Krieket: Namibië se vroue môre teen Sierra Leone - September 2, 2025
Die Capricorn Eagles kom môreoggend om 09:30 teen Sierra Leone te staan. Namibië se Capricorn Eagles het Maandag hul wedstryd teen Nigerië in die Afrika-uitspeelronde van die ICC se T20-Vrouewêreldbeker met agt paaltjies gewen. Namibië het 71 lopies vir die verlies van twee paaltjies in 9,5 boulbeurte behaal. Nigerië se telling was 70 lopies, almal uit […]
NV vanmiddag weer terug in tuig - September 2, 2025
Die Nasionale Vergadering van Namibië sal vandag weer byeenkom vir die 2de Sitting van die 8ste Parlement, met verrigtinge wat geskeduleer is om stiptelik om 14:30 te begin. Die Nasionale Vergadering het op 10 Julie 2025 verdaag. Die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Gibeon-meteoriet vir miljoene in Nederland opgeveil - September 2, 2025
‘n Skaars meteoriet van 240 kg uit die Gibeon-omgewing is vir meer as 36 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling in Nederland verkoop. Dit is grootste meteoriet wat ooit in Nederland van die hand gesit is. Dit is in die 19de eeu ontdek en is reeds sedert 2004 in die besit van ‘n sterrewag in […]
NamPost stel nuwe digitale rekening bekend - September 2, 2025
NamPost, in vennootskap met die finansministerie, is besig om ‘n nuwe digitale toelae-rekening bekend te stel. Dit is volledig biometries, gereed vir kitsbetalings en gratis vir begunstigdes. Die rekening sal gebruikers ook toegang gee tot spaar-, versekerings- en leningsprodukte, terwyl dit steeds voldoen aan nasionale bankregulasies. Nampost-woordvoerder Gladwin Groenewaldt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
China se uitvoere na Afrika bult - September 2, 2025
China se uitvoere na Afrika, insluitende Namibië, het skerp gestyg en ‘n jaar-op-jaar-toename van 25% in 2025 aangeteken. Namate Amerikaanse bestellings afgeneem het, het Afrika na vore gekom as ‘n vinnig groeiende mark vir Chinese goedere. In hierdie tydperk het Nigerië, Suid-Afrika en Egipte die grootste kopers gebly, terwyl die uitvoer van konstruksiemasjinerie met 63% […]
VN-rapporteurs kritiseer regering oor Tsumeb-smelter - September 2, 2025
Spesiale rapporteurs van die Verenigde Nasies beskuldig die regering daarvan dat ‘n wetlike klousule gebruik om die eertydse en huidige eienaars van die Tsumeb-smelter nie verantwoordelik te hou vir die skadelike impak wat dit na bewering op die inwoners en omgewing van die dorp het nie. Volgens die VN-span het verskeie internasionale en plaaslike studies […]
September is tyd vir leer, skep en kultuur! - September 2, 2025
Die Kavango-Wes Onderwysdirekoraat het amptelik Septembermaand bekendgestel as ‘n landwye viering van lewenslange leer, kultuur en kreatiwiteit. Onder leiding van die onderwysministerie se lewenslange leer-afdelings, sal al 14 streke geleenthede soos die Volwasse Geletterdheidsweek, Leesmaraton, Erfenisweek en Kunstevieringsweek aanbied. Die ministerie se woordvoerder, Ester Angula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee meer inligting.
Pensioenkontrak in SA spook by waghond - September 2, 2025
Die parlementêre portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor berigte van ʼn terugbetaling van ʼn spookkontrak van die Agentskap vir Administrasie van Regeringspensioene. Volgens berigte het die agentskap 36 miljoen rand vooruitbetaal aan Shula Developers, wat hulle na bewering as die verhuurder voorgedoen het, om ʼn gebou as hoofkantoor te huur. Shula Developers het […]
EU-president geteiken in GPS-peutering - September 2, 2025
ʼn Vliegtuig met die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, aan boord, se GPS-navigasiestelsel is Sondag geteiken, maar dit het veilig in Bulgarye geland. Bulgaarse owerhede vermoed Rusland sit agter die voorval. Von der Leyen is ʼn groot ondersteuner van Oekraïne terwyl Kiev probeer om homself teen Moskou se aggressie te beskerm. Die […]
Rompslomp kelder vordering met behuising op Walvis - September 2, 2025
Die Backyard Tenants-groep in Walvisbaai, wat deel 19 van Farm 37 gekoop het, sê daar is vertragings in dorpsgoedkeurings. Die groep se Immanuel Festus sê die meeste huise is reeds voltooi, maar hul gedeelte word vertraag deur wat hy noem onnodige prosedures tussen die dorpsraad en lynministerie. Ongeveer 60 persent van die nedersetting sal na […]