Krieket: SA20 se veiling skop vierde seisoen af - September 2, 2025

Driehonderd Suid-Afrikaners en 241 buitelanders gaan volgende Dinsdag in Johannesburg deelneem aan die veiling vir SA20 se vierde seisoen. Die liga het ‘n ongekende meer as 800 spelerregistrasies ontvang, waarna die lys verkort is volgens die ses spanne se hersiening. Onder die sterk plaaslike talent is die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, Quinton de Kock, […]

Read More

Okahandja-jeug aangespoor om Nasionale Jeugfonds te gebruik - September 2, 2025

Jongmense in Okahandja het begin voorberei om gebruik te maak van die Nasionale Jeugfonds van 257 miljoen Namibiese dollar, wat deur die regering gestig is om jeugwerkloosheid te bekamp. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb die jeug aangespoor om hierdie geleentheid aan te gryp en die beskikbare ondersteuning ten […]

Read More

DA soek hersiening van Eskom-Nersa-skikking - September 2, 2025

Die DA sê hy het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor elektrisiteit en energie, Queenie Mvana, gevra vir ʼn dringende hersiening van die skikkingsooreenkoms tussen Eskom en die energiereguleerder. Nersa het ‘n skikking van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand met die kragvoorsiener buite die hof bereik ná foute in die berekening van tariewe. Kevin Mileham […]

Read More

Ethiopië bied VN-klimaatsweek aan - September 2, 2025

Die Verenigde Nasies se Klimaatsweek word in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, aangebied. Dit word bygewoon deur regeringsamptenare, finansiers soos ontwikkelingsbanke, sakeondernemings, die burgerlike samelewing en inheemse bevolking. Die doel is om die lewering van waarborge en klimaatsoptrede op grondvlak te versnel. Die VN-klimaatsverandering se adjunk- uitvoerende sekretaris, Noura Hamladji, sê klimaatsweke word gehou om […]

Read More

Alexander Isak gaan na Liverpool vir Britse rekord-bedrag - September 2, 2025

Die Premierliga-kampioen Liverpool het Alexander Isak van Newcastle teen ‘n rekordbedrag van meer as 290 miljoen Namibiese dollar in Brittanje bekom. Die Sweedse doelskieter se kontrak by Anfield is vir ses jaar. Hy het die vorige seisoen 23 doele vir Newcastle in die Premierliga aangeteken en het in die eindstryd van die Carabao-beker met die […]

Read More

Hou jouself só aanlyn veilig: Cran - September 2, 2025

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal aanlyn-swendelary in die land. In die lig hiervan dring die owerheid aan op verbeterde aanlyn-sekuriteit en groter digitale insluiting. Een aanbevole maatreël is die registrasie van SIM-kaarte. Cran se uitvoerende beampte vir kommunikasie en verbruikersverhoudinge, Mufaro Nesongano, deel meer besonderhede.

Read More

Cosatu bekommerd oor werksverliese weens tariewe - September 2, 2025

Cosatu sê Suid-Afrika se ekonomiese krisis gaan vererger ná Amerika se instelling van handelstariewe van 30-persent. Die vakverbond sê hy is bekommerd oor die moontlikheid van aansienlike werksverliese as gevolg van hierdie tariewe op die land se uitvoere na die wêreld se grootste ekonomie. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê die verwoestende uitwerking van die tariewe is […]

Read More

Verenigde Koninkryk se 2025-somer warmste op rekord - September 2, 2025

Die Verenigde Koninkryk het volgens die Weerkantoor vanjaar sy warmste somer ooit beleef en moes deur vier hittegolwe worstel. Brittanje het in Junie, Julie en Augustus ʼn gemiddelde temperatuur van 16,1-grade Celsius beleef wat meer is as 2018 se rekord van 15,76-grade Celsius. Mark McCarthy van die Weerkantoor sê hierdie rekord-somertemperature kan 70-keer meer waarskynlik […]

Read More

Sinner, Osaka deur na Amerikaanse Ope kwarteindrondte - September 2, 2025

Die verdedigende kampioen Jannik Sinner is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het Alexander Bublik van Kazakstan geklop en speel volgende teen sy landgenoot Lorenzo Musetti. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het met Andrey Rublev van Rusland afgereken, terwyl Alex de Minaur van Australië die Switserse kwalifiseerder Leandro Riedi geklop het. Wat […]

Read More

Bande tussen Namibië en EU versterk  - September 2, 2025

Die vennootskapsdialoog tussen die Europese Unie en Namibië het op ‘n hoë noot afgesluit, met beide kante wat hul sterk bande en gedeelde visie vir volhoubare ontwikkeling herbevestig het. Die vennote het nouer koördinering oor vrede, veiligheid en klimaataksie belowe, terwyl hulle multilaterale waardes en menseregte handhaaf. Selma Ashipala-Musavyi, die minister van internasionale betrekkinge en […]

Read More