Besige seehandelsroete tussen Namibië, Asië verwag - September 2, 2025
Belowende aanduidings van olie langs die Namibiese kus sal waarskynlik die vraag na olietenkers op die roete tussen die land en Asië verhoog, sê die New Yorkse ontleders Poten & Partners. Hoewel Dangote ‘n reuse-olieraffinadery in Nigerië het, glo Poten Namibië sal sy olie in ru-vorm uitvoer, sou die vondse in die Oranjekom kommersieel ontginbaar […]
Putin hou Trump aan ‘n lyntjie, sê kenners - September 2, 2025
Russiese president Vladimir Putin het by die Shanghai Samewerking-organisasie se beraad in China gesê hy en Amerikaanse president Donald Trump het in Alaska tot ‘n verstandhouding gekom oor ‘n einde aan die oorlog in Oekraïne. Analiste glo egter dat Putin die opperhand het en Trump aan ‘n lyntjie hou. Dit is omdat Trump se dreigemente […]
Grondstorting eis 1 000 lewens in Soedan - September 2, 2025
ʼn Grondstorting het minstens ʼn duisend lewens geëis in die afgeleë Marra-berge in die weste van Soedan. Die grondstorting het Sondag plaasgevind ná dae lange swaar reën, en slegs een persoon het oorleef. Die Soedannese Bevrydingsbeweging/Weermag, wat die area in die Darfoer-streek beheer, het die Verenigde Nasies en internasionale hulpagentskappe se bystand gevra om die […]
Sakevriendelike omgewing krities vir handelsbalans - September 2, 2025
Namibië se handelsyfers toon ‘n verrassende wending – die land het ‘n handelsoorskot van 856 miljoen Namibiese dollar in Junie aangeteken, maar plaaslike ekonome bly bekommerd. Invoere oortref uitvoere steeds op die langduur, gedryf deur wat ‘n onvriendelike sake-omgewing genoem word. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus, lug ekonoom Gabriel Erastus sy mening oor […]
Trump-tariewe kan banksake ontwrig - September 2, 2025
Bankbedrywighede in Namibië kan aansienlike ontwrigting ervaar namate nuwe Amerikaanse handelstariewe vir Suid-Afrika dreig om dollarvloei te verminder, waarsku Simonis Storm. Volgens die ontleders kan die tarief van 30 persent wat onlangs deur Washington op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel is, rimpeleffekte skep dwarsdeur die streek se onderling-gekoppelde finansiële netwerke. Simonis Storm maan dat minder Suid-Afrikaanse uitvoerinkomste waarskynlik […]
Regering aanspreeklik vir ArcelorMittal-sluitings, sê Solidariteit - September 2, 2025
Solidariteit sê meer as vierduisend werksgeleenthede is in gevaar terwyl ArcelorMittal Suid-Afrika voorberei om sy langstaal-aanlegte in Newcastle, KwaZulu-Natal, en Vereeniging in Gauteng te sluit. Die vakbond skryf dit toe aan die regering se gebrek aan optrede, met verwysing na hoë elektrisiteitskoste, swak spoorwegstelsels en onvoldoende invoerbeskerming. Hulle beloof om betrokke lede te steun deur […]
Rugby: Ntlabakanye uit Springbok-span vir ‘eie beskerming’ - September 2, 2025
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê die besluit om Asenathi Ntlabakanye nie in te sluit by die groep vir reeks van twee toetse na Nieu-Seeland nie, is om hom te beskerm. Die 26-jarige speler het positief getoets vir ʼn verbode middel. SA Rugby het bevestig ʼn sportdokter het dit voorgeskryf om ʼn gesondheidsprobleem te behandel. Erasmus […]
NNN sluit noordelike besoek af - September 2, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah, vergesel deur die landbouminister en haar adjunk, het haar 10-dae lange werksbesoek aan landboufasiliteite regoor die noordelike streke van die land afgesluit. Die besoek het in die Zambezi-streek begin, waar sy die Kalimbeza-rysplaas besoek het. Sy het toe na Kavango-Oos gegaan, waar sy die Shadikongoro-, Ndonga Linena- en Uvungu Vungu groenskema besoek […]
Inligtingsintegriteit onder die loep by G20 - September 2, 2025
Die Digitale Ekonomie-werkgroep gaan die Media 20-verklaring by die G20-beraad in November voorlê om globale samewerking oor inligtingsintegriteit te versterk. Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het by die Media 20-beraad in Johannesburg gesê Suid-Afrika is verbind tot die bevordering van die agenda deur die VN, UNESCO en onafhanklike media. Hy het […]
Angola steek Botswana verby in diamantproduksie - September 2, 2025
Angola het Botswana verbygesteek as die wêreld se top diamantprodusent vir die eerste keer in 20 jaar. Volgens data van die Kimberley-proses het Botswana se diamantproduksie skerp gedaal tot 18,13 miljoen karaat ter waarde van 1,36 miljard Amerikaanse dollar in 2024, ‘n afname van 27,8 persent in volume en 58,6 persent in waarde teenoor die […]