgesette afhanklikheid van regeringsreddingsboeie, sommige senior bestuurders meer as 750 000 Namibiese […]
Landbouministerie, Unam gaan saamwerk by groenskemas - September 2, 2025
Die ministerie van landbou het ‘n komende vennootskap met die Universiteit van Namibië aangekondig wat daarop gemik is om boere-opleiding te versterk en produktiwiteit in die land se groenskemas te verhoog. Landbouminister Inge Zaamwani het aan die einde van ‘n presidensiële besoek aan die groenskemas in die noordelike streke die belangrikheid beklemtoon om boere toegang […]
Korporatiewe kredietgroei dra die sektor - September 2, 2025
Privaatsektor kredietverlening het in Julie op ‘n lopende 12-maande-basis op 6,69 miljard Namibiese dollar gestaan, met 1,85 miljard dollar wat deur individue opgeneem is en 4,62 miljard dollar, of 69 persent van die totaal, deur besighede. IJG Securities sê in sy verslag dat die totale krediet aan die private sektor in Julie met 1,1 miljoen […]
Wat gaan aan met Trump se gesondheid? - September 2, 2025
In Amerika gons dit oor president Donald Trump se gesondheid, met spekulasie dat hy glad nie gesond is nie wat sosiale media oorheers. Hy het sedert 26 Augustus nie ‘n openbare verskyning gemaak nie, dus is dit meer as ses dae sonder enige amptelike gebeure. Daar word verwys na bloukolle op beide sy hande, geswelde […]
Vere word reggeskud vir Erongo-ekspo - September 2, 2025
Opwinding bou op vir die 17de Erongo Besigheids- en Toerisme-ekspo, wat van 28 Oktober tot 1 November by die Walvisbaai-burgersentrum plaasvind. Met die tema “Drywing van Innovasie en Bevordering van Namibië se Blou Ekonomie en Werkskeppingsgrense”, belowe die ekspo ‘n vertoonkas van besigheid, toerisme en innovasie van regoor die land en verder. Die ekspo se […]
Vleisinvoerders bly oor bek-en-klouvordering - September 2, 2025
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê die landbouminister, John Steenhuisen, erken dat die bek-en-klouseer ‘n nasionale noodsituasie is, en sê die vordering met ‘n oplossing vir die uitbreking is bemoedigend. Daar is tans 274 uitbrekings in vyf provinsies, waarvan 180 in KwaZulu-Natal is. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Imameleng Mothebe, verwelkom die minister […]
ECB-hoof waarsku oor Trump se tariewe - September 2, 2025
Die hoof van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, het gewaarsku indien president Donald Trump die onafhanklikheid van die Amerikaanse Federale Reserweraad sou ondermyn, dit ‘n baie ernstige gevaar vir die wêreldekonomie sal inhou. Die Federale Reserweraad se taak is hoofsaaklik om werk te bevorder, pryse stabiel te hou en rentekoersbeleide in te stel. Trump […]